Handleidings en Roepings
9. Verligtingsvereniging


“9. Verligtingsvereniging,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“9. Verligtingsvereniging,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

vrou wat die skrifture bestudeer

9.

Verligtingsvereniging

9.1

Doel en Organisasie

9.1.1

Doel

Die Profeet Joseph Smith het geleer dat die doel van die Verligtingsvereniging is om siele te red en lyding te verlig.

Die leuse van die Verligtingsvereniging is “Charity never faileth [naasteliefde vergaan nimmermeer]” (1 Korinthiërs 13:8).

9.1.2

Lidmaatskap van die Verligtingsvereniging

ʼn Jong dame kan die Verligtingsvereniging begin bywoon wanneer sy 18 word. Teen die ouderdom van 19 jaar of wanneer sy uit die huis trek, soos om ʼn universiteit by te woon of ʼn sending te dien, kan sy deelneem aan die Verligtingsvereniging.

Getroude vroue onder 18 is ook lede van die Verligtingsvereniging.

9.2

Deelname aan die Werk van Heil en Verheffing

3:42

9.2.1

Uitlewing van die Evangelie van Jesus Christus

9.2.1.2

Evangeliese Leer in Verligtingsverenigingvergaderings

Vergaderings word op die tweede en vierde Sondag van die maand gehou. Dit duur 50 minute. Die Verligtingsverenigingspresidensie beplan hierdie vergaderings. ʼn Lid van die presidensie lei die vergaderings.

Verligtingsverenigingvergaderings fokus op onderwerpe in een of meer praatjies van die mees onlangse algemene konferensie.

9.2.1.3

Aktiwiteite

Die Verligtingsverenigingspresidensies kan aktiwiteite beplan. Die meeste aktiwiteite word op ander tye as op Sondae of Maandagaande gehou.

9.2.2

Sorg vir Diegene wat Behoeftig is

2:43

9.2.2.1

Bediening

Susters ontvang bedieningsopdragte van die Verligtingsverenigingspresidensie. Vir meer inligting, sien hoofstuk 21.

9.2.2.2

Korttermynbehoeftes

Bedieningsusters poog om die behoeftes van diegene wat hulle dien, te verstaan en daarop te reageer. Lede mag korttermynhulp benodig in tye van siekte, geboortes, sterftes, werksverlies en ander omstandighede.

Wanneer dit nodig is, vra bedieningsusters die Verligtingsverenigingspresidensie om hulp.

9.2.2.3

Langtermynbehoeftes en Self-onderhouding

Soos deur die biskop gekoördineer, help die Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies lede met langtermynbehoeftes en self-onderhouding.

Die Verligtingsverenigingspresident, ouderlingskworumpresident of ʼn ander leier help die persoon of gesin om ʼn Self-Reliance Plan [Self-onderhoudingsplan] te ontwikkel.

9.2.2.4

Wanneer ʼn Lid in die Wyk Sterf

Wanneer ʼn lid in die wyk sterf, bied die Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies troos en hulp. Hulle kan onder die biskop se leiding help met die begrafnis.

Vir meer inligting, sien 38.5.8.

9.2.3

Nooi Almal om die Evangelie te Ontvang

Die Verligtingsverenigingspresident wys ʼn lid van die presidensie aan om lidmaatsendingwerk in die wyk te help lei. Sy werk met die aangewysde lid van die ouderlingskworumpresidensie om hierdie pogings te koördineer (sien 23.5.1).

9.2.4

Verenig Families vir die Ewigheid

Die Verligtingsverenigingspresidensie wys ʼn lid van die presidensie aan om tempel- en familiegeskiedeniswerk in die wyk te help lei. Sy werk saam met die taangewysde lid van die ouderlingskworumpresidensie om hierdie pogings te koördineer (sien 25.2.2).

2:49

9.3

Verligtingsverenigingsleiers

9.3.1

Biskop

Die biskop hou gewoonlik maandeliks ʼn vergadering met die Verligtingsverenigingspresident. Hulle bespreek die werk van heil en verheffing, insluitend die diens van bedieningsusters.

9.3.2

Verligtingsverenigingspresidensie

9.3.2.1

Roeping van ʼn Verligtingsverenigingspresidensie

Die biskop roep ʼn vrou om as die wyk se Verligtingsverenigingspresident te dien. Indien die eenheid groot genoeg is, beveel sy een of twee vroue aan om as haar raadslede te dien.

Sommige klein eenhede mag dalk nie ʼn Jongdames- of Primêre Organisasiepresident hê nie. In hierdie eenhede kan die Verligtingsverenigingspresident ouers help met ʼn plan van onderrig vir die jeug en kinders.

9.3.2.2

Verantwoordelikhede

Die Verligtingsverenigingspresident het die volgende verantwoordelikhede. Haar raadgewers staan haar by.

  • Dien op die wyksraad.

  • Lei die Verligtingsvereniging se pogings om deel te neem aan die werk van heil en verheffing (sien hoofstuk 1).

  • Organiseer en hou toesig oor die diens van bedieningsusters.

  • Beraadslaag met volwasse lede van die wyk onder leiding van die biskop.

    3:13
  • Koördineer die Verligtingsvereniging se pogings om jong volwasse susters in die wyk, beide enkellopend en getroud, te versterk.

  • Vergader ten minste een keer per jaar individueel met elke lid van die Verligtingsvereniging.

  • Hou toesig oor Verligtingsverenigingsrekords, verslae en finansies (sien LCR.ChurchofJesusChrist.org).

9.3.2.3

Presidensievergadering

Die Verligtingsverenigingspresidensie en sekretaresse vergader gereeld. Die president lei hierdie vergaderings. Die agenda kan die volgende items insluit:

  • Beplan hoe om die susters en hul gesinne te versterk.

  • Koördineer sendingwerk en tempel- en familiegeskiedeniswerk.

  • Reageer op opdragte van wyksraadsvergaderings.

  • Hersien inligting uit bedieningsonderhoude.

  • Oorweeg susters om in Verligtingsverenigingsroepings en opdragte te dien.

  • Beplan Verligtingsverenigingsvergaderings en aktiwiteite.

9.3.3

Sekretaresse

Die Verligtingsverenigingspresidensie kan ʼn suster aanbeveel om as die Verligtingsverenigingsekretaresse te dien.

9.4

Help Jongdames om Voor te Berei om Deel te Neem aan die Verligtingsvereniging

Die Verligtingsverenigingspresidensie werk met jongdames, hul ouers en Jongdamesleiers om jongdames voor te berei om aan Verligtingsvereniging deel te neem.

Leiers voorsien ook deurgaans geleenthede vir jongdames en Verligtingsverenigingsusters om verhoudings te ontwikkel. Om saam as bedieningsusters te dien, is ʼn waardevolle manier om verbintenisse te maak.

9.6

Addisionele Riglyne en Beleide

9.6.2

Geletterdheid

Soos nodig, werk die Verligtingsverenigingspresidensie saam met die biskop, ouderlingskworumpresidensie en wyksraad om lede te help om te leer lees en skryf.