Handleidings en Roepings
10. Aäroniese Priesterskapskworums


“10. Aäroniese Priesterskapskworums,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“10. Aäroniese Priesterskapskworums,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
jong mans in die kerk

10.

Aäroniese Priesterskapskworums

10.1

Doel en Organisasie

10.1.1

Doel

Die doel van ʼn kworum is om priesterskapshouers te help om saam te werk om die werk van heil en verheffing te volbring.

10.1.2

Aaronic Priesthood Quorum Theme [Aäroniese Priesterskapskworum-tema]

“Ek is ʼn geliefde seun van God en Hy het ʼn werk vir my om te doen.

“Met my hele hart, mag, verstand en krag, sal ek God liefhê, my verbonde onderhou en sy priesterskap gebruik om ander te dien, en in my eie huis begin.

“Soos ek streef om te dien, geloof te beoefen, bekeer en elke dag verbeter, sal ek kwalifiseer om tempelseëninge en die blywende blydskap van die evangelie te ontvang.

“Ek sal voorberei om ʼn ywerige sendeling, getroue eggenoot en liefdevolle vader te word, deur ʼn ware dissipel van Jesus Christus te wees.

“Ek sal die wêreld help voorberei vir die Saligmaker se terugkeer, deur almal te nooi om na Christus te kom en die seëninge van sy Versoening te ontvang.”

10.1.3

Kworums

10.1.3.1

Diakenskworum

Jongmans sluit by die diakenskworum aan vanaf Januarie van die jaar wat hulle 12 word. In hierdie tyd kom hulle ook in aanmerking om as diakens geordineer te word as hulle voorbereid en waardig is.

Die pligte van ʼn diaken word in Leer en Verbonde 20:57–59; 84:111 beskryf. Ander pligte sluit in die aangee van die nagmaal en om die biskop by te staan om “alle stoflike dinge te bestuur” (Leer en Verbonde 107:68).

10.1.3.2

Onderwyserskworum

Jongmans sluit by die onderwyserskworum aan vanaf Januarie van die jaar wat hulle 14 word. In hierdie tyd kom hulle ook in aanmerking om as leraars geordineer te word as hulle voorbereid en waardig is.

Leraars het dieselfde pligte as diakens. Hulle berei ook die nagmaal voor en dien as bedieningsbroers. Bykomende pligte word in Leer en Verbonde 20:53–59; 84:111 beskryf.

10.1.3.3

Priesterskworum

Jongmans sluit by die priesterskworum aan vanaf Januarie van die jaar wat hulle 16 word. In hierdie tyd kom hulle ook in aanmerking om as priesters geordineer te word indien hulle voorbereid en waardig is.

Priesters het dieselfde pligte as diakens en leraars. Bykomende pligte word in Leer en Verbonde 20:46–52, 73–79 beskryf.

10.1.4

Priesterskapsleutels

Vir meer inligting oor hierdie sleutels, sien 3.4.1.

10.1.5

Aanpassing van Kworums by Plaaslike Behoeftes

In ʼn wyk of tak met ʼn paar jongmans, kan die Aäroniese Priesterskapskworums saam vergader vir onderrig en aktiwiteite.

10.2

Deelname aan die Werk van Heil en Verheffing

10.2.1

Uitlewing van die Evangelie van Jesus Christus

10.2.1.2

Evangeliese Onderrig

Kworumvergaderings word op die tweede en vierde Sondag van die maand gehou. Dit duur 50 minute. ʼn Lid van die kworumpresidensie (of een van die biskop se assistente in die priesterskworum) lei die vergadering. Hy lei die kworum in die voordrag van die tema en beraadslaag saam oor opdragte, pligte en ander sake.

ʼn Kworumlid of volwasse leier lei dan die evangeliese onderrig.

10.2.1.3

Diens en Aktiwiteite

Diens en aktiwiteite moet getuienisse bou, families versterk, kworumeenheid bevorder en geleenthede bied om ander te seën.

Sommige diens en aktiwiteite moet beide jongmans en jongdames insluit, veral vir die ouer jeugdiges.

Jaarlikse Aktiwiteite. Benewens gereelde jeugaktiwiteite, kan jongmans ook elke jaar aan die volgende deelneem:

  • ʼn Aäroniese Priesterskapskworumkamp (sien Aaronic Priesthood Quorum Camp Guide).

  • ʼn Wyk of pen jeugkonferensie of ʼn For the Strength of Youth [FSY] [Vir die Krag van die Jeug]-konferensie.

10.2.1.4

Persoonlike Ontwikkeling

In hulle pogings om meer soos die Saligmaker te word, word die jeug genooi om doelwitte te stel om geestelik, sosiaal, fisies en intellektueel te groei (sien Lukas 2:52).

Vir meer inligting, sien ChildrenandYouth.ChurchofJesusChrist.org.

10.2.2

Sorg vir Diegene wat Behoeftig is

Aäroniese Priesterskapshouers help die biskop om “alle stoflike dinge te bestuur” (Leer en Verbonde 107:68). Hulle moet gereeld geleenthede hê om ander in en saam met hulle gesinne, tydens jeugaktiwiteite, en op hul eie te dien.

10.2.2.1

Bediening

Aäroniese Priesterskapshouers ontvang bedieningstoewysings vanaf Januarie van die jaar wat hulle 14 word. Vir meer inligting, sien hoofstuk 21.

10.2.3

Nooi Almal om die Evangelie te Ontvang

Aäroniese Priesterskapshouers het ʼn plig en moet “almal uitnooi om na Christus te kom” (Leer en Verbonde 20:59).

Ouers en leiers moedig jongmans aan om voor te berei om voltydse sendings te dien en om die evangelie regdeur hul lewens te deel.

10.2.4

Verenig Families vir die Ewigheid

Aäroniese Priesterskapshouers kan op baie maniere help om families vir die ewigheid te verenig.

  • Eer hul ouers en stel ʼn voorbeeld van Christelike lewe in hul huis.

  • Berei voor om tempelordinansies te ontvang, insluitend die ewige huwelik.

  • Identifiseer voorouers wat tempelordinansies nodig het (sien FamilySearch.org).

  • Neem deel aan doop en bevestigings vir die afgestorwenes, so dikwels as wat omstandighede dit toelaat.

10.3

Bisdom

Die biskop se vernaamste verantwoordelikheid is om vir die jongmans en jongdames in sy wyk te sorg. Hy leer hulle name en verstaan hul huisomstandighede. Hy woon hul aktiwiteite en Sondagvergaderings gereeld by.

Die biskop is die president van die priesterskworum.

Die eerste raadgewer in die bisdom het verantwoordelikheid vir die leraarskworum. Die tweede raadgewer het verantwoordelikheid vir die diakenskworum.

Die bisdom het die volgende bykomende verantwoordelikhede vir die Aäroniese Priesterskapskworums:

  • Vergader met elke jongman ten minste twee keer per jaar (sien 31.3.1).

  • Help jongmans om voor te berei om die Melgisédekse Priesterskap te ontvang.

  • Hou toesig oor die rekords, verslae en finansies van die Aäroniese Priesterskapskworums.

Kworumadviseurs en spesialiste help met hierdie verantwoordelikhede soos versoek.

10.4

Jeugkworumleiers

10.4.1

Roeping, Onderskraging en Afsondering

Die biskop roep een of twee priesters om sy assistente te wees in die leiding van die priesterskworum.

ʼn Lid van die bisdom roep die diaken- en leraarskworumpresidente. Wanneer daar genoeg Aäroniese Priesterskapshouers is om te dien, oorweeg hierdie jongmans biddend kworumlede om as raadgewers en ʼn sekretaris aanbeveel te word.

Nadat hierdie roepings uitgereik is, stel die bisdom die jeugkworumleiers voor in hul kworumvergadering vir onderskraging. Die biskop sonder sy assistente en die diaken- en leraarskworumpresidente af. Hy ken priesterskapsleutels toe aan die kworumpresidente. Hy kan sy raadgewers aanwys om ander presidensielede en sekretarisse af te sonder.

10.4.2

Verantwoordelikhede

  • Lei die kworum se pogings om deel te neem aan die werk van heil en verheffing (sien hoofstuk 1).

  • Leer ken en dien elke kworumlid, insluitend diegene wat nie kworumvergaderings bywoon nie.

  • Dien in die wyksjeugraad (sien 10.4.4).

  • Leer kworumlede hul priesterskapspligte (sien Leer en Verbonde 107:85–88).

  • Beplan en lei kworumvergaderings (sien 10.2.1.2).

  • Beplan en voer kworumdiens en aktiwiteite uit (sien 10.2.1.3).

10.4.3

Kworumpresidensievergadering

Aäroniese Priesterskapskworumpresidensies vergader gereeld. Die kworumpresident lei hierdie vergaderings. Ten minste twee volwassenes woon dit by—ʼn lid van die bisdom, ʼn adviseur of ʼn spesialis.

10.4.4

Wyksjeugraad

Sien 29.2.6 vir meer inligting oor die wyksjeugraad.

10.8

Addisionele Riglyne en Beleide

10.8.1

Beveiliging van die Jeug

Wanneer volwassenes interaksie met jeugdiges in Kerklike omgewings het, moet daar ten minste twee verantwoordelike volwassenes teenwoordig wees.

Alle volwassenes wat met die jeug werk, moet die kinder- en jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi ( ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org).

Druk