Handleidings en Roepings
20. Aktiwiteite


“20. Aktiwiteite,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“20. Aktiwiteite,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
jong dame met ʼn watergeweer

20.

Aktiwiteite

20.1

Doelstellings

Kerkaktiwiteite bring Kerklede en ander bymekaar as “medeburgers van die heiliges” (Efésiërs 2:19). Doelstellings vir aktiwiteite kan die volgende insluit:

  • Bou geloof in Jesus Christus.

  • Verskaf pret en bevorder eenheid.

  • Verskaf geleenthede vir persoonlike groei.

  • Versterk individue en families.

  • Help lede om deel te neem aan die werk van heil en verheffing (sien 1.2).

20.2

Beplanning van Aktiwiteite

Voordat leiers ʼn aktiwiteit beplan, moet hulle die geestelike en fisiese behoeftes van lede in ag neem. Leiers soek die leiding van die Gees wanneer hulle besluit oor watter soort aktiwiteit sal help om in daardie behoeftes te voorsien.

20.2.1

Verantwoordelikheid vir Beplanning van Aktiwiteite

Wyksaktiwiteite kan op enige van die volgende maniere beplan word, gebaseer op plaaslike behoeftes:

  • Die wyksraad kan toesig hou oor die beplanning.

  • Die wyksraad kan spesifieke organisasies toewys om een of meer aktiwiteite te help beplan.

  • Indien nodig en waar daar genoeg lede is, kan die bisdom ʼn wyksaktiwiteitekomitee organiseer.

Vir inligting oor die beplanning van wyksjeugaktiwiteite, sien 10.2.1.3 en 11.2.1.3.

20.2.2

Nooi Almal Uit om Deel te Neem

Diegene wat aktiwiteite beplan, moet uitreik na almal, veral nuwe lede, minder aktiewe lede, jeugdiges, enkellopende volwassenes, gestremdes en mense van ander gelowe.

Aktiwiteite moenie onnodige laste op leiers en lede plaas nie.

20.2.3

Standaarde

Kerkaktiwiteite moet opbouend wees en beklemtoon wat “deugsaam, lieflik, of van goeie berig of prysenswaardig” is (Geloofsartikels 1:13). Aktiwiteite mag nie enigiets insluit wat strydig is met die Kerk se leerstellings nie.

20.2.6

Befondsing van Aktiwiteite

Die meeste aktiwiteite moet eenvoudig wees en min of geen koste hê nie. Enige uitgawes moet vooraf deur die bisdom of penpresidensie goedgekeur word.

Lede moet gewoonlik nie betaal om aan aktiwiteite deel te neem nie. Vir beleide en riglyne oor befondsing van aktiwiteite, sien 20.6.

20.4

Jeugkonferensie

Vanaf Januarie van die jaar wat hulle 14 word, word jongmans en jongdames genooi om saam deel te neem aan ʼn jeugkonferensie. Jeugkonferensies word gewoonlik een keer per jaar op ʼn wyks- of penvlak gehou. Dit kan ook op ʼn multipen- of areavlak gehou word. In ʼn jaar wat die jeug toegewys word om ʼn FSY [Vir die Krag van die Jeug]-konferensie by te woon, moet penne en wyke nie jeugkonferensies hou nie.

Wyksjeugkonferensies word beplan en uitgevoer deur die wyksjeugraad, onder leiding van die bisdom (sien 29.2.6). Die bisdom verkry die penpresidensie se goedkeuring vir planne vir ʼn wyksjeugkonferensie.

Wanneer leiers en die jeug ʼn jeugkonferensie beplan, moet hulle die beleide in hierdie hoofstuk en die volgende riglyne nakom:

  • Die Kerk se jaarlikse jeugtema kan as konferensietema gebruik word.

  • Beplan aktiwiteite wat ooreenstem met die tema.

  • Verkry die goedkeuring van die bisdom of penpresidensie vir alle sprekers en aktiwiteite.

  • Verseker voldoende volwasse toesig te alle tye (sien 20.7.1).

20.5

Beleide en Riglyne vir die Keuse en Beplanning van Aktiwiteite

20.5.1

Kommersiële of Politiese Aktiwiteite

Aktiwiteite vir enige kommersiële of politieke doeleindes word nie toegelaat nie (sien 35.5.2).

20.5.2

Danse en Musiek

In alle danse moet die kleding, versorging, beligting, dansstyle, lirieke en musiek bydra tot ʼn atmosfeer waar die Gees van die Here teenwoordig kan wees.

20.5.3

Maandagaande

Lede word aangemoedig om gesinsaktiwiteite op ʼn Maandag of op ander tye te hou. Geen Kerkaktiwiteite, vergaderings of doopdienste mag ná 16:00 op Maandae gehou word nie.

20.5.5

Oornagaktiwiteite

Kerk oornagaktiwiteite vir gekombineerde groepe jongmans en jongdames moet deur die biskop en penpresident goedgekeur word. Dieselfde geld vir aktiwiteite vir manlike en vroulike enkellede.

Oornagaktiwiteite by Kerkbyeenkomplekke of byeenkomplekterreine word nie goedgekeur nie.

20.5.8

Sabbatsheiliging

Geen Kerkkampe, sportbyeenkomste of ontspanningsgeleenthede mag op ʼn Sondag geskeduleer word nie. Jeuggroepe en ander mag ook nie op ʼn Sondag ná of van kampe of jeugkonferensies reis nie.

20.5.10

Tempelbesoeke

Tempelbesoeke word gereël op die wyks- of penvlak binne die toegewysde tempeldistrik.

20.6

Beleide en Riglyne vir Befondsing van Aktiwiteite

20.6.1

Aktiwiteite wat met Wyks- of Penbegrotingsfondse Betaal word

Wyks- of penbegrotingsfondse moet gebruik word om vir alle aktiwiteite te betaal—met die moontlike uitsonderings gelys in 20.6.2.

20.6.2

Befondsing van Jeugkampe

As die wyks- of penbegroting nie genoeg fondse het vir die onderstaande aktiwiteite nie, kan leiers deelnemers vra om ʼn gedeelte of alles te betaal:

  • Een jaarlikse verlengde Aäroniese Priesterskapskamp of soortgelyke aktiwiteit.

  • Een jaarlikse verlengde Jongdameskamp of soortgelyke aktiwiteit.

  • Een jaarlikse dagkamp of soortgelyke aktiwiteit vir Primêre Organisasie kinders van 8 tot 11 jaar oud.

Die uitgawes of reis vir ʼn jaarlikse kamp moet nie buitensporig wees nie. Gebrek aan persoonlike fondse moet nie ʼn lid daarvan weerhou om deel te neem nie.

20.6.3

Befondsing vir FSY [Vir die Krag van die Jeug]-konferensies

Die Jeug kan gevra word om ʼn fooi by te dra om For the Strength of Youth FSY [Vir die Krag van die Jeug]-konferensies by te woon. As die koste ʼn jeugdige daarvan weerhou om deel te neem, kan die biskop wyksbegrotingsfondse gebruik om die hele of ʼn gedeelte van hierdie fooi te betaal. Sien FSY.ChurchofJesusChrist.org.

20.6.5

Fondsinsamelingsgeleenthede

Uitgawes vir pen- en wyksaktiwiteite word gewoonlik uit begrotingsfondse betaal. ʼn Penpresident of biskop mag egter elke jaar een fondsinsamelingsgeleentheid magtig vir die volgende doeleindes:

  • Om te help betaal vir die aktiwiteite gelys in 20.6.2.

  • Om toerusting te help koop wat die eenheid nodig het vir jaarlikse kampe.

20.7

Veiligheidsbeleide en Riglyne vir Aktiwiteite

20.7.1

Volwasse Toesig

Ten minste twee volwassenes moet teenwoordig wees by alle Kerkaktiwiteite wat deur kinders en jeugdiges bygewoon word. Bykomende volwassenes kan nodig wees, afhangende van die grootte van die groep, die vaardighede wat benodig word vir die aktiwiteit of ander faktore. Ouers word aangemoedig om te help.

Almal wat met kinders en jeugdiges werk, moet die kinder- en jeugbeskermingsopleiding voltooi. Sien ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org.

20.7.2

Ouderdomsvereistes vir Deelname aan Jeugaktiwiteite

Die jeug mag met hul ouers se goedkeuring oornagkampe bywoon vanaf Januarie van die jaar waarin hulle 12 word. Hulle kan danse, jeugkonferensies en FSY [Vir die Krag van die Jeug]-konferensies bywoon vanaf Januarie van die jaar wat hulle 14 word.

20.7.4

Ouertoestemming

Kinders en jeugdiges mag nie aan ʼn Kerkaktiwiteit deelneem sonder die toestemming van hul ouers of voogde nie. Vir kerkaktiwiteite wat ʼn oornagverblyf, lang reis of hoër as gewone risiko’s insluit, is skriftelike toestemming nodig.

Ouers en voogde gee hierdie toestemming deur die ondertekening van die Permission and Medical Release form [Toestemming en Mediese Vrystellingsvorm].

20.7.5

Aanmeldings van Misbruik

Enige misbruik wat tydens ʼn Kerkaktiwiteit plaasvind, moet by siviele owerhede aangemeld word. Die biskop moet dadelik gekontak word. Instruksies vir lede is in 38.6.2.7. Instruksies vir biskoppe is in 38.6.2.1.

20.7.6

Veiligheidsmaatreëls, Ongelukreaksie en Aanmelding van Ongelukke

20.7.6.1

Veiligheidsmaatreëls

Leiers en deelnemers evalueer aktiwiteite noukeurig om minimale risiko van besering of siekte te verseker. Aktiwiteite moet ook minimale risiko van skade aan eiendom behels. Tydens aktiwiteite doen leiers alles in hul vermoë om veiligheid te verseker.

20.7.6.2

Ongelukreaksie

Indien ʼn ongeluk of besering op Kerkeiendom of tydens ʼn Kerkaktiwiteit plaasvind, volg leiers die volgende riglyne, soos van toepassing:

  • Pas noodhulp toe. As ʼn persoon addisionele mediese sorg benodig, kontak mediese nooddienste. Kontak ook die ouer, voog of ander naasbestaandes en die biskop of penpresident.

  • As iemand vermis raak of sterf, moet die plaaslike wetstoepassing onmiddellik in kennis gestel word.

  • Bied emosionele ondersteuning.

  • Moenie regstappe aanmoedig of ontmoedig nie. Moenie beloftes namens die Kerk aangaan nie.

  • Versamel en hou name van getuies, hul kontakinligting, verslae van wat gebeur het en foto’s.

  • Rapporteer die ongeluk (sien 20.7.6.3).

20.7.6.3

Rapportering van Ongeluk

Die volgende situasies moet aanlyn gerapporteer word by incidents.ChurchofJesusChrist.org.

  • ʼn Ongeluk of besering wat plaasvind op Kerkeiendom of tydens ʼn Kerkaktiwiteit.

  • ʼn Persoon wat aan ʼn Kerkaktiwiteit deelgeneem het, word vermis.

  • Privaat, openbare of Kerkeiendom word tydens ʼn kerkaktiwiteit beskadig.

  • Daar word met regstappe gedreig of word verwag.

As ʼn gebeurtenis ʼn ernstige besering, sterfte of vermiste persoon tot gevolg het, stel die penpresident, biskop of lid wat hy aanwys onmiddellik die areakantoor in kennis.

20.7.6.4

Versekering en Vrae

Indien ʼn besering tydens ʼn Kerkgeleentheid voorkom, bepaal leiers of die Church Activity Medical Assistance program [Kerkaktiwiteit Mediese Bystandsprogram] van toepassing is.

In sommige gevalle kan die penpresident of biskop vrae hê oor veiligheidskwessies of eise teen die Kerk. Die penpresident (of ʼn biskop onder sy leiding) verwys sulke vrae na die Risk Management Division [Risikobestuursafdeling] of na die areakantoor.

20.7.7

Reis

Reis vir Kerkaktiwiteite moet deur die biskop of penpresident goedgekeur word. Hierdie reise moet nie onnodige laste op lede plaas nie. Langafstandreise vir aktiwiteite moet ontmoedig word.

Indien moontlik, moet Kerkgroepe kommersiële vervoer vir langafstandreise gebruik . Dit moet gelisensieer en beskerm word deur aanspreeklikheidsversekering.

Wanneer Kerkgroepe in privaat passasiersvoertuie reis, moet elke voertuig in ʼn veilige, werkende toestand wees. Elke persoon moet ʼn veiligheidsgordel dra. Elke bestuurder moet ʼn gelisensieerde, verantwoordelike volwassene wees.

Druk