Handleidings en Roepings
21. Bediening


“21. Bediening,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“21. Bediening,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
mans wat rots oplig

21.

Bediening

21.0

Inleiding

Bediening beteken om ander te dien op dieselfde manier as wat die Saligmaker dit gedoen het (sien Matthéüs 20:26–28).

Die Here wil hê dat alle lede van sy Kerk sulke sorg moet ontvang. Om hierdie rede word priesterskapshouers as bedieningsbroers aan elke lid se huisgesin toegewys. Bedieningsusters word aan elke volwasse suster toegewys.

21.1

Verantwoordelikhede van Bedieningsusters en -broers

Bedieningsusters en -broers het die volgende verantwoordelikhede vir die individue en gesinne wat aan hulle toegewys is:

  • Help hulle om hul geloof in Hemelse Vader en Jesus Christus te versterk.

  • Help hulle om hul voor te berei om heilige verbonde met God te sluit en te onderhou wanneer hulle ordinansies ontvang.

  • Neem behoeftes waar en voorsien Christelike liefde, sorg en diens.

  • Help hulle om geestelik en fisies self-onderhoudend te word.

21.2

Organisering van Bediening

21.2.1

Die Maak van Toewysings

Ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies oorweeg biddend toewysings vir bedieningsbroers en -susters. Hulle wys gewoonlik twee broers of twee susters as metgeselskappe aan. Hulle verkry die biskop se goedkeuring vir metgeselskappe en toewysings.

ʼn Getroude paartjie kan toegewys word om ʼn persoon of gesin saam te bedien.

Bedieningsbroers en -susters word nie geroep, onderskraag of afgesonder nie.

21.2.2

Bedieningstoewysings vir die Jeug

As ʼn jongdame gewillig en in staat is, kan sy as ʼn bedieningsmetgesel vir ʼn Verligtingsverenigingsuster dien. Sy kan begin dien in die jaar wat sy 14 word.

ʼn Jongman dien as ʼn bedieningsmetgesel vir ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer wanneer hy tot die amp van leraar of priester geordineer word.

21.3

Bedieningsonderhoude

Die ouderlingskworumpresident en sy raadgewers voer onderhoude met bedieningsbroers. Die Verligtingsverenigingspresident en haar raadgewers voer onderhoude met bedieningsusters.

Hierdie onderhoude word ten minste een keer per kwartaal gehou.

Hulle doel is om:

  • Te beraadslaag oor die sterk punte, behoeftes en uitdagings van toegewysde individue en gesinne.

  • Maniere te bespreek om persone te help voorberei om ordinansies te ontvang, indien nodig.

  • Te oorweeg hoe die ouderlingskworum, Verligtingsvereniging, wyksraad en ander kan help.

  • Bedieningsbroers en -susters te onderrig en aan te moedig.

21.4

Koördinering van Bedieningspogings

Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies vergader ten minste kwartaalliks. Hulle bespreek wat hulle geleer het in bedieningsonderhoude (sien 21.3). Hulle koördineer ook bedieningstoewysings.

In eenhede met min aktiewe lede, kan die Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies besluit om nie beide bedieningsusters en bedieningsbroers aan sommige lede toe te wys nie.

Druk