“22. Voorsiening vir Fisiese Behoeftes en die Bou van Self-onderhouding,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).
“22. Voorsiening vir Fisiese Behoeftes en die Bou van Self-onderhouding,” Seleksies uit die Algemene Handleiding
22.
Voorsiening vir Fisiese Behoeftes en die Bou van Self-onderhouding
22.0
Inleiding
Lede van die Kerk sluit ʼn verbond om “mekaar se laste te dra, … [te] treur met diegene wat treur … , en diegene te troos wat vertroosting nodig het” (Mosia 18:8–9).
Kerklede word ook aangeraai om hul eie self-onderhouding te versterk deur ywerig te werk en met die hulp van die Here. Self-onderhouding is die vermoë, toewyding en poging om die geestelike en fisiese noodsaaklikhede van die lewe vir jouself en jou familie te voorsien.
INDIVIDUELE EN FAMILIEPOGINGS
22.1
Bou van Self-onderhouding
Met die hulp van die Here, kan lede self-onderhouding op die volgende maniere bou:
-
Ontwikkel geestelike, fisiese en emosionele krag.
-
Kry opvoeding en werk.
-
Verbeter fisiese gereedheid.
22.1.4
Fisiese Gereedheid
Die skrifture leer die belangrikheid daarvan om gereed te wees (sien Eségiël 38:7; Leer en Verbonde 38:30). Lede word aangeraai om voorbereid te word sodat hulle vir hulself, hul gesinne en ander kan sorg in tye van nood.
Lede verhoog hul finansiële gereedheid deur:
-
Tiendes en offerandes te betaal (sien Maleági 3:8–12).
-
Uitskakeling en vermyding van skuld sover as moontlik.
-
Voorbereiding van en om te leef binne ʼn begroting.
-
Spaar vir die toekoms.
-
Verkryging van ʼn toepaslike opvoeding om hulle te help om vir hulself en hul gesinne te voorsien (sien 22.3.3).
Paraatheid sluit ook die ontwikkeling van ʼn plan in hoe om gedurende ʼn noodgeval na basiese behoeftes om te sien. Lede word aangemoedig om beide ʼn korttermyn en langtermyn voorsiening van voedsel, water en ander benodigdhede op te bou.
22.2
Bediening van Diegene met Fisiese en Emosionele Behoeftes
Die Here se dissipels word geleer om “mekaar lief te hê, en … te dien” en ook “diegene [by te] staan wat behoefte het aan … bystand” (Mosia 4:15–16). Lede strewe daarna om ander te sien soos die Saligmaker hulle sien, om hul unieke sterk punte en behoeftes te verstaan. Hierdie behoeftes kan voedsel, kleding, behuising, opvoeding, werk, fisiese gesondheid en emosionele welstand insluit.
22.2.1
Die Here se Voorraadskuur
Al die hulpbronne wat vir die Kerk beskikbaar is om diegene met fisiese behoeftes te help, word die Here se Voorraadskuur genoem (sien Leer en Verbonde 82:18–19). Dit sluit lede se opofferings van tyd, talente, deernis, materiaal en finansiële hulpbronne in om behoeftiges te help.
Die Here se voorraadskuur bestaan in elke wyk en pen. Leiers kan dikwels individue en gesinne help om oplossings vir hul behoeftes te vind deur gebruik te maak van die kennis, vaardighede en diens wat deur wyks- en penlede aangebied word.
22.2.2
Die Wet van die Vas en Vasofferandes
Die Here het die wet van die vas en vasofferandes ingestel om sy volk te seën en om vir hulle ʼn manier te voorsien om behoeftiges te dien. Lede kom nader aan die Here en neem toe in geestelike krag soos hulle die wet van die vas uitleef. (Sien Jesaja 58:6–12; Maleági 3:8–12.)
Daar kan enige tyd gevas word. Lede onderhou egter gewoonlik die eerste Sabbat van die maand as ʼn vasdag. ʼn Vasdag sluit tipies die volgende in:
-
Gebed
-
Gaan sonder voedsel en drinkgoed vir ʼn 24-uur periode (indien fisies in staat)
-
Gee ʼn ruimhartige vasofferande
ʼn Vasofferande is ʼn skenking om behoeftiges te help. Wanneer lede vas, word hulle genooi om ʼn offerande te gee wat ten minste gelyk is aan die waarde van die maaltye wat nie geëet is nie.
Lede kan hulle vasofferande en ʼn voltooide Tiende en Ander Offerande-vorm aan die biskop of een van sy raadgewers gee. In sommige gebiede kan hulle ook hul skenking aanlyn maak.
POGINGS VAN LEIERS
22.3
Patroon vir die Bou van Self-onderhouding en Bediening van Behoeftiges
22.3.1
Soek Diegene wat Behoeftig Is
Die biskop het ʼn heilige verantwoordelikheid om diegene wat behoeftig is, te soek en te versorg (sien Leer en Verbonde 84:112). Ander wat ʼn belangrike rol het om die biskop met hierdie verantwoordelikheid te help, sluit in:
-
Bedieningsbroers en -susters.
-
Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies.
-
Die biskop se raadgewers.
-
Ander lede van die wyksraad.
22.3.2
Help Lede om Korttermynbehoeftes te Bepaal en Aan te Spreek
Lede streef daarna om in hul basiese behoeftes te voorsien deur hul eie pogings en hulp van hul uitgebreide familie. Wanneer dit onvoldoende is, kan lede hulp van ander hulpbronne benodig, soos:
-
Regerings- en ander gemeenskapshulpbronne (sien 22.12).
-
Kerkbystand.
Kerkbystand kan hulp met korttermynbehoeftes insluit, soos voedsel, higiëne-items, klere, behuising of ander basiese benodigdhede. Biskoppe kan vasofferandes gebruik om op hierdie behoeftes te reageer. Waar biskoppe se bestellings beskikbaar is, gebruik biskoppe dit gewoonlik om voedsel en ander basiese goedere te voorsien (sien “Bishops’ Orders and Referrals [Biskop se Bestellings en Verwysings]” in Leader and Clerk Resources [LCR] [Leier en Klerk Hulpbronne]).
22.3.3
Help Lede om Langtermyn Self-onderhoudend te Word
Lede mag dalk deurlopende ondersteuning nodig hê om langtermyn-uitdagings die hoof te bied. Opvoeding, beroepsopleiding of ander hulpbronne kan hulle help om self-onderhouding te bou en in hul langtermynbehoeftes te voorsien.
Die Self-Reliance Plan [Self-onderhoudingsplan] help lede om hul sterk punte en behoeftes te identifiseer. Dit help hulle ook om nuttige hulpbronne te identifiseer. Hierdie plan moet gebruik word elke keer as Kerkbystand oorweeg word.
22.3.4
Bediening van Diegene met Emosionele Behoeftes
Baie lede ervaar emosionele uitdagings. Bedieningsbroers en -susters en wyksleiers kan instrumenteel wees om lede met hierdie uitdagings te help.
22.4
Beginsels vir die Verlening van Kerkbystand
Met die Here se hulp, probeer lede om vir hulself en hul gesinne te voorsien.
Kerkbystand is bedoel om lede te help om onafhanklikheid te ontwikkel, nie afhanklikheid nie. Enige bystand wat gegee word, behoort lede te versterk in hul pogings om self-onderhoudend te word.
22.4.1
Moedig Persoonlike en Gesinsverantwoordelikheid Aan
Leiers onderrig dat individue en gesinne die primêre verantwoordelikheid vir hul eie fisiese, emosionele en geestelike welstand het.
Voordat Kerkbystand verleen word, hersien die biskop (of ʼn ander leier of lid wat hy toewys) saam met lede, watter hulpbronne hulle gebruik om in hul eie behoeftes te voorsien.
22.4.2
Voorsien Tydelike Bystand vir Noodsaaklike Behoeftes
Die doel van Kerkbystand is om tydelik in basiese behoeftes te voorsien terwyl lede daarna streef om self-onderhoudend te word.
Biskoppe moet goeie oordeel beoefen en geestelike leiding soek wanneer hulle die bedrag en duur van die bystand wat gegee word, oorweeg. Hulle moet vol deernis en ruimhartig wees terwyl hulle nie afhanklikheid skep nie.
22.4.3
Verskaf Hulpbronne of Dienste Eerder As Kontant
Indien moontlik, moet die biskop dit vermy om kontant te gee. In plaas daarvan, moet hy vasofferandes of biskoppe se bestellings gebruik om lede van kruideniersware of dienste te voorsien. Lede kan dan hulle eie geld gebruik om vir ander benodigdhede te betaal.
Wanneer dit nie voldoende is nie, kan die biskop help deur vasofferandes te gebruik om noodsaaklike rekeninge tydelik te betaal (sien 22.5.2).
22.4.4
Bied Werk of Diensgeleenthede Aan
Biskoppe nooi diegene wat bystand ontvang om te werk of diens te lewer tot die mate van hul vermoë. Dit help lede om ʼn gevoel van waardigheid te behou. Dit verhoog ook hul vermoë om self-onderhoudend te wees.
22.4.5
Hou Inligting oor Kerkbystand Vertroulik
Die biskop en ander wyksleiers hou enige inligting oor lede wat moontlik Kerkbystand nodig het, vertroulik. Dit beskerm lede se privaatheid en waardigheid.
22.5
Beleide vir die Verlening van Kerkbystand
Kerkleiers moet die beleid soos uiteengesit in hierdie afdeling volg wanneer hulle hulp verleen vir voedsel en ander basiese goedere deur vasofferandes of biskop se bestellings.
22.5.1
Beleid Rakende Ontvangers van Kerkbystand
22.5.1.1
Bystand aan Wykslede
Oor die algemeen moet lede wat Kerkbystand ontvang, binne die wyksgrense woon en hul lidmaatskapsrekord moet in die wyk wees. Bystand kan verleen word ongeag of die lid gereeld Kerkvergaderings bywoon of Kerkstandaarde volg.
22.5.1.2
Bystand aan Biskoppe en Penpresidente
Die Penpresident se skriftelike goedkeuring word vereis voordat ʼn biskop vasofferandes mag gebruik of ʼn biskop se bestelling vir homself of sy familie kan goedkeur.
22.5.1.4
Bystand aan Persone Wat Nie Lede van die Kerk Is Nie
Persone wat nie lede van die Kerk is nie, word gewoonlik na plaaslike gemeenskapshulpbronne verwys vir bystand. Onder buitengewone omstandighede, soos deur die Gees gelei, kan die biskop hulle met vasofferandes of biskop se bestellings bystaan.
22.5.2
Beleid oor die Gebruik van Vasofferandes
22.5.2.1
Mediese of Ander Gesondheidsorg
Elke Kerkarea het goedkeuringsperke vasgestel vir die gebruik van vasofferandes om mediese-, tandheelkundige- of geestesgesondheids-uitgawes te betaal.
Vir goedkeuringsbedrae en riglyne, sien “Use of Fast Offerings for Medical Expenses [Gebruik van Vasofferandes vir Mediese Uitgawes].”
22.5.2.3
Terugbetaling van Vasofferandes
Lede betaal nie vasofferande-bystand wat hulle van die Kerk ontvang, terug nie.
22.5.2.4
Wyks-Vasofferande Uitgawe Bedrae
Daar word nie van biskoppe verwag om vasofferande-bystand vir lede te beperk tot die hoeveelheid donasies wat in die wyk ingesamel is nie.
22.5.3
Beleid oor die Maak van Betalings
Indien moontlik, moet die betalings direk gemaak word aan die besighede wat goedere en dienste verskaf.
22.5.4
Beleid oor Betalings Wat ʼn Biskop of Penpresident Sal Bevoordeel
Wanneer lede van vasofferande-bystand voorsien word, mag ʼn biskop nie die fondse gebruik om vir goedere of dienste te betaal op ʼn manier wat hom persoonlik sal bevoordeel nie.
Indien ʼn vasofferande betaling vir ʼn lid, die penpresident of ʼn besigheid wat hy besit sal bevoordeel, word Area Presidensie-goedkeuring vereis.
22.6
Rolle van Wyksleiers
22.6.1
Biskop en Sy Raadgewers
Die biskop het ʼn goddelike mandaat om diegene met fisiese behoeftes te soek en te versorg (sien Leer en Verbonde 84:112). Hy delegeer baie van hierdie werk aan die Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies. Sekere pligte word egter slegs deur die biskop uitgevoer. Byvoorbeeld, die biskop:
-
Bepaal die tipe, bedrag en duur van enige fisiese bystand wat verleen word.
-
Keur vasofferande-bystand goed (sien 22.4 en 22.5) en biskop se bestellings vir voedsel en ander basiese goedere (sien 22.13).
-
Hersien persoonlik lede se self-onderhoudingsplanne. Hy wys ander wyksleiers aan om daardie planne op te volg soos nodig.
Die biskop en sy raadgewers het die volgende verantwoordelikhede:
-
Onderrig die beginsels en seëninge wat verband hou met (1) sorg vir diegene wat fisiese en emosionele behoeftes het en (2) om self-onderhouding te bou (sien 22.1).
-
Onderrig die wet van die vas en moedig lede aan om ʼn ruimhartige vasofferande te gee (sien 22.2.2).
-
Hou toesig oor die insameling en boekhouding van vasofferandes (sien 34.3.2).
22.6.2
Verligtingsverenigings- en Ouderlingskworumpresidensies
Onder die leiding van die biskop, het die Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies ʼn sleutelrol in die versorging van die behoeftiges in die wyk (sien 8.2.2 en 9.2.2). Hierdie leiers leer wykslede om:
-
Diegene wat behoeftig is te dien.
-
Die wet van die vas te lewe.
-
Self-onderhouding te bou.
-
Persoonlike en gesinsgereedheid te verhoog.
22.6.3
Bedieningsbroers of -susters
Bystand met geestelike en fisiese behoeftes begin dikwels met bedieningsbroers en -susters (sien 21.1). Hulle rapporteer die behoeftes van diegene wat hulle dien aan hul ouderlingskworum- of Verligtingsverenigingspresidensies in bedieningsonderhoude en op ander tye. Hulle mag inligting wat vertroulik is, direk met die biskop deel.
22.7
Rol van die Wyksraad
ʼn Belangrike rol van die wyksraad is om te beplan hoe om te sorg vir die behoeftiges en om hulle te help om self-onderhoudend te word (sien 4.4). Wyksraadslede baseer hierdie planne op inligting uit bedieningsonderhoude en uit hul eie persoonlike kontak met behoeftiges. Wanneer die behoeftes van die lede bespreek word, respekteer die raad die begeertes van enigeen wat vertroulikheid versoek.
22.8
Rol van die Wyksjeugraad
Een doel van die wyksjeugraad is om die jeug te help om toegewyde volgelinge van Jesus Christus te word (sien 29.2.6).
Onder die bisdom se leiding, beplan die wyksjeugraad maniere om die behoeftiges in hul wyk en gemeenskap te dien.