Handleidings en Roepings
23. Die Deel van die Evangelie en die Versterking van Nuwe en Terugkerende Lede


“23. Die Deel van die Evangelie en die Versterking van Nuwe en Terugkerende Lede,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“23. Die Deel van die Evangelie en die Versterking van Nuwe en Terugkerende Lede,” Seleksies uit die Algemene Handleiding.

Beeld
mense wat na ʼn foon kyk

23.

Die Deel van die Evangelie en die Versterking van Nuwe en Terugkerende Lede

23.0

Inleiding

Om almal uit te nooi om die evangelie te ontvang, is deel van die werk van heil en verheffing (sien 1.2 in hierdie handleiding; Matthéüs 28:19–20). Dit sluit in:

  • Om deel te neem aan sendingwerk en te dien as sendelinge.

  • Om nuwe en terugkerende Kerklede te help om te vorder op die verbondspad.

23.1

Deel die Evangelie

23.1.1

Liefde

Een manier waarop ons ons liefde vir God betoon, is deur sy kinders lief te hê en te dien (sien Matthéüs 22:36–39; 25:40). Ons streef daarna om lief te hê en te dien soos Jesus Christus gedoen het. Hierdie liefde inspireer ons om uit te reik na mense van alle godsdienste, rasse en kulture (sien Handelinge 10:34; 2 Nefi 26:33).

23.1.2

Deel

Omdat ons God en sy kinders liefhet, wil ons natuurlik die seëninge deel wat Hy vir ons gegee het (sien Johannes 13:34–35) en help om Israel te versamel. Ons probeer mense help om die vreugde te voel wat ons voel (sien Alma 36:24). Ons praat openlik van die Saligmaker en sy invloed in ons lewens (sien Leer en Verbonde 60:2). Ons deel hierdie dinge op normale en natuurlike maniere as deel van persoonlike, aanlyn en ander interaksies.

23.1.3

Nooi uit

Ons bid vir inspirasie en leiding oor hoe om ander uit te nooi om:

  • Te kom kyk na die seëninge wat beskikbaar is deur Jesus Christus, sy evangelie en sy Kerk (sien Johannes 1:37–39, 45–46).

  • Ons te kom help om mense in nood te dien.

  • Te kom en te behoort aan die herstelde Kerk van Jesus Christus.

Dikwels beteken uitnooi eenvoudig om ons familie, vriende en bure in te sluit in wat ons reeds doen.

23.2

Versterk Nuwe Lede

Elke nuwe lid het vriendskap, geleenthede om te dien en geestelike voeding nodig. As lede van die Kerk gee ons aan nuwe lede ons liefde en ondersteuning (sien Mosia 18:8–10). Ons help hulle om ʼn gevoel van samehorigheid in die Kerk te voel. Ons help hulle om op die verbondspad te vorder en dieper “tot die Here bekeer” te word (Alma 23:6).

23.3

Versterking van Terugkerende Lede

Sommige lede kies om op te hou om aan die Kerk deel te neem. Die Saligmaker het gesê: “Want diesulkes sal julle aanhou om te dien; want julle weet nie of hulle sal terugkom en bekeer, en na My kom met volle voorneme van hart nie, en Ek sal hulle genees; en julle sal die middel wees om heil na hulle te bring” (3 Nefi 18:32).

Lede wat nie ten volle deelneem nie, is meer geneig om terug te keer as hulle sterk verhoudings met Kerklede het. Soos nuwe lede, het hulle vriendskap, geleenthede om te dien en geestelike voeding nodig.

23.4

Penleiers

23.4.1

Penpresidensie

Die penpresident hou die sleutels in die pen om die evangelie te deel en nuwe en terugkerende lede te versterk. Hy en sy raadgewers gee algehele leiding vir hierdie pogings.

Die penpresident vergader gewoonlik maandeliks met die sendingpresident om pogings tussen die pen- en wyksleiers en die voltydse sendelinge te koördineer.

23.4.3

Hoëraadslede

Die penpresidensie kan hoëraadslede toewys om ouderlingskworumpresidente en wyksendingleiers te onderrig en te ondersteun. Een of meer hoëraadslede kan toegewys word om hierdie pogings te lei. Alle hoëraadslede het egter hierdie verantwoordelikhede vir die wyke en kworums waaraan hulle toegewys is.

23.4.4

Penverligtingsverenigingspresidensie

Onder leiding van die penpresident, lei en ondersteun die penverligtingsverenigingspresidensie die wyksverligtingsverenigingspresidensies in hul verantwoordelikhede om die evangelie te deel en nuwe en terugkerende lede te versterk.

23.5

Wyksleiers

23.5.1

Bisdom

Die bisdom koördineer met die ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies terwyl hulle die wyk se pogings lei om die evangelie te deel en nuwe en terugkerende lede te versterk. Hierdie leiers beraadslaag gereeld saam.

Die bisdom verseker dat hierdie pogings in wyksraads- en wyksjeugraadsvergaderings bespreek en gekoördineer word.

Die biskop voer onderhoude met nuwe lede van die toepaslike ouderdom vir ʼn tempelaanbeveling om plaasvervangerdope en bevestigings uit te voer (sien 26.4.2). Hy voer ook onderhoude met broers van die toepaslike ouderdom om die Aäroniese Priesterskap te ontvang. Hy voer gewoonlik hierdie onderhoude binne ʼn week na die lid se bevestiging.

23.5.2

Ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies

Die ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies lei die wyk se daaglikse pogings om die evangelie te deel en nuwe en terugkerende lede te versterk (sien 8.2.3 en 9.2.3).

Hierdie leiers het die volgende verantwoordelikhede:

  • Help om lede te inspireer om God se kinders lief te hê, om die evangelie te deel en om ander uit te nooi om die Saligmaker se seëninge te ontvang.

  • Wys bedieningsbroers en -susters toe aan nuwe en terugkerende lede (sien 21.2.1).

  • Lei die werk van die wyksendingleier.

Die ouderlingskworumpresident en Verligtingsverenigingspresident wys elkeen ʼn lid van die presidensie toe om hierdie pogings te help lei. Hierdie twee presidensielede werk saam. Hulle woon weeklikse koördineringsvergaderings by (sien 23.5.7).

23.5.3

Wyksendingleier

Die bisdom raadpleeg met die penpresident om te bepaal of hy ʼn wyksendingleier moet roep. Hierdie persoon moet ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer wees. As hierdie leier nie geroep word nie, vervul ʼn lid van die ouderlingskworumpresidensie hierdie rol.

Die wyksendingleier ondersteun die ouderlingskworumpresidensie en Verligtingsverenigingspresidensie in hulle sendeling-verantwoordelikhede. Hy het ook die volgende verantwoordelikhede:

  • Koördineer die werk van wykslede en -leiers, wyksendelinge en voltydse sendelinge.

  • Lei weeklikse koördineringsvergaderings (sien 23.5.7).

23.5.4

Wyksendelinge

Wyksendelinge help wykslede om die vreugde te ervaar om die evangelie te deel soos beskryf in 23.1. Hulle dien onder leiding van die wyksendingleier of die lid van die ouderlingskworumpresidensie wat hierdie rol vervul.

23.5.5

Wyksraad en Wyksjeugraad

Die deel van die evangelie en die versterking van nuwe en terugkerende lede moet gereeld in wyksraadsvergaderings bespreek word. Die biskop kan die wyksendingleier nooi om wyksraadsvergaderings by te woon.

Vorms soos die volgende kan help in hierdie besprekings:

In die bespreking van die behoeftes van die jeug in die wyk, gee die wyksjeugraad spesiale aandag aan nuwe en terugkerende lede en aan die jeug wat deur die sendelinge onderrig word.

23.5.7

Koördineringsvergaderings

Kort informele vergaderings word weekliks gehou om pogings te koördineer om die evangelie te deel en nuwe en terugkerende lede te versterk. As ʼn wyksendingleier geroep is, lei hy hierdie vergaderings. Andersins lei die lid van die ouderlingskworumpresidensie wat hierdie rol vervul, die vergadering.

Ander wat genooi word, sluit in:

  • Toegewysde lede van die Verligtingsvereniging- en ouderlingskworumpresidensies.

  • Wyksendelinge.

  • ʼn Assistent in die priesterskworum (of die leraars- of diakenskworumpresident as daar nie priesters in die wyk is nie).

  • ʼn Lid van die presidensie van die oudste Jongdamesklas.

  • Voltydse sendelinge.

Druk