Handleidings en Roepings
24. Sendeling-aanbevelings en Diens


“24. Sendeling-aanbevelings en Diens,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“24. Sendeling-aanbevelings en Diens,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
sendelinge wat stap

24.

Sendeling-aanbevelings en Diens

24.0

Inleiding

In antieke tye het die Here die opdrag gegee om Israel te versamel “… maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” (Matthéüs 28:19; sien ook vers 20). Die Here het daardie opdrag in hierdie laaste dae hernu (sien Leer en Verbonde 39:11; 68:6–8; 112:28–30).

Om die Here as ʼn sendeling te dien is ʼn heilige voorreg. Dit bring ewige seëninge vir die persoon en diegene wat hy of sy dien (sien Leer en Verbonde 18:14–16).

Die Here vra elke waardige, bekwame jong man om voor te berei vir en ʼn sending te dien.

Die Here verwelkom ook waardige, bekwame jong dames om sendings te dien as hulle die begeerte het.

Senior sendelinge word ook benodig en word aangemoedig om voor te berei om te dien.

24.1

Die Oproep om te Dien

Sendelinge verteenwoordig die Here en moet deur behoorlike gesag geroep word (sien Leer en Verbonde 42:11; Geloofsartikels 1:5). Die roeping om ʼn sending te dien, word oor die algemeen deur die President van die Kerk uitgereik. Vir senior diens-sendelinge, word die roeping deur die penpresident uitgereik.

24.2

Sendelingopdragte

Die oproep om as ʼn sendeling te dien, sluit ʼn spesifieke opdrag in. Hierdie opdragte verskil baie.

24.2.1

Jong Onderrig-sendelinge

Die meeste jong sendelinge word toegewys om die evangelie weg van die huis te onderrig. Hierdie toewysings word deur openbaring aan die Apostels gegee. Hierdie sendelinge dien onder die leiding van ʼn sendingpresident.

24.2.2

Jong Diens-sendelinge

Sommige jong sendelinge word toegewys om in die Kerk en die gemeenskap te dien terwyl hulle by die huis woon. Hierdie toewysings word deur openbaring aan Apostels gegee en word aan kandidate wie se omstandighede die beste geskik is vir ʼn diens-sending, gegee (sien 24.3.3).

24.2.3

Senior Sendelinge

Alle senior sendelinge word aangemoedig om mense te vind om te onderrig en hulle te help om vir die doop voor te berei. Senior sendelinge kan ook toegewys word om die volgende te ondersteun:

  • Lede en area- en plaaslike leiers.

  • Kerkdepartemente en fasiliteite.

  • Liefdadigheidsorganisasies.

Senior sendelinge word nie gevra om dieselfde ure te werk nie, ál dieselfde aktiwiteite uit te voer of aan dieselfde verwagtinge as die jong sendelinge te voldoen nie.

Toewysings vir senior sendelinge word deur openbaring aan Apostels gegee. Kandidate kan ʼn voorkeur vir ʼn toewysing uitspreek, maar moet bereid wees om enige toewysing te aanvaar.

24.2.4

Senior Diens-sendelinge

Bykomend tot roepings in hul tuiswyk of -pen, kan lede die Here dien as senior diens-sendelinge. Hierdie sendelinge gee waardevolle diens in Kerkdepartemente, fasiliteite en sendings (sien 24.7.1). Hulle woon by die huis.

Senior diens-sendelinge word deur die penpresident geroep. Hulle dien onder sy leiding. Die hoeveelheid tyd wat hulle elke week dien, hang af van hul kapasiteit, diensgeleenthede in die area en leiding van die Area Presidensie.

24.2.5

Opsomming van Sendelingopdragte

Die volgende tabel som die tipes sendelingopdragte op.

Jong Onderrig-sendeling
(sien 24.2.1)

Jong Diens-sendeling
(sien 24.2.2)

Senior Sendeling
(sien 24.2.3)

Senior Diens-sendeling
(sien 24.2.4)

Word geroep deur

Jong Onderrig-sendeling
(sien 24.2.1)

President van die Kerk

Jong Diens-sendeling
(sien 24.2.2)

President van die Kerk

Senior Sendeling
(sien 24.2.3)

President van die Kerk

Senior Diens-sendeling
(sien 24.2.4)

Penpresident

Word toegewys deur

Jong Onderrig-sendeling
(sien 24.2.1)

ʼn Apostel

Jong Diens-sendeling
(sien 24.2.2)

ʼn Apostel

Senior Sendeling
(sien 24.2.3)

ʼn Apostel

Senior Diens-sendeling
(sien 24.2.4)

Penpresident

Word afgesonder deur

Jong Onderrig-sendeling
(sien 24.2.1)

Penpresident

Jong Diens-sendeling
(sien 24.2.2)

Penpresident

Senior Sendeling
(sien 24.2.3)

Penpresident

Senior Diens-sendeling
(sien 24.2.4)

Penpresident of raadgewer

Woon

Jong Onderrig-sendeling
(sien 24.2.1)

Weg van die huis

Jong Diens-sendeling
(sien 24.2.2)

By die huis

Senior Sendeling
(sien 24.2.3)

Weg van die huis of by die huis

Senior Diens-sendeling
(sien 24.2.4)

By die huis

Kerklike leier

Jong Onderrig-sendeling
(sien 24.2.1)

Sendingpresident of geskiedkundige-terrein president

Jong Diens-sendeling
(sien 24.2.2)

Penpresident

Senior Sendeling
(sien 24.2.3)

Sending-, tempel- of geskiedkundige-terrein president; of Area President

Senior Diens-sendeling
(sien 24.2.4)

Penpresident

Rapporteer aan

Jong Onderrig-sendeling
(sien 24.2.1)

Sendingpresident of geskiedkundige-terrein president

Jong Diens-sendeling
(sien 24.2.2)

Diens-sendingleier

Senior Sendeling
(sien 24.2.3)

Sending-, tempel- of geskiedkundige-terrein president; Area President; besoekersentrumdirekteur; of ʼn Kerkdepartement- of fasiliteitsbestuurder

Senior Diens-sendeling
(sien 24.2.4)

Bestuurder van die diensopdrag

Ouderdomsvereistes

Jong Onderrig-sendeling
(sien 24.2.1)

18–25 (mans)
19–29 (vroue)

Jong Diens-sendeling
(sien 24.2.2)

18–25 (mans)
19–29 (vroue)

Senior Sendeling
(sien 24.2.3)

40 of ouer indien getroud of indien ʼn enkelsuster

Senior Diens-sendeling
(sien 24.2.4)

26 of ouer

24.3

Voorbereiding en Kwalifisering om ʼn Sending te Dien

Voornemende sendelinge word aangemoedig om ʼn sending te dien vanweë hul liefde vir die Here en sy kinders. Hulle behoort bekend te wees met die sendeling-aanbeveling onderhoudsvrae.

24.3.1

Bekering tot Jesus Christus

Voornemende sendelinge streef daarna om hulle bekering tot Jesus Christus en sy herstelde Kerk te versterk.

24.3.2

Voldoen aan die Standaarde van Waardigheid

Voornemende sendelinge streef daarna om waardig te wees van die metgeselskap van die Gees. Dit is nodig vir effektiewe sendeling-diens (sien Leer en Verbonde 42: 13–14).

24.3.2.1

Bekering

Bekering vereis om geloof in Christus te beoefen, ʼn werklike voorneme te hê en die gebooie te onderhou. Dit sluit in om sonde te bely en te versaak. Vir ernstige sondes, vereis bekering belydenis aan die biskop of penpresident.

ʼn Persoon wat bekeer, word vergewe en gereinig deur die Versoening en genade van Jesus Christus. Die Here onthou die sonde nie meer nie. (Sien Jesaja 43:25; Jakob 6:5; Alma 34:15–17; Helaman 5:10–11; Leer en Verbonde 58:42–43. Sien ook 32.1 in hierdie handleiding.)

ʼn Sendeling-kandidaat moes van ernstige sonde bekeer het voordat die penpresident sy of haar aanbeveling kan indien (sien 32.6; sien ook 24.4.4). Die bekeringsproses sluit genoeg tyd in vir die persoon, om deur ʼn regverdige lewe te wys dat hy of sy die gees van Christus ontvang het, tot die vergifnis van sondes.

24.3.3

Fisiese, Verstandelike en Emosionele Gesondheid

Sendingwerk is uitdagend. Jong onderrig-sendelinge moet toegewyd en fisies, verstandelik en emosioneel in staat wees om die volle sendelingskedule te werk.

24.3.4

Finansies

24.3.4.1

Finansiering van Jong Sendelinge wat Weg van die Huis Dien

Jong kandidate wat voorberei het volgens hulle vermoë, moet nie om finansiële redes vertraag word om te dien nie. Diegene wat finansiële hulp nodig het om aan die verwagte bydrae verpligtinge te voldoen, kan dit van uitgebreide familie en vriende ontvang.

Indien daar steeds ʼn behoefte is, kan die biskop of penpresident lede in die wyk vra om by te dra tot die wyksendelingfonds.

Plaaslike eenheidsbegrotings en vasofferande-fondse mag nie gebruik word nie.

Maandelikse bydrae verpligting. Jong onderrig-sendelinge en hulle families dra elke maand ʼn spesifieke bedrag by om die sendeling-programkoste te help dek.

Bydraes word aan die wyksendelingfonds gemaak. Biskoppe verifieer dat die fondse elke maand bygedra word. Fondse buite die maandelikse bedrag, moet nie vooruit bygedra word nie. Fondse wat vooruit bygedra is, kan nie terugbetaal word indien ʼn sendeling vroeg huis toe terugkeer nie.

Uitgawes in die veld. Elke maand ontvang jong sendelinge fondse van die sending om vir voedsel, vervoer en ander lewenskoste voorsiening te maak. Hierdie fondse is heilig. Sendelinge gebruik dit slegs vir sendingverwante doeleindes. Dit moet nie vir persoonlike uitgawes gebruik word nie, gespaar of aan familielede of ander gestuur word nie. Sendelinge gee enige fondse wat hulle nie nodig het nie, terug aan die sending.

Sendelinge gebruik persoonlike fondse om ander uitgawes te dek. Hierdie persoonlike uitgawes moet minimaal wees. (Sien Sendelingstandaarde vir Dissipels van Jesus Christus, 4.8.)

24.3.4.2

Finansiering van Senior Sendelinge wat Weg van die Huis Dien

Maandelikse bydrae verpligting. Senior sendelinge wat weg van die huis dien, dra elke maand by tot hul tuiswyksendelingfonds. Hierdie bydraes help om behuising en voertuigkoste te dek.

Biskoppe verifieer dat die fondse elke maand bygedra word. Fondse buite die maandelikse bedrag, moet nie vooruit bygedra word nie.

Bykomende uitgawes. Bykomend tot die maandelikse bydraeverbintenis wat help om die behuising en voertuigkoste te dek, moet senior sendelinge alle ander uitgawes, insluitend voedsel, ten volle dek.

24.3.4.3

Finansiering van Sendelinge wat by die Huis Dien

Sendelinge wat by die huis dien, is verantwoordelik vir al hulle finansiële behoeftes.

24.3.4.4

Mediese Versekering en Uitgawes

Alle sendelinge word sterk aangemoedig om hul bestaande mediese versekering te behou indien moontlik, insluitend jong onderrig-sendelinge.

Sendelinge wat by die huis dien, moet hul eie mediese en ander versekeringsdekking voorsien. Senior sendelinge wat weg van die huis dien, moet ook die dekking voorsien. Senior sendelinge wat buite hul vaderland sal dien, kan moontlik versekering deur die Senior Service Medical Plan verkry.

24.3.5

Rol van Familielede en Leiers in Voorbereiding van Sendelinge

Familielede, biskoppe en ander leiers help die jeug om voor te berei om ʼn sending te dien.

Familielede en leiers moedig alle sendeling-kandidate aan om die volgende te bestudeer:

  • Die Boek van Mormon en ander skrifture.

  • Preach My Gospel [Verkondig My Evangelie].

  • Safeguards for Using Technology [Voorsorgmaatreëls vir die Gebruik van Tegnologie].

Familielede en leiers help alle kandidate om hulle te verbind om sendelingstandaarde te volg. Hulle moedig kandidate aan om die sendelingstandaarde handleiding wat op hul waarskynlike opdrag betrekking het, te bestudeer:

  • Vir jong onderrig-sendelinge: Missionary Standards for Disciples of Jesus Christ [Sendelingstandaarde vir Dissipels van Jesus Christus]

24.4

Aanbeveling van Sendelinge

24.4.1

Gesondheids-evaluerings

Daar word van alle kandidate verwag dat professionele mediese persone hul gesondheidsgereedheid evalueer.

24.4.2

Onderhoude en Aanbevelingsvorms

Die biskop en penpresident voer deeglike, geestelik-soekende en opbouende onderhoude met elke kandidaat. Hulle gebruik die sendeling-aanbeveling onderhoudsvrae

Die biskop en penpresident hersien ook inligting oor standaarde van waardigheid en gesondheidsgereedheid in die Missionary Online Recommendation System. Die biskop en penpresident voeg nie bykomende geskiktheidstandaarde by nie. Hulle verander ook nie die onderhoudsvrae nie.

Indien die biskop en penpresident bekommerd is oor of ʼn kandidaat aan die standaarde van waardigheid voldoen of oor sy of haar gesondheidsgereedheid, beraadslaag hulle saam en met die persoon. Met ʼn jong kandidaat se toestemming, kan hulle ook met sy of haar ouers beraadslaag. Die biskop en penpresident dien nie ʼn aanbeveling in voordat die persoon van ernstige sonde bekeer het nie (sien 24.3.2.1). Afhangende van die persoon se fisiese, verstandelike of emosionele gesondheid, kan hulle die moontlikheid bespreek om as ʼn diens-sendeling toegewys te word.

In dringende gevalle wanneer die biskop of penpresident nie beskikbaar is nie, kan hy een van sy raadgewers magtig om hierdie onderhoude te voer.

In distrikte voer die sendingpresident of ʼn toegewysde raadgewer onderhoude en doen aanbevelings vir sendeling-kandidate. Distrikspresidente voer nie hierdie onderhoude nie.

24.4.4

Diegene Wat Nie As Voltydse Sendelinge Kan Dien Nie

Soms word ʼn lid wat graag wil dien, nie as ʼn voltydse sendeling geroep nie. Dit kan dalk wees as gevolg van gesondheidsuitdagings, nie voldoening aan die standaarde van waardigheid nie, regskwessies of ander omstandighede. Die penpresident kan hom of haar van voltydse sendelingdiens verskoon.

24.5

Nadat ʼn Sendingroeping Ontvang Is

Nuutgeroepte sendelinge word aangemoedig om die Boek van Mormon te lees of weer te lees voordat hulle met hul sending begin. Hulle volg Koning Benjamin se raad om te “[let op julself], en julle gedagtes, en julle woorde, en julle dade” (Mosia 4:30).

24.5.1

Tempelbegiftiging en Tempeldiens

Indien nuutgeroepe sendelinge nie die tempelbegiftigingsordinansie ontvang het nie, moet hulle, waar moontlik, dit doen voordat hulle met sendeling-diens begin (sien Leer en Verbonde 43:15–16; 105:33). Dit sluit diens-sendelinge in indien toepaslik vir hul omstandighede.

Nuutgeroepte sendelinge wat begiftig is, kan soos toepaslik as tempelordinansiewerkers dien voordat hulle met sendeling-diens begin (sien 25.5).

24.5.2

Nagmaaldienste

Die bisdom nooi nuutgeroepe sendelinge om in die nagmaaldiens te praat voordat hulle met hul sending begin. Dit is ʼn gereelde nagmaaldiens. Die fokus moet op die nagmaal en die Saligmaker wees.

24.5.3

Afsondering van Sendelinge

Die tuis-penpresident sonder elke sendeling af, so ná as moontlik aan sy of haar sendingbegindatum. In dringende gevalle, wanneer die penpresident nie beskikbaar is nie, kan hy een van sy raadgewers magtig om die afsondering van sendelinge te doen.

Die sendingpresident of een van sy raadgewers doen die afsondering van sendelinge wat van distrikte in sy sending geroep is. Die distrikspresident sonder nie sendelinge af nie.

ʼn Broer wat weg van die huis sal dien, moes die Melgisédekse Priesterskap ontvang het voordat hy as sendeling afgesonder word. ʼn Broer wat as ʼn diens-sendeling sal dien, moet soos toepaslik vir sy omstandighede, die Melgisédekse Priesterskap hou.

24.6

Diens Weg van die Huis

24.6.2

In die Veld

24.6.2.5

Versoeke om Ander Finansieel of met Studies of Emigrasie te Ondersteun

Sendelinge en hulle families moet nie finansiële ondersteuning voorsien vir diegene wat woon waar die sendelinge dien nie, insluitend finansiële ondersteuning vir studies nie. Sendelinge en hul families moet ook nie persone borg wat na ander lande wil emigreer nie (sien 38.8.19).

24.6.2.8

Lidmaatskapsrekords en Tiendes

ʼn Sendeling se tuiswyk behou die lidmaatskapsrekord. Die tuiswyk teken ook sy of haar tiendestatus aan. Sendelinge betaal nie tiendes op ondersteuningsfondse wat hulle van die sending ontvang nie. Hulle betaal egter tiendes indien hulle enige persoonlike inkomste het.

24.6.3

Terugkeer Huis Toe van ʼn Sending

24.6.3.1

Terugkeer Huis Toe soos Oorspronklik Geskeduleer

Sendelinge en hul familielede moet nie vroeë ontheffings of verlenging van diens versoek vir persoonlike gerief nie.

Jong sendelinge moet van hul sendings direk huis toe reis. Enige ander reis kan slegs goedgekeur word indien die sendeling deur ten minste een ouer of voog vergesel word.

Sendelinge word nie onthef voordat hulle by hul penpresident rapporteer nie. Hulle volg sendelingstandaarde tot daardie tyd.

24.6.3.2

Vroeë Terugkeer Huis Toe

Sommige sendelinge word vroeër onthef vanweë gesondheid, waardigheid of ander redes. Biskoppe en penpresidente gee spesiale ondersteuning aan hierdie terugkerende sendelinge. Leiers help hulle om daaraan te werk om hul gesondheid te herwin, of om terug te keer na diens indien moontlik.

24.7

Diens-sendings

24.7.1

Identifisering van Geleenthede vir Diens-sendelinge

Die biskop, penpresident en diens-sendeling beraadslaag saam om plaaslike geleenthede te identifiseer om te dien. Vir jong diens-sendelinge, neem ʼn diens-sendingleier en die sendeling se ouers of voogde aan die gesprek deel.

24.8

Ná Sendeling-diens

24.8.2

Sendelingontheffingsonderhoud

Die penpresident onthef sendelinge en voer ʼn ontheffingsonderhoud. In distrikte word sendelinge oor die algemeen deur die sendingpresident of ʼn toegewysde raadgewer onthef.

Die volgende riglyne vir hierdie onderhoud kan nuttig wees.

  • Moedig hulle aan om as ʼn lewenslange dissipel van Jesus Christus voort te gaan.

  • Gee hulle raad om te bou op goeie gewoontes wat hulle as ʼn sendeling ontwikkel het.

  • Moedig hulle aan om te dink aan en voor te berei vir die toekoms, insluitend opvoeding en werk vir jong sendelinge.

  • Moedig hulle aan om altyd waardig te lewe van ʼn tempelaanbeveling.

24.8.4

Roepings

Leiers gee spoediglik bedieningsopdragte en roepings aan onlangs-onthefde sendelinge. Dit sluit in om as tempel-ordinansiewerkers oorweeg te word indien toepaslik (sien 25.5).

24.9

Hulpbronne vir Sendeling-aanbevelings en -diens

24.9.2

Webwerwe

Druk