Handleidings en Roepings
25. Tempel- en Familiegeskiedeniswerk in die Wyk en Pen


“25. Tempel- en Familiegeskiedeniswerk in die Wyk en Pen,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“25. Tempel- en Familiegeskiedeniswerk in die Wyk en Pen,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
tempel

25.

Tempel- en Familiegeskiedeniswerk in die Wyk en Pen

25.0

Inleiding

Tempel- en familiegeskiedeniswerk is die middel waardeur families vir die ewigheid verenig en verseël word (sien Matthéüs 16:19). Hierdie werk sluit in:

Meer inligting is beskikbaar by “Temples [Tempels]” en “Family History [Familiegeskiedenis] (Gospel Topics [Evangelieonderwerpe], topics.ChurchofJesusChrist.org).

25.1

Lid- en Leierdeelname aan Tempel- en Familiegeskiedeniswerk

Kerklede het die voorreg en verantwoordelikheid om te help om hul families vir die ewigheid te verenig. Hulle berei hulself voor om verbonde te sluit wanneer hulle tempelordinansies ontvang en hulle daarna streef om daardie verbonde te onderhou.

Kerklede word aangemoedig om hul afgestorwe familielede wat nie tempelordinansies ontvang het nie, te identifiseer. Lede voer dan die ordinansies namens daardie familielede uit (sien Leer en Verbonde 128:18). In die geesteswêreld kan afgestorwe individue kies om die ordinansies wat vir hulle uitgevoer is, te aanvaar of te verwerp.

25.1.1

Individuele Verantwoordelikheid vir Tempelbywoning

Lede bepaal vir hulself wanneer en hoe gereeld om in die tempel te aanbid. Leiers stel nie kwotas of rapporteringstelsels in vir tempelbywoning nie.

25.2

Organisering van Tempel- en Familiegeskiedeniswerk in die Wyk

25.2.1

Bisdom

Die bisdom koördineer met die ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies wanneer hulle die wyk se tempel- en familiegeskiedenispogings lei. Hierdie leiers beraadslaag gereeld.

Die bisdom het ook die volgende verantwoordelikhede vir tempel- en familiegeskiedeniswerk in die wyk:

  • Verseker dat die leer en seëninge van tempel- en familiegeskiedeniswerk by die kerk onderrig word.

  • Verseker dat tempel- en familiegeskiedeniswerk in wyksraads- en wyksjeugraadsvergaderings gekoördineer word.

  • Hou toesig oor die organisasie van tempelvoorbereidingskursusse (sien 25.2.8).

  • Reik tempelaanbevelings uit (sien hoofstuk 26).

25.2.2

Ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies

Die ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies lei die dag-tot-dag tempel- en familiegeskiedenispogings in die wyk (sien 8.2.4 en 9.2.4). Hulle werk saam met die wyksraad, onder die koördinering van die biskop, om hierdie pogings te lei.

Hierdie leiers het die volgende verantwoordelikhede:

  • Help lede om voor te berei om tempelordinansies te ontvang en tempelverbonde te sluit.

  • Moedig lede aan om in die tempel te aanbid so gereeld as wat hulle omstandighede dit toelaat.

  • Moedig lede aan om te leer oor hul voorouers en om tempelordinansies namens hulle uit te voer.

  • Lei die werk van die wykstempel- en familiegeskiedenisleier. Indien dié leier nie geroep is nie, vervul ʼn lid van die ouderlingskworum hierdie rol (sien 25.2.3).

Die ouderlingskworumpresident en Verligtingsverenigingspresident wys elkeen ʼn presidensielid aan om te help om die tempel- en familiegeskiedeniswerk in die wyk te lei. Hierdie twee presidensielede werk saam. Hulle woon wykstempel- en familiegeskiedeniskoördineringsvergaderings by (sien 25.2.7).

25.2.3

Wykstempel- en Familiegeskiedenisleier

Die bisdom beraadslaag met die penpresident om te bepaal of hy ʼn wykstempel- en familiegeskiedenisleier moet roep. Dié persoon moet ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer wees.

Die wykstempel- en familiegeskiedenisleier ondersteun die ouderlingskworumpresidensie en Verligtingsverenigingspresidensie in hul tempel- en familiegeskiedenis verantwoordelikhede. Hy het ook die volgende verantwoordelikhede:

  • Lei wykstempel- en familiegeskiedeniskoördineringsvergaderings (sien 25.2.7).

  • Onderrig wykstempel- en familiegeskiedeniskonsultante. Koördineer hul pogings om lede met tempel- en familiegeskiedeniswerk te help.

  • Werk saam met die wyksendingleier en die sendelinge om diegene wat die evangelie leer, nuwe lede en terugkerende lede te help om betrokke te raak by tempel- en familiegeskiedeniswerk.

25.2.4

Wykstempel- en Familiegeskiedeniskonsultante

Wykstempel- en familiegeskiedeniskonsultante dien onder die leiding van die wykstempel- en familiegeskiedenisleier of die lid van die ouderlingskworumpresidensie wat dié rol vervul. Die bisdom roep hierdie lede om te dien. Volwassenes en die jeug kan geroep word.

Konsultante het die volgende verantwoordelikhede:

  • Help lede om die seëninge te ervaar om hul voorouers na te spoor en tempelordinansies namens hulle uit te voer.

  • Help lede om voor te berei om tempelordinansies te ontvang en tempelverbonde te sluit.

  • Neem deel aan tempel- en familiegeskiedeniskoördineringsvergaderings (sien 25.2.7).

25.2.7

Wykstempel- en Familiegeskiedeniskoördineringsvergaderings

Kort, informele wykstempel- en familiegeskiedeniskoördineringsvergaderings word gereeld gehou. Indien ʼn wykstempel- en familiegeskiedenisleier geroep word, lei hy hierdie vergaderings. Andersins lei die lid van die ouderlingskworumpresidensie wat hierdie rol vervul, die vergadering.

Ander wat genooi word sluit in:

  • Toegewysde lede van die Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies.

  • ʼn Assistent in die priesterskworum.

  • ʼn Presidensielid van die oudste Jongdamesklas.

  • Tempel- en familiegeskiedeniskonsultante.

Die doel van hierdie vergaderings is om:

  • Te beplan hoe om spesifieke wykslede met hul tempel- en familiegeskiedeniswerk te help, soos aangevra.

Hierdie vergaderings kan persoonlik of virtueel gehou word. Koördinering kan ook op ander maniere gebeur insluitend foonoproepe, teksboodskappe en per e-pos.

25.2.8

Tempelvoorbereidingskursus

Onder die leiding van die biskop kan ʼn tempelvoorbereidingskursus georganiseer word om lede te help om voor te berei om verbonde te sluit wanneer hulle tempelordinansies ontvang. Hierdie kursusse word buite gereelde Sondagvergaderings gehou, op ʼn tyd wat vir lede geskik is. Dit kan by die kerk of in ʼn huis gehou word.

Lesse en instruksies om die kursus te organiseer is in die Endowed from on High: Temple Preparation Seminar Teacher’s Manual. Deelnemers kry kopieë van die Preparing to Enter the Holy Temple. Vir persoonlike studie en leshulpbronne, sien temples.ChurchofJesusChrist.org.

25.4

Familiegeskiedenishulpbronne

25.4.1

My Familie: Stories Wat Ons Bymekaarbring

My Familie: Stories Wat Ons Bymekaarbring help mense om familielede en voorouers na te spoor en hulle stories te versamel. Hierdie boekie kan lede ook help om te begin om familiename vir tempelordinansies voor te berei.

Die boekie kan afgelaai word by ChurchofJesusChrist.org. Fisiese kopieë kan bestel word by store.ChurchofJesusChrist.org.

25.4.2

FamilySearch.org en FamilySearch Apps

FamilySearch.org is die Kerk se webwerf vir tempel- en familiegeskiedeniswerk. Dit kan gebruikers help om:

  • Familie stamverbintenisse en verhoudings te bou.

  • Voorouers en hul stories te ontdek.

  • Familiestories, foto’s en geskiedenisse te deel en te bewaar.

  • Familiename voor te berei vir tempelordinansies.

Die FamilySearch Tree app en FamilySearch Memories app stel mense in staat om vanaf mobiele toestelle aan familiegeskiedeniswerk deel te neem.

25.5

Aanbeveling en Roep van Tempelwerkers

25.5.1

Aanbeveling van Tempelwerkers

Potensiële tempelwerkers word op die volgende maniere geïdentifiseer:

  • Lede wat deur die biskop of ʼn ander wyksleier geïdentifiseer is

  • Lede wat die biskop oor diens nader

  • Lede wat deur die tempelpresident, die matrone of ʼn ander tempelleier aanbeveel is

  • Lede wat voorberei vir of wat onlangs van sendelingdiens teruggekeer het (sien hoofstuk 24)

Die name van potensiële tempelwerkers word ingedien deur gebruik te maak van die Recommend Temple Worker tool. Hierdie hulpmiddel is vir biskoppe, penpresidente en tempelpresidensies beskikbaar.

Druk