Handleidings en Roepings
32. Bekering en Kerklidmaatskapsrade


“32. Bekering en Kerklidmaatskapsrade,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“32. Bekering en Kerklidmaatskapsrade,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
mans wat praat

32.

Bekering en Kerklidmaatskapsrade

32.0

Inleiding

Die meeste bekering vind plaas tussen ʼn individu, God en diegene wat deur ʼn persoon se sondes geraak is. Soms moet ʼn biskop of penpresident egter Kerklede help in hul pogings om te bekeer.

Biskoppe en penpresidente is liefdevol en besorgd wanneer hulle lede met bekering bystaan. Hulle volg die voorbeeld van die Saligmaker, wat individue opgehef het en hulle gehelp het om weg te draai van sonde en na God te keer (sien Matthéüs 9:10–13; Johannes 8:3–11).

32.1

Bekering en Vergifnis

Om sy plan van barmhartigheid teweeg te bring, het Hemelse Vader sy Eniggebore Seun, Jesus Christus, gestuur om vir ons sondes te versoen (sien Alma 42:15). Jesus het die prys betaal wat die wet van geregtigheid vir ons sondes vereis (sien Leer en Verbonde 19:15–19; sien ook Alma 42:24–25). Deur dié offerande, het beide die Vader en die Seun hulle oneindige liefde vir ons getoon (sien Johannes 3:16).

Wanneer ons “geloof … tot bekering” beoefen, vergewe Hemelse Vader ons en skenk barmhartigheid deur die Versoening van Jesus Christus (Alma 34:15; sien ook Alma 42:13). Wanneer ons gereinig en vergewe is, kan ons uiteindelik die koninkryk van God beërwe (sien Jesaja 1:18; Leer en Verbonde 58:42).

Bekering is meer as net om gedrag te verander. Dit is om weg te keer van sonde en om na Hemelse Vader en Jesus Christus te keer. Dit lei tot ʼn verandering van hart en verstand (sien Mosia 5:2; Alma 5:12–14; Helaman 15:7). Deur bekering word ons nuwe persone, met God versoen (sien 2 Korinthiërs 5:17–18; Mosia 27:25–26).

Die geleentheid om te bekeer is een van die grootste seëninge wat Hemelse Vader ons deur die gawe van sy Seun gegee het.

32.2

Doel van Kerklidmaatskapsbeperkings of -onttrekking

As ʼn lid ʼn ernstige sonde pleeg, help die biskop of penpresident hom of haar om te bekeer. As deel van hierdie proses, sal hy dalk vir ʼn tyd sekere Kerklidmaatskapsvoorregte moet beperk. In sommige situasies mag hy dalk ʼn persoon se lidmaatskap vir ʼn tyd onttrek.

Beperking of onttrekking van ʼn persoon se lidmaatskap is nie bedoel om te straf nie. Hierdie handelinge is eerder soms nodig om ʼn persoon te help bekeer en ʼn verandering van hart te ervaar. Dit gee ʼn persoon ook tyd om geestelik voor te berei om sy of haar verbonde weer te hernu en te onderhou.

Die drie doelstellings van lidmaatskapsbeperkings of -onttrekking is soos volg.

32.2.1

Help Om Ander Te Beskerm

Die eerste doel is om ander te help beskerm. Soms hou ʼn persoon ʼn fisiese of geestelike bedreiging in. Roofsugtige gedrag, fisiese leed, seksuele mishandeling, dwelmmisbruik, bedrog en afvalligheid is sommige maniere waarop dit kan voorkom. ʼn Biskop of penpresident handel met inspirasie om ander te beskerm wanneer iemand op hierdie en ander ernstige maniere ʼn bedreiging inhou (sien Alma 5:59–60).

32.2.2

Help ʼn Persoon om Toegang te Verkry tot die Verlossende Krag van Jesus Christus deur Bekering

Die tweede doel is om ʼn persoon te help om toegang te verkry tot die verlossende krag van Jesus Christus deur bekering. Deur hierdie proses kan hy of sy weer rein en waardig word om al God se seëninge te ontvang.

32.2.3

Beskerm die Integriteit van die Kerk

Die derde doel is om die integriteit van die Kerk te beskerm. Die beperking of onttrekking van ʼn persoon se Kerklidmaatskap kan nodig wees indien sy of haar gedrag die Kerk aansienlik benadeel (sien Alma 39:11). Die integriteit van die Kerk word nie beskerm deur die ernstige sondes te verberg of te minimaliseer nie—maar deur dit aan te spreek.

32.3

Die Rol van Regters in Israel

Biskoppe en penpresidente word geroep en afgesonder om regters in Israel te wees (sien Leer en Verbonde 107:72–74). Hulle hou priesterskapsleutels om die Here te verteenwoordig deur Kerklede te help om hulle te bekeer (sien Leer en Verbonde 13:1; 107:16–18).

Dikwels help biskoppe en penpresidente met bekering deur persoonlike berading. Hierdie ondersteuning kan informele beperking van sekere voorregte van Kerklidmaatskap vir ʼn tyd insluit.

Vir sommige ernstige sondes help leiers met bekering deur ʼn lidmaatskapsraad te hou (sien 32.6). Hierdie hulp kan formele beperking van sekere voorregte van Kerklidmaatskap of die onttrekking van ʼn persoon se lidmaatskap vir ʼn tydperk insluit.

Biskoppe en penpresidente is liefdevol en besorgd wanneer hulle lede help om hulle te bekeer. Die Saligmaker se interaksie met die vrou wat in egbreuk betrap is, is ʼn riglyn (sien Johannes 8:3–11). Alhoewel Hy nie gesê het dat haar sondes vergewe is nie, het Hy haar nie veroordeel nie. In plaas daarvan, het Hy vir haar gesê “sondig nie meer nie”—om te bekeer en haar lewe te verander.

Hierdie leiers leer dat daar “blydskap … in die hemel [is] oor een sondaar wat hom bekeer” (Lukas 15:7). Hulle is verdraagsaam, ondersteunend en positief. Hulle inspireer hoop. Hulle leer en getuig dat almal as gevolg van die Saligmaker se versoeningsofferande kan bekeer en rein word.

Biskoppe en penpresidente soek leiding van die Gees om te weet hoe om elke persoon te help om te bekeer. Slegs vir die ernstigste sondes het die Kerk ʼn vasgestelde standaard oor watter aksies leiers moet neem (sien 32.6). Geen twee situasies is dieselfde nie. Die berading wat leiers gee en die proses van bekering wat hulle fasiliteer, moet geïnspireer wees en kan vir elke persoon verskillend wees.

32.4

Belydenis, Vertroulikheid en Rapportering aan Regeringsowerhede

32.4.1

Belydenis

Bekering vereis dat sondes aan Hemelse Vader bely word. Jesus Chrisus het gesê: “Hierdeur mag julle weet of ʼn mens bekeer van sy sondes—kyk, hy sal hulle bely en hulle versaak” (Leer en Verbonde 58:43; sien ook Mosia 26:29).

Wanneer Kerklede ernstige sondes pleeg, sluit hulle bekering ook belydenis aan hul biskop of penpresident in. Hy is dan in staat om die sleutels van die evangelie van bekering namens hulle uit te oefen (sien Leer en Verbonde 13:1; 84:26–27; 107:18, 20). Dit help hulle om te genees en terug te keer na die evangeliese pad deur die krag van die Saligmaker se Versoening.

Die doel van belydenis is om lede aan te moedig om van hul las ontslae te raak, sodat hulle die Here se hulp ten volle kan soek om verandering en genesing. Die ontwikkeling van ʼn “gebroke hart en ʼn verslae gees” word aangehelp deur belydenis (2 Nefi 2:7). Vrywillige belydenis toon dat ʼn persoon ʼn begeerte het om te bekeer.

Wanneer ʼn lid bely, volg die biskop of penpresident die riglyne vir berading in 32.8. Hy soek biddend leiding oor die gepaste aksie om die lid te help om te bekeer. Hy oorweeg of ʼn lidmaatskapsraad van hulp sou wees. Indien Kerkbeleid ʼn lidmaatskapsraad vereis, verduidelik hy dit (sien 32.6).

Soms het ʼn lid ʼn eggenoot of ʼn ander volwassene onreg aangedoen. As deel van bekering, moet hy of sy gewoonlik aan daardie persoon bely en vergifnis soek. ʼn Jeugdige wat ʼn ernstige sonde pleeg, word gewoonlik aangemoedig om met sy of haar ouers te beraadslaag.

32.4.4

Vertroulikheid

Biskoppe, penpresidente en hul raadgewers het ʼn heilige plig om alle vertroulike inligting wat met hulle gedeel word, te beskerm. Hierdie inligting kan deur onderhoude, berading en belydenisse kom. Dieselfde plig van vertroulikheid geld vir almal wat aan lidmaatskapsrade deelneem. Vertroulikheid is noodsaaklik omdat lede dalk nie sondes sal bely of leiding sal soek as dít wat hulle deel, nie vertroulik gehou sal word nie. Die verbreking van ʼn vertroue skend lede se vertroue en veroorsaak dat hulle vertroue in hul leiers verloor.

In ooreenstemming met hul plig van vertroulikheid, mag ʼn biskop, penpresident of hul raadgewers sulke inligting slegs as volg deel:

  • Hulle moet met die lid se penpresident, sendingpresident of biskop beraadslaag oor die hou van ʼn lidmaatskapsraad of verwante aangeleenthede.

  • Die persoon trek na ʼn nuwe wyk (of die priesterskapsleier is onthef) terwyl lidmaatskapsaksie of ander ernstige aangeleenthede hangende is.

  • ʼn Biskop of penpresident verneem dat ʼn Kerklid wat buite die wyk of pen woon, moontlik by ʼn ernstige sonde betrokke was.

  • Dit is nodig om inligting tydens ʼn lidmaatskapsraad bekend te maak.

  • ʼn Lid verkies om toestemming vir die leier te gee om inligting met spesifieke persone te deel.

  • Dit mag nodig wees om beperkte inligting oor die besluit van ʼn lidmaatskapsraad te deel.

Om leiers te help om ander te beskerm en aan die wet te voldoen, voorsien die Kerk hulp van opgeleide professionele persone. Om hierdie leiding te ontvang, kontak leiers dadelik die Kerk se mishandelingshulplyn waar dit beskikbaar is (sien 38.6.2.1). Waar dit nie beskikbaar is nie, kontak die penpresident die area regsadviseurs by die areakantoor.

In slegs een situasie moet ʼn biskop of penpresident vertroulike inligting openbaar maak sonder om eers sulke leiding te soek. Dit is wanneer openbaarmaking nodig is om lewensgevaarlike skade of ernstige besering te voorkom en daar nie tyd is om leiding te soek nie. In sulke gevalle is die plig om ander te beskerm belangriker as die plig van vertroulikheid. Leiers moet siviele owerhede onmiddellik kontak.

32.6

Erns van die Sonde en Kerkbeleid

Die erns van ʼn sonde is ʼn belangrike oorweging in die bepaling van die opsie wat sal (1) help om ander te beskerm en (2) ʼn persoon help om te bekeer. Die Here het gesê [dat] Hy “kan nie sonde aanskou met die geringste mate van aanvaarding nie” (Leer en Verbonde 1:31; sien ook Mosia 26:29). Sy diensknegte moet nie bewyse van ernstige sonde ignoreer nie.

Ernstige sondes is ʼn doelbewuste en groot oortreding teen die wette van God. Kategorieë van ernstige sondes word hieronder gelys.

  • Gewelddadige dade en mishandeling

  • Seksuele onsedelikheid

  • Dade van bedrog

  • Skendings van vertroue

  • Sommige ander dade

Wanneer ʼn Lidmaatskapsraad Vereis Word of Moontlik Nodig Is

Soort Sonde

Lidmaatskapsraad Word Vereis

Wanneer ʼn Lidmaatskapsraad Moontlik Nodig Is

Soort Sonde

Gewelddadige Dade en Mishandeling

Lidmaatskapsraad Word Vereis

  • Moord

  • Verkragting

  • Skuldigbevinding aan seksuele aanranding

  • Kinder- of jeugmishandeling

  • Gewelddadige roofsugtige gedrag

Wanneer ʼn Lidmaatskapsraad Moontlik Nodig Is

  • Poging tot moord

  • Seksuele mishandeling, insluitend aanranding en teistering (sien 38.6.18 vir wanneer ʼn raad vereis word)

  • Mishandeling van ʼn eggenoot of ʼn ander volwassene (sien 38.6.2.4 vir wanneer ʼn raad vereis word)

Soort Sonde

Seksuele Onsedelikheid

Lidmaatskapsraad Word Vereis

  • Bloedskande

  • Kinderpornografie

  • Veelvoudige huwelike

  • Seksuele roofsugtige gedrag

Wanneer ʼn Lidmaatskapsraad Moontlik Nodig Is

  • Egbreuk, ontug, dieselfdegeslagverhoudings en alle ander seksuele verhoudings buite ʼn wettige huwelik tussen ʼn man en ʼn vrou, insluitende seksuele ontmoetings aanlyn of oor die telefoon

  • Saamwoon, siviele verbintenisse en vennootskappe en dieselfdegeslaghuwelik

  • Intensiewe of kompulsiewe gebruik van pornografie wat aansienlike skade aan ʼn lid se huwelik of familie aangerig het

Soort Sonde

Dade van Bedrog

Lidmaatskapsraad Word Vereis

  • Finansiële roofpraktyke, soos bedrog en soortgelyke aktiwiteite (sien 32.6.3.3 as ʼn lid betrokke was by die verduistering van Kerkfondse of eiendom)

Wanneer ʼn Lidmaatskapsraad Moontlik Nodig Is

  • Roof, inbraak, diefstal of verduistering (sien 32.6.3.3 as ʼn lid betrokke was by die verduistering van Kerkfondse of eiendom)

  • Meineed

Soort Sonde

Skendings van Vertroue

Lidmaatskapsraad Word Vereis

  • Ernstige sonde terwyl ʼn prominente Kerkposisie beklee word

Wanneer ʼn Lidmaatskapsraad Moontlik Nodig Is

  • Ernstige sonde terwyl in ʼn posisie van gesag of vertroue in die Kerk of die gemeenskap (sien 32.6.3.3 as ʼn lid betrokke was by die verduistering van Kerkfondse of eiendom)

  • Ernstige sonde wat wyd bekend is

Soort Sonde

Sommige Ander Dade

Lidmaatskapsraad Word Vereis

  • Meeste strafregtelike skuldigbevindings

Wanneer ʼn Lidmaatskapsraad Moontlik Nodig Is

  • Aborsie (tensy ʼn uitsondering in 38.6.1 van toepassing is)

  • Patroon van ernstige sondes

  • Doelbewus gesinsverantwoordelikhede versaak, insluitend nie-betaling van kinderbystand en onderhoud

  • Verkoop van onwettige dwelms

  • Ander ernstige kriminele dade

32.6.3

Wanneer die Penpresident met die Area Presidensie Beraadslaag oor of ʼn Lidmaatskapsraad of Ander Aksie Nodig Is

Sommige aangeleenthede vereis ekstra sensitiwiteit en leiding. Om te weet hoe om die beste te help, moet die penpresident met die Area Presidensie beraadslaag oor die situasies in hierdie afdeling.

32.6.3.2

Afvalligheid

Kwessies van afvalligheid het dikwels ʼn impak buite die grense van ʼn wyk of pen. Dit moet dadelik aangespreek word om ander te beskerm.

Die biskop beraadslaag met die penpresident as hy voel dat ʼn lid se optrede afvalligheid mag uitmaak.

Soos hier gebruik word, verwys afvalligheid na ʼn lid wat betrokke is by enige van die volgende:

  • Herhaaldelik in duidelike en doelbewuste openbare opposisie optree teen die Kerk, sy leer, sy beleid of sy leiers

  • Volhou in onderrig as Kerkleer wat nie Kerkleer is nie, nadat dit deur die biskop of penpresident reggestel is

  • ʼn Patroon toon om opsetlik te werk om die geloof en aktiwiteit van Kerklede te verswak

  • Voortgaan om die leerstellings van afvallige sektes te volg nadat dit deur die biskop of penpresident reggestel is

  • Formeel by ʼn ander kerk aansluit en sy leringe bevorder

32.6.3.3

Verduistering van Kerkfondse

As ʼn persoon Kerkfondse verduister of waardevolle Kerkeiendom steel, beraadslaag die penpresident met die Area Presidensie of ʼn lidmaatskapsraad of ander optrede nodig mag wees.

Druk