Handleidings en Roepings
35. Versorging en Gebruik van Byeenkomplekke


“35. Versorging en Gebruik van Byeenkomplekke,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“35. Versorging en Gebruik van Byeenkomplekke,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

mense wat vensters was en stofsuig

35.

Versorging en Gebruik van Byeenkomplekke

35.1

Doel

Die Kerk voorsien byeenkomplekke sodat almal wat dit binnegaan:

35.2

Rolle en Verantwoordelikhede

35.2.2

Kerkfasiliteitsbestuurder

ʼn Fasiliteitsbestuurder in diens van die Kerk help elke pen om byeenkomplekke te bedryf. Hy of sy reël groot herstelwerk, diep skoonmaak en roetine-instandhouding van geboue.

Soos nodig, help die fasiliteitsbestuurder om pen- en wyksgebouverteenwoordigers opleiding te gee oor hoe om die gebou skoon te maak en ander plaaslike take uit te voer. Hy of sy verskaf instruksies, benodigdhede en toerusting.

Hy of sy kan ook geboue-uitgawes met bisdomme hersien.

35.2.7

Bisdom

Die bisdom (of die wyksgebouverteenwoordiger) leer lede hoe om die gebou te gebruik, te versorg en te beveilig. Die bisdom gee ook sleutels van die gebou aan wyksleiers.

Hulle maak seker dat aktiwiteite in die gebou en op die terrein veilig uitgevoer word (sien 20.7).

Hulle kommunikeer met die Kerk se fasiliteitsbestuurder oor instandhouding en operasionele behoeftes. Hulle kan ook verwante uitgawes met die fasiliteitsbestuurder hersien.

35.2.9

Wyksgebouverteenwoordiger

Die bisdom bepaal of ʼn wyksgebouverteenwoordiger geroep moet word. As hulle besluit om hierdie roeping uit te reik, kan die bisdom ʼn volwasse manlike of vroulike lid roep. As ʼn wyksgebouverteenwoordiger nie geroep word nie, kan die biskop hierdie verantwoordelikheid aan een van sy raadgewers, die wyksklerk of ʼn assistent-wyksklerk of die uitvoerende sekretaris toewys.

Die wyksgebouverteenwoordiger organiseer lede en vrywilligers om die gebou skoon te maak en in stand te hou. Hy of sy leer hulle hoe om elke taak met die beskikbare voorrade en toerusting te doen.

35.3

Voorsiening van Byeenkomplekke

Byeenkomplekke verskil in grootte en tipe gebaseer op plaaslike behoeftes en toestande. ʼn Byeenkomplek kan ʼn Kerk-geboude of gekoopte ruimte, ʼn lidmaat se huis, ʼn plaaslike skool of gemeenskapsentrum, ʼn gehuurde ruimte of ʼn ander goedgekeurde opsie wees.

Area en plaaslike leiers streef daarna om bestaande byeenkomplekke ten volle te benut en wysheid te gebruik wanneer hulle bykomende ruimte aanbeveel.

35.4

Onderhouding van Byeenkomplekke

35.4.1

Skoonmaak en Instandhouding van Byeenkomplekke

Plaaslike leiers en lede, insluitend die jeug, het ʼn verantwoordelikheid om te help om elke gebou skoon en in ʼn goeie toestand te hou.

Die skoonmaakskedule moet nie ʼn las op die lede wees nie. Byvoorbeeld, as reis na die gebou ʼn uitdaging is, kan lede skoonmaak as deel van weeklikse geleenthede wanneer hulle reeds by die gebou is.

35.4.2

Versoek vir Herstelwerk

Lede van wyks- en penrade kan behoeftes vir gebouherstelwerk aanmeld. Dit kan gedoen word deur die gebruik van die Facility Issue Reporting [Verslag oor Fasiliteitskwessies] (FIR)-stelsel.

35.4.5

Veiligheid en Sekuriteit

Leiers en lede moet:

  • Gange, trappe, uitgange en nutskamers skoon hou vir veilige toegang en uitgang.

  • Nie gevaarlike of vlambare materiale in geboue gebruik of berg nie.

  • Toesluitprosedures van die gebou opstel en volg.

  • Kerktoerusting beveilig teen diefstal.

  • Weet hoe om items soos water, elektrisiteit en gas of brandstof af te skakel of af te sluit.

Die fasiliteitsbestuurder kan, wanneer nodig, ʼn kaart voorsien wat brandblussers, noodhulpkassies asook liggings om krag, ens. af te sluit, aandui. Meer inligting omtrent veiligheid is beskikbaar in “Security and Lockup Procedures” in “Maintaining Meetinghouses” (Meetinghouse Facilities Guide). Sien ook 20.7.

35.5

Beleide ten opsigte van die Gebruik van Kerkeiendom

35.5.1

Kunswerke

Byeenkomplekke moet ʼn gevoel van eerbied vir Jesus Christus weerspieël en getuig van lede se geloof in Hom. Kunswerke wat Jesus Christus uitbeeld, moet in voorportaal-areas in die byeenkomplek geplaas word om hierdie sentrale geloof te help toon.

35.5.2

Gebruike van Geboue Wat Nie Toegelaat Word Nie

35.5.2.1

Kommersiële Gebruik

Kerkeiendom mag nie vir kommersiële doeleindes gebruik word nie. Dit mag byvoorbeeld nie gebruik word om enige soort besigheid te ondersteun nie. So ʼn gebruik strook nie met die doeleindes van Kerk-eiendomme nie. Dit kan ook strydig wees met plaaslike of nasionale wette wat belastingvrystelling van Kerkeiendom toelaat.

Sprekers of opleiers wat deelnemers werf, kliënte lok, of wat ʼn fooi betaal word vir die aanbied van seminare, lesse (met die uitsondering van privaat klavier- of orrelopleiding; sien 19.7.2), oefenklasse en ander aktiwiteite word nie goedgekeur nie.

35.5.2.2

Politieke Doeleindes

Kerkeiendom mag nie vir politieke doeleindes gebruik word nie. Dit sluit die hou van politieke vergaderings of veldtogte in. Die kerk is polities neutraal (sien 38.8.30).

35.5.2.3

Ander Gebruike

Ander gebruike van Kerkeiendom wat nie toegelaat word nie, sluit in:

  • Die hou van georganiseerde sport of ander geleenthede wat nie deur die Kerk geborg word nie. Gemeenskapskore en siviele huwelike kan uitsonderings wees (sien 38.3.4 oor siviele huwelike).

  • Toelating van oornag verblyf (behalwe in noodgevalle; sien 35.5.4).

  • Kampering of ander aktiwiteite wat oornag slaap insluit.

Die volgende gebruike word gewoonlik nie goedgekeur nie. Plaaslike leiers kontak die fasiliteitsbestuurder indien hulle voel ʼn uitsondering is nodig.

  • Die huur of bruikhuur van Kerkgeboue en -eiendomme

  • Die gebruik van eiendomme vir politieke kiesersregistrasie of as stemlokale; ʼn uitsondering kan gemaak word op versoek van regeringsamptenare wanneer daar nie ʼn redelike alternatief is nie en die gebeurtenis nie die beeld of neutrale posisie van die Kerk sal benadeel nie (sien 38.8.30)

35.5.4

Noodgevalle

Tydens ʼn noodgeval besluit die penpresident of hy wyks- en penvergaderings moet hou. Hy kan ook toelaat dat geboue en Kerkeiendom deur ramphulpagentskappe en vir gepaardgaande pogings gebruik word.

35.5.10

Foto’s en Video-opnames tydens Nagmaaldiens

Nagmaaldienste is heilig. Om hierdie rede word die neem van foto’s of opname van nagmaaldienste nie toegelaat nie.

Vir inligting oor die uitsaai of stroom van nagmaaldienste en ander vergaderings, sien 29.7.