Primêre Organisasie
Verantwoordelikhede


Beeld
vrou wat kinders onderrig

My Roeping as ʼn Primêre Organisasie-onderwyser

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.

Doel van die Primêre Organisasie

Die Primêre Organisasie help kinders om hulle Hemelse Vader se liefde te voel; te leer van sy plan van geluk; die evangelie van Jesus Christus uit te leef; en die invloed van die Heilige Gees te voel, te herken en daarop te handel. Die Primêre Organisasie bied ook ʼn geleentheid vir kinders om vir heilige verbonde voor te berei, te sluit en te onderhou terwyl hulle deelneem aan God se verlossingswerk en verheffing. (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 12.1.)

Primêre Organisasie-onderwyser

Om God se kinders te onderrig is ʼn heilige voorreg. Primêre Organisasie-onderwysers word geroep om kinders van spesifieke ouderdomsgroepe te onderrig en te dien (sien 12.3.5). Hulle bestudeer die evangelie en deel met die kinders wat hulle leer. Onderwysers moedig kinders en hul families aan om die evangelie tuis te leer. Hulle nooi kinders uit om by die kerk te deel wat hulle tuis leer (sien 12.2.1.2).

Sondagklas

Primêre Organisasie-onderwysers onderrig uit Come, Follow Me. Hulle volg die beginsels in Teaching in the Savior’s Way en hoofstuk 17 van die Algemene Handleiding. Wanneer volwassenes kinders in Kerklike omgewings onderrig, moet ten minste twee verantwoordelike volwassenes teenwoordig wees (sien 12.3.5).

Riglyne en Beleide

Alle volwassenes wat met kinders of jeugdiges werk moet die Kinder- en Jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi (ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org). Riglyne en beleide rakende kinders met gestremdhede, veiligheidsbehoeftes, die Kinder- en Jeugprogram, en meer kan gevind word in afdeling 12.5 van die Algemene Handleiding.

Druk