Ouderlingskworum
Verantwoordelikhede


Beeld
groep manne wat saam sit

My Roeping as ʼn Ouderlingskworumsekretaris

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.

Doel van die Ouderlingskworum

Die Melgisédekse Priesterskap help God se kinders om hulle voor te berei om terug te keer na sy teenwoordigheid. Lede van die ouderlingskworum werk saam om God se werk van heil en verheffing te volbring. Hulle dien ander, vervul priesterskapspligte, bou eenheid en leer en leef leerstellings uit (sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 8.1).

Ouderlingskworumsekretaris

Die ouderlingskworumpresidensie en -sekretaris vergader gereeld. Die sekretaris se verantwoordelikhede kan insluit die opstel van agendas, aantekeninge maak, opdragte opvolg, bedieningsonderhoude skeduleer, bywoningsverslae voorberei en indien, en help om ʼn begroting op te stel (sien 8.3.4).

Sondagvergaderings

Ouderlingskworums vergader op die tweede en vierde Sondag van die maand om geloof te versterk, eenheid te bou en families en tuistes te versterk. Die ouderlingskworumpresidensie kies biddend boodskappe van die mees onlangse algemene konferensie om te bespreek, gebaseer op behoeftes van die lede (sien 8.2.1.2).

Diens en Aktiwiteite

Ouderlingskworumpresidensies kan aktiwiteite beplan om kworumlede te versterk en hulle geleenthede te bied om saam te dien (sien 8.2.1.3).

Druk