Skrifture
Leer en Verbonde 114


Afdeling 114

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Far West, Missouri, 11Ā April 1838.

1ā€“2, Kerkampte wat gehou word deur diegene wat nie getrou is nie, sal aan ander gegee word.

1 Voorwaar, so sĆŖ die Here: Dit is wysheid in my dienskneg DavidĀ W. Patten dat hy al sy sake afhandel so gou as hy moontlik kan, en ontslae raak van sy handelsware, sodat hy die volgende lente ā€™n sending vir My kan vervul, in die geselskap van andere, en wel twaalf, insluitende homself, om te getuig van my Naam en blye tydings uitdra na die hele wĆŖreld.

2 Want voorwaar, so sĆŖ die Here, dat in soverre daar diegene onder julle is wat my Naam loĆ«n, sal ander in hulle plek geplant word en hulle bisdom ontvang. Amen.