Afdeling 53
Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Algernon Sidney Gilbert, te Kirtland, Ohio, 8Ā Junie 1831. Op Sidney Gilbert se versoek, het die Profeet navraag gedoen by die Here aangaande Broer Gilbert se werk en aanstelling in die Kerk.
1ā3, Sidney Gilbert se roeping en verkiesing in die Kerk is om geordineer te word as ān ouderling; 4ā7, Hy moet ook dien as ān biskop se agent.
1 Kyk, Ek sĆŖ vir jou, my dienskneg Sidney Gilbert, dat Ek jou gebede gehoor het; en jy het my aangeroep dat dit aan jou bekendgemaak moet word, deur die Here jou God, aangaande jou roeping en verkiesing in die kerk, wat Ek, die Here, gevestig het in hierdie die laaste dae.
2 Kyk, Ek, die Here, wat gekruisig is vir die sondes van die wĆŖreld, gee aan jou ān gebod dat jy die wĆŖreld sal versaak.
3 Neem op jou my ordinering, naamlik diĆ© van ān ouderling, om geloof en bekering en die vergifnis van sondes te preek, volgens my woord, en die ontvangs van die Heilige Gees deur die oplegging van hande;
4 En ook om ān agent te wees vir hierdie kerk in die plek wat deur die biskop aangewys sal word, volgens gebooie wat hierna gegee sal word.
5 En verder, voorwaar, Ek sĆŖ vir jou, jy sal jou reis onderneem saam met my diensknegte Joseph Smith, Jr., en Sidney Rigdon.
6 Kyk, hierdie is die eerste ordinansies wat jy sal ontvang; en die oorblyfsel sal bekendgemaak word in ān toekomstige tyd, volgens jou arbeid in my wingerd.
7 En verder, Ek wil dat jy moet leer dat slegs hy gered word wat volhard tot die einde. Dit is so. Amen.