Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Sidney Rigdon, Parley P. Pratt, en Leman Copley, te Kirtland, Ohio, 7 Mei 1831. Leman Copley het die evangelie omhels, maar het steeds geklou aan sommige van die leringe van die Shakers [Skudders] (United Society of Believers in Christās Second Appearing [Verenigde Genootskap van Gelowiges in Christus se Tweede Verskyning]), waaraan hy voorheen behoort het. Sommige van die beginsels van die Shakers was dat Christus se Tweede Koms alreeds plaasgevind het en dat Hy verskyn het in die gedaante van ān vrou, Ann Lee. Hulle het nie doop deur water as noodsaaklik beskou nie. Hulle het die huwelik verwerp en geglo in ān lewe van algehele onthouding. Sommige Shakers het ook die eet van vleis verbied. In sy voorwoord tot hierdie openbaring verklaar Joseph Smith se geskiedenis, āOm [ān] meer volmaakte begrip te verkry aangaande die saak, het ek by die Here navraag gedoen, en die volgende ontvang.ā Die openbaring weerlĆŖ sommige van die basiese begrippe van die Shaker-groep. Die bogenoemde broers het ān afskrif van die openbaring na die Shaker-gemeenskap geneem (naby Cleveland, Ohio) en dit in sy geheel aan hulle voorgelees, maar dit is verwerp.