2014
Die Godddelike Missie van Jesus Christus: Redder en Verlosser
April 2014


Vroue Besoek Boodskap, April 2014

Die Goddelike Missie van Jesus Christus: Redder en Verlosser

Studeer hierdie materiaal biddend en streef om te weet wat om te deel. Hoe sal ‘n begrip van die lewe en missie van die Verlosser jou geloof in Hom vermeerder en diegene seën oor wie jy waak deur vroue besoek? Vir meer informasie, gaan na reliefsociety.lds.org.

Geloof, Familie, Verligting

Onder die mees beduidende van Jesus Christus se titels is Verlosser,” het Elder D. . Todd Christofferson van die kworum van die Twaalf Apostels gesê. “Verlos beteken om ʼn verpligting of skuld af te betaal. Verlos kan ook redding beteken of vrylaat deur die betaling van ʼn losprys. … Elkeen van hierdie betekenisse stel verskillende fasette voor van die wonderlike verlossing wat bereik is deur Jesus Christus en Sy versoening, ingesluit in die woorde van die woordeboek, ‘om te verlos van sonde en sy straf, soos deur’n opoffering gemaak vir die sondaar.”1

Linda K. Burton, Vroue Vereniging se algemene president het gesê: “Hemelse Vader … Het Sy Enigebore en perfekte Seun gestuur om te ly vir ons sondes, ons hartseer, en alles wat onregverdig lyk in ons individuele lewens.

“ … Een vrou wat vir jare deur beproewinge en verdriet gegaan het, het deur haar trane gesê, ‘Ek het besef dat ek soos ʼn ou 20-doller noot— gefrommel, geskeur, vuil, misbruik en geliteken is. Maar … Ek is nogsteeds die volle 20 doller werd.’ Hierdie vrou weet dat sy … genoeg waarde gehad het vir [God]om Sy Seun te stuur om vir haar individueel te versoen. Elke suster in die Kerk behoort te weet wat hierdie vrou weet.”2

Uit die Skrifture

 Nefi 2:6 Helaman 5:11–12; Moses 1:39

Uit Ons Geskiedenis

Die Nuwe Testament sluit rekeninge van vroue in wie geloof beoefen het in Jesus Christus, wat geleer en Sy onderrig gelewe het, en getuig het van Sy bediening, wonderwerke en majesteit.

Jesus het vir die vrou by die fontein gesê:

“Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat ek hom sal gee, sal in hom word ʼn fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

“Die vrou sê vir Hom, Here gee my daardie water, sodat ek nie dors kry . …

“Ek weet dat [die Messías] gekom het, … : wanneer Hy gekom het, sal Hy ons alle dinge vertel.

“Jesus sê vir haar, Dit is Ek wat met jou spreek.”

Sy “het haar waterkan laat staan” en het in die stad getuienis van Hom gelewer. Sien Johannes 4:6–30.

Notas

  1. D. Todd Christofferson, “Verlossing” Ensign of Liahona, Mei 2013, 109.

  2. Linda K. Burton, “ Is Geloof in die Versoening van Jesus Christus in ons harte geskryf?” Ensign of Liahona, Nov. 2012, 114.