Eerste Presidensie Boodskap, April 2014
ʼn Stewige Gesette Anker
ʼn Rukkie terug het ek die geleentheid gehad om op ʼn groot skip lanks die wonderlike kus van Alaska, VSA te vaar. Terwyl die kaptein voorberei het vir die skip se oornag verblyf in ʼn afgeleë ongerepte baai, het hy die lokasie en omstandighede versigtig geëvalueer, soos die volgorde van die getye, diepte van die waters en distansie van gevaarlike hindernisse. Toe hy tevrede was, laat val hy die anker sodat die skip veilig en ferm geanker bly, wat die passasiers ʼn geleentheid gee om oor die skouspelagtige skoonheid van God se skepping te verwonder.
Soos ek na die kuslyn gekyk het, het ek begin besef dat die skip besig was om amper onwaarneembaar te dryf met die geringste hoeveelheid wind en onderliggende stroom. Nietemin, die skip het ferm en konstant binne ‘n vasgestelde sirkel gebly, gedefinieer deur die lengte van die ankerlyn en die krag van die anker.
Die kaptein het nie die anker op die skip gestoor gehou, gereed om verlaag te word alleenlik as ʼn storm sou benader nie. Nee, Hy het die vaartuig geanker as ʼn voorkomende maatstaf en het die skip beskerm teen die beweging na gevaarlike waters of stadig gestrand te dryf terwyl passasiers and bemanning veilig voel.
Soos ek hierdie toneel bepeins het, het dit my by geval dat as hierdie nie ʼn geleentheid was vir ʼn gelykenis nie, het ek nooit ʼn vliegtuig gevlieg nie.
Hoekom Ons Ankers Benodig
Die doel van ʼn anker is om die skip veilig en verseker te hou by die gewenste lokasie of om te help om die skip gedurende slegte weer te beheer. Nietemin, om hierdie noodsaaklike doele te bereik, om net ʼn anker te hê is nie genoeg nie. Die anker moet solied, betroubaar, en reg gebruik word op die regte tyd en plek.
Individue en families het ook ankers nodig.
Teenspoed kan as ʼn groot storm kom om ons van koers af te blaas en dreig om ons teen die rotse te gooi. Maar partykeer is ons ook in gevaar wanneer alles veilig voorkom —die winde sag en die waters kalm is. Gegewens, ons kan in die grootse gevaar wees wanneer ons rond dryf en die beweging so effens is dat ons dit skaars agterkom.
Die Evangelie Is Ons Anker.
Ankers moet solied, sterk en uitstekend gehandhaaf word om gereed te wees wanneer nodig. Addisioneel, moet hulle geheg wees tot ʼn fondasie wat in staat is om die gewig te dra van opponerende kragte.
Natuurlik, die evangelie van Jesus Christus is so ʼn anker. Dit was voorberei deur die Skepper van die heelal vir ‘n goddelike doel en is ontwerp om veiligheid en leiding aan Sy kinders te voorsien.
Wat is die evangelie, derhalwe, behalwe God se plan om Sy kinders te verlos en om hulle terug te bring in Sy teenwoordigheid?
Om te weet dat dit die natuur van alle dinge is om te dryf, moet ons ferm ons ankers stel op die waarhied van die evangelie. Hulle moenie dit ligtelik verlaag op die sand van hoogmoed nie of skaars die oppervlak van ons oortuigings raak nie.
Hierdie maand het ons ʼn geleentheid om van God se dienaars te hoor in die algemene konferensie van die Kerk. Hul woorde, gesamentlik met die skriture en die influistering van die Gees, voorsien ʼn veilig en bestendige rotsbodem fondasie van ewige waardes en beginsels waaraan ons ons ankers kan heg, sodat ons standvastig en veilig kan bly te midde van die stryd en beproewinge van die lewe.
Die antieke profeet Heleman het geleer, “ Dit is op die rots van ons Verlosser, wie Christus is, die Seun van God, dat julle jul fondament moet bou; sodat wanneer die duiwel sy magtige winde sal uitstuur, ja, sy pyle in die warrelwind, ja, wanneer al sy hael en sy magtige storm op julle sal neerslaan, sal dit geen mag oor julle hê af te trek na die kloof van wanweë die rots waarop julle gebou is, ʼn fondament waarop, as mense daarop bou, hulle nie kan val nie (Helaman 5: 12).
Die Waarde van Stewige Gesette Ankers
Die lewe het a manier om ons ankers te toets en ons te tempteer om te dryf. Nietemin, as ons anker reg geplaas is in die rots van ons Verlosser, sal hulle hou— maak nie saak die geweld van die wind, die krag van die gety, of die hoogte van die golwe nie.
Natuurlik, is ʼn skip nie ontwerp om stilstaande in die hawe te wees nie maar eerder om die anker te lig en die see van die lewe te seil. Maar dit is ʼn gelykenis vir ʼn ander keer.
Vir nou, neem ek gemak in die wete dat die anker van die evangelie en die rots van ons Verlosser ons veilig en verseker hou.
So ʼn anker sal ons weerhou om in die gevaar en teenspoed te dryf Dit sal ons die gloriese geleentheid toelaat om die onvergelykbare skoonheid van die steeds wisselende en sublieme natuurskoon van die lewe te geniet.
Die lewe is pragtig en die moeite werd. Wind, storm, en heersende strome mag ons tempteer om in sigbare of onsigbare gevaar te dryf, maar die boodskap van die evangelie en sy goddelike krag sal ons op die pad terug na die veilige hawe van ons Hemelse Vader hou.
Laat ons dus, nie net luister na die praatjies van die April algemene konferensie nie, maar ook hul boodskappe toepas as ʼn stewige gesette anker in ons daaglikse lewe.
Mag God ons seën en ly in hierdie beduidende en noodsaaklike poging!
© 2014 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6//13. Vertalings goedkeuring: 6/13. Vertaling van First Presidency Message, April 2014. Afrikaans. 10864 501