Eerste Presidentskap Boodskap, Mei 2016
Keuses
Mag ons altyd die moeiliker, regte keuse maak as die makliker, verkeerde keuse.
Broers en susters, voordat ek my formele boodskap vandag begin, wil ek graag vier nuwe tempels aankondig, wat in die komende maande en jare, in die volgende liggings opgerig gaan word: Quito, Ecuador; Harare, Zimbabwe, Belém, Brazilië; en ʼn tweede tempel in Lima, Peru.
Toe ek in 1963 ʼn lid van die Kworum van die Twaalf Apostels geword het, was daar twaalf werkende tempels in die hele Kerk gewees. Met die inwyding van die Provo City Center Tempel twee weke gelede, is daar nou 150 werkende tempels deur die wêreld. Ons is ewig dankbaar vir die seëninge wat ons in hierdie heilige huise ontvang.
En nou, my broers en susters, wil ek my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid om ʼn paar gedagtes met julle te deel.
Ek het die afgelope tydjie oor keuses gedink. Dit is al gesê dat die deur van geskiedenis op klein skarniere draai, en so ook mense se lewens. Die keuses wat ons maak bepaal ons uiteindelike bestemming.
Toe ons die vooraardse lewe met die verganklike verruil het, het ons die gawe van agentskap saam met ons gebring. Ons doelwit is om die selestiale glorie te beërwe, en die keuses wat ons hier maak, bepaal grotendeels, of ons ons doel gaan bereik, of nie.
Meeste van julle is vertroud met Alice in Lewis Carroll se novelle Alice’s Adventures in Wonderland. Julle sal onthou dat sy by ʼn kruispad kom met twee paaie wat voor haar lê, elkeen strek voor haar uit, maar in teenoorgestelderigtings. Soos wat sy nadink oor watter pad om te neem, word sy deur die Cheshire Kat gekonfronteer, aan wie sy die vraag stel, “Watter pad moet ek neem?”
Die kat antwoord haar, “Dit hang af waarheen jy wil gaan. As jy nie weet waarheen jy wil gaan nie, maak dit nie saak watter pad jy volg nie.”1
Anders as Alice, weet ons waarheen ons wil gaan, en dat dit saak maak watter pad ons volg, want die pad wat ons in hierdie lewe volg, sal ons uiteindelik tot ons bestemming in die lewe hierna, lei.
Mag ons kies om binne onsself ʼn groot en magtige geloof op te bou wat ons mees effektiewe verdediging sal wees teen die oogmerke van die teenstander—ʼn ware geloof, die tipe geloof wat ons sal onderhou en ons begeerte om reg te kies, sal ondersteun. Sonder hierdie tipe geloof kan ons nêrens gaan nie. Met dit, kan ons al ons doelwitte bereik.
Alhoewel dit noodsaaklik is dat ons reg sal kies, sal daar tye wees wanneer ons dwase besluite sal neem. Die gawe van bekering, deur die Verlosser verskaf, stel ons in staat om ons gedragslyn reg te stel, wat ons sal help om weer terug te keer na daardie pad wat ons na die selestiale glorie sal lei waarna ons soek.
Mag ons moed hou om die eenstemmigheid te trotseer. Mag ons altyd die moeiliker, regte keuse maak, as die makliker, verkeerde keuse.
Soos ons nadink oor ons besluite elke dag—of ons nou die of daai besluit maak—solank ons Christus kies, het ons die regte keuse gemaak.
Dat dit ewig so sal wees is my innige en nederige gebed in die naam van Jesus Christus, ons Here en Verlosser, amen.
© 2016 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6//15. Vertalings goedkeuring: 6/15 Vertaling van First Presidency Message, May 2016. Afrikaans. 12865 501.