2016
Hy Sal Jou Op Sy Skouers Tel en Jou Huis Toe Dra
Mei 2016


Vroue Besoek Boodskap, Mei 2016

Hy Sal Jou Op Sy Skouers Tel en Jou Huis Toe Dra

Net soos die Goeie Herder Sy verlore skape vind, as jy net jou hart sal oplig na die Redder van die wêreld, sal Hy jou vind.

Een van my spokende herinneringe van my kinderjare, begin met Lugaanval sirenes wat in die verte loei en my uit my slaap ruk. Kort voor lank, nog ʼn geluid, die dreun van skroewe, wat mettertyd harder word totdat dit die lug skud. Goed voorberei deur ons moeder, het elke kind sy sak gegryp en die heuwel uitgehardloop na die bom skuiling toe. Soos ons deur die pikswart nag hardloop, val groen en wit fakkels uit die lig om die teikens vir die bombardiers aan te dui. Snaaks genoeg, almal verwys na hierdie fakkels as kers bome.

Ek is vier jaar oud, en getuie van ʼn wêreld oorlog.

Dresden

Nie vêr van waar ons familie gewoon het, was die stad van Dresden. Diegene wat daar gewoon het, het seersekerlik ʼn duisend keer meer as ek ondervind. Massiewe vuurstorms, wat deur duisende tonne plofstowwe veroorsaak was, het deur Dresden gewoed, en meer as 90 persent van die stad verpletter en niks meer as rommel en as agtergelaat nie.

Binne ʼn kort tydjie het die stad, wat eens as die “Skatkis” geheet het, nie meer bestaan nie. Erich Kästner, ʼn Duitse skrywer, het geskryf aangaande die verwoesting, “In ʼn duisend jaar was haar prag gebou, en in een aand uiters verwoes.”1 Gedurende my kinder jare, kon ek nie dink hoe die verwoesting wat deur my eie mense veroorsaak is, ooit oorkom sou word nie. Die wêreld om ons het totaal en al hopeloos en sonder enige toekoms geblyk.

Verlede jaar het ek die geleentheid gehad om terug te keer na Dresden. Sewentig jaar na die oorlog, is dit weer ʼn “Skatkis” van ʼn stad. Die rommel is verwyder, en die stad gerestoureer en selfs verbeter.

Gedurende my besoek het ek die pragtige Lutereinse kerk Frauenkirche, die Kerk van Ons Dame, gesien. Dit was oorspronklik in die 1700s gebou, en was een van Dresden se blink juwele, maar die oorlog het dit tot ʼn hoop rommel verminder. Vir menigte jare het dit so gebly, totdat daar uiteindelik besluit is om die kerk te herbou.

Klippe van die verwoeste kerk is gestoor, en gekataliseer, en waar moontlik, is dit in die restourasie gebruik. Vandag kan hierdie swart stene wat deur die vuur verkleur is nog in die buitenste mure gesien word. Hierdie “letsels” is nie net ʼn herinnering aan die oorlog nie, maar ʼn monument van hoop—ʼn manjifieke simbool van die mensdom se vermoeë om nuwe lewe uit die as op te bou.

Soos ek die geskiedenis van Dresden bepeins het, en verbaas was deur die deursettings vermoeë van diegene wat, dit wat so totaal verwoes was, herbou het, het ek die soete invloed van die Heilige Gees aangevoel. Sekerlik, het ek gedink, as die mensdom hierdie rommel en die oorblyfsels van ʼn gebroke stad kan neem, en ʼn asemrowende struktuur kan herbou wat tot die hemel toorn, hoeveel te meer kan ons Almagtige Vader Sy kinders restoureer, wie geval het, gestruikel het, of verlore gegaan het?

Dit maak nie saak hoe verwoes ons lewens mag blyk nie. Dit maak nie saak hoe rooi ons sondes, hoe diep ons bitternis, hoe eensaam, verlate, of gebroke ons harte mag wees nie. Tot hulle wat sonder hoop is, wat in wanhoop lewe, wat vertroue gebreek het, hul integriteit agter gelaat het, of van God af weg gekeer het, kan herbou word. Behalwe vir die rare seuns van die verderf, is daar geen lewe wat so gebroke is, dat dit nie herbou kan word nie.

Die wonderlike nuus van die evangelie is die: as gevolg van die ewige plan van geluk wat deur ons liefdevolle Hemelse Vader verskaf is, en deur die oneindige opoffering van Jesus Christus, kan ons nie net verlos word van ons gevalle status nie, maar herstel word tot ons reine staat, maar ons kan ook bo ons aardse gedagtes toorn om erfgename van die ewige lewe te word en deelgenote te wees in God se onnoembare glorie.

Die Gelykenis van die Verlore Skaap

Gedurende die Redder se bediening, het die godsdienstige leiers misnoeë uitgespreek omdat Jesus tyd spandeer het, met mense wat hulle as “sondaars” geklassifiseer het.

Miskien het dit vir hulle gelyk asof Hy hulle verdra het, of hulle sondige gedrag oorgesien het. Miskien het hulle geglo dat die beste manier om sondaars te help om te bekeer, was om hulle te veroordeel, te spot en skaam te laat voel.

Toe Jesus besef het wat die Fariseërs en skrifgeleerdes gedink het, het Hy die volgende storie vertel:

“Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?

“En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.”2

Deur die eeue, is hierdie gelykenis tradisioneel verstaan as ʼn roepe tot aksie vir ons om die verlore skape terug te bring en om uit te reik na die wat verlore is. Terwyl dit sekerlik geskik en goed is, wonder ek of daar nie meer daar agter skuil nie.

Is dit moontlik dat Jesus se doel, ondermeer was, om ons aangaande die werk van die Goeie Herder te leer?

Is dit moontlik dat Hy aangaande God se liefde vir Sy eiewyse kinders getyg het?

Is dit moontlik dat die Redder se boodskap was, dat God ten volle bewus is van diegene wat verlore is—en dat hy hulle sal vind, dat Hy na hulle toe sal uitreik, en dat Hy hulle sal red?

As dit wel so is, wat moet die skape doen om te kwalifiseer vir hierdie Goddelike hulp?

Moet die skape weet hoe om ʼn ingewikkelde sekstant te gebruik om koördinate uit te werk? Moet hulle ʼn GPS kan gebruik om hulle posisie te definieer? Moet hulle die kundigheid hê om ʼn ‘app’ te kan skep, wat omhulp kan roep? Het die skape goedkeuring van ʼn borg nodig voordat die Goeie Herder tot hulle redding kan kom?

Nee. Absoluut nie! Die skape is waardig om Goddelike hulp te ontvang, bloot omdat die Goeie Herder hulle lief het.

Vir my is die gelykenis van die verlore skaap een van die mees hoopvolste skrifgedeeltesin al die geskrifte.

Ons Redder, die Goeie Herder, ken, en is lief vir ons. Hy ken, en is lief, vir jou.

Hy weet wanneer jy verlore is, en Hy weet waar jy is. Hy ken ons smart. Jou stil smeking. Jou vrese. Jou trane.

Dit maak nie saak hoe jy verlore geraak het nie—of dit deur jou eie swak keuses was, of as gevolg van omstandighede buite jou beheer nie.

Wat saak maak is dat jy Sy kind is. Hy is lief vir jou. Hy het Sy kinders lief.

Omdat Hy jou lief het, sal Hy jou vind. Hy sal jou met blydskap op Sy skouers tel. En wanneer Hy jou huis toe bring, sal Hy aan almal sê, “Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.”3

Wat moet ons doen?

Maar, jy mag dalk dink, wat is die vang plek? Sekerlik moet ek meer doen as om net te sit en te wag om gered te word.

Terwyl ons Hemelse Vader graag wil hê dat al Sy kinders na Hom toe terugkeer, sal Hy niemand forseer om hemel toe te gaan nie.4 God sal ons nie teen ons wil red nie.

Wat moet ons doen?

Sy uitnodiging is eenvoudig:

“Bekeer julle tot My.”5

“Kom na My Toe”6

“Kom nader aan My en Ek sal nader kom aan jou.”7

Dit is hoe ons Hom wys dat ons gered wil word.

Dit vereis ʼn bietjie geloof. Maar, moet nie beswaard word nie. As jy nie dadelik geloof kan uitoefen nie, probeer hoop.

As jy nie kan sê dat jy weet dat God daar is nie, kan jy hoop dat Hy is. Jy kan begeer om te glo.8 Dit is genoeg om meë te begin.

Dan, met daardie hoop,, reik uit na Hemelse Vader. God sal Sy liefde aan jou toon, en Sy werk van redding en herforming sal begin.

Mettertyd, sal jy Sy hand in jou lewe herken. Jy sal Sy liefde aanvoel. En die begeerte om in Sy lig te wandel en in Sy weë te volg, sal met elke tree van geloof wat jy neem, toeneem.

Ons noem hierdie treë in geloof “gehoorsaamheid.”

Dit is nie deesdae ʼn gewilde woord nie. Maar gehoorsaamheid is ʼn konsep wat hoog op prys gestel word in die evangelie van Christus, want ons weet dat “deur die Versoening van Christus, die mensdom gered kan word, deur gehoorsaamheid aan die wette en verordeninge van die Evangelie.”9

Soos wat ons geloof groei, moet ons ook in gelowigheid groei. Vroeër het ek ʼn Duitse skrywer aangehaal wat gerou het oor die verwoesting van Dresden. Hy het ook die frase geskryf “Es gibt nichts Gutes, ausser: Man tut es.” Vir diegene wat nie die selestiale taal praat nie, dit word vertaal as “Daar is niks wat goed is, tensy jy dit self doen nie.”10

Ek en jy kan baie mooi praat, aangaande geestelike dinge. Ons mag ander met ons toegewyde intellektuele interpretasie van gelowige onderwerpe beïndruk. Ons mag rapsodieë skryf oor geloof en “droom van ons herehuis daar bo.”11 Maar indien ons geloof, nie ons leefwyse verander nie—as ons geloofsbeginsels nie ons daaglikse besluite verander nie—is ons geloof, indien dit nie dood is nie, beslis in ʼn haglike toestand en bestaan daar ’n ware gevaar dat ons uiteindelik kan afsterwe.12

Gehoorsaamheid is die lewensbloed van geloof. Dit is deur gehoorsaamheid dat ons lig in ons siele versamel.

Maar partykeer dink ek hulle verstaan nie gehoorsaamheid nie. Ons mag gehoorsaamheid as ʼn einde self, eerder as ʼn doel tot ʼn einde. Of ons kan die metaforiese hammer van gehoorsaamheid teen die aambeeld van die gebooie slaan in ʼn poging om ons geliefdes te vorm, deur konstante hitte en herhaaldelike gehammer, in ʼn heiliger, hemelse voorwerp.

Geen twyfel, daar is tye wanneer ons ʼn streng roepe tot bekering nodig het. Allermins is daar party wat net deur daardie roete bereik kan word.

Maar miskien is daar ʼn ander metafoor wat gebruik kan word om te verduidelik hoekom ons die gebooie onderhou. Miskien is gehoorsaamheid nie die proses van buig, draai, en hammer slae, en die aanhoudende geslaan om ons siele in iets te verander wat ons nie is nie. Instede, is dit die proses waarvolgens ons ontdek waarvan ons waarlik gemaak is.

Ons is deur die Almagtige God geskape. Hy is ons Hemelse Vader. Ons is letterlik Sy geestes kinders. Ons is geskape uit hemelse materiaal wat onskatbaar in waarde en hoogs gesuiwer is, en daarom besit ons almal in ons die kern van goddelikheid.

Nie te min, hier op die aarde word ons denke en aksies belemmer deur dit wat korrup, onheilig, en onrein is. Die stof en die vuilheid van die aarde bevlek ons siele, en maak dit dit moeilik om ons geboorte reg en doel te herken en te onthou.

Maar al hierdie dinge kan nie verander wie ons regtig is nie. Die fundamentele geaardheid van ons goddelikheid bly oor. En die oomblik wat ons kies om ons harte oor te gee aan ons geliefde Redder en ons voet op die pad van dissipelskap slaan, gebeur daar iets wonderbaarliks. Die liefde van God vul ons harte, die lig van waarheid vul ons denke, ons verloor ons begeerte om te sondig, en ons wil nie meer in donkerte wandel nie.13

Ons begin om gehoorsaamheid nie as ʼn hindernis te sien nie, maar eerder as ’n vrylatings pad, na ons goddelike bestemming toe. En mettertyd begin die die korrupsie, stof, en beperkinge van hierdie aarde weg te val. Uiteindelik word die pryslose, ewige gees van die hemelse wese binne ons, onthul, en ʼn skitterende goedheid word ons natuur.

Jy Is Waardig Om Gered Te Word

My dierbare broers en susters, my goeie vriende, ek getuig dat God ons sien soos ons waarlik is—en Hy sien ons as waardig om gered te word.

Jy mag dalk voel dat jou lewe in duie stort. Jy mag dalk gesondig het. Jy mag dalk bang, kwaad, rouend voel, of gemartel wees deur twyfel. Net soos die Goeie Herder Sy verlore skape vind, as jy net jou hart sal oplig na die Redder van die wêreld, sal Hy jou vind.

Hy sal jou red.

Hy sal jou oplig en op Sy skouers plaas.

Hy sal jou huistoe dra.

As aardse hande rommel en bouvalle in ʼn pragtige huis van aanbidding kan omskep,dan kan ons vertroue en geloof hê, dat ons liefdevolle Hemelse Vader ons kan en sal herbou. Sy plan is om ons in iets baie beter te omskep as wat ons voorheen was—baie beter as wat ons ooit kon bedink. Met elke tree van geloof op die pad na dissipelskap, groei ons in die wese van ewigdurende glorie en genot, wat ons ontwerp was om te word.

Dit is my getuienis, my seëning, en my nederige gebed in die in die heilige naam van ons Meester, in die naam van Jesus Christus, amen.