Jeug
ʼn Glimlag Kan Die Verskil Maak
President Uchtdorf identifiseer twee doelwitte wat ons vir ons aksies moet stel: Liefde vir God en liefde vir ons medemens. Maar dit is somtyds nie so maklik om andere lief te hê nie. Dwarsdeur jou lewe, mag daar dalk tye wees wanneer jy wisselwerking met andere moeilik mag vind—miskien het iemand jou seergemaak of jy vind dit dalk moeilik om met iemand te kommunikeer of om met iemand oor die weg te kom. Probeer om in hierdie oomblikke die liefde wat jy van vriende, Hemelse Vader, en Jesus Christus gevoel het, te onthou. Onthou die vreugde wat jy in daardie situasies ervaar het en verbeel jou hoe dit sou wees as almal die geleentheid gehad het om sulke liefde te voel. Onthou dat almal ʼn dogter of seun van God is en beide jou en Sy liefde verdien.
Dink aan ʼn spesifieke persoon in jou lewe wat jy moeilik vind om mee oor die weg te kom. Sluit hulle in jou gebede in en vra Hemelse Vader om jou hart oop te maak teenoor hulle. Jy sal hulle binnekort begin sien soos wat Hy hulle sien: as een van Sy kinders wat liefde verdien.
Doen iets aangenaam vir hulle nadat jy gebid het! Nooi hulle miskien uit na ʼn Jeugaand-aktiwiteit of ʼn uitstappie saam met vriende. Bied aan om hulle met ʼn huiswerkopdrag te help. Al sê jy net “hallo” en glimlag vir hulle. Die klein dingetjies kan ʼn groot verskil maak … in albei se lewens!