2017
Kolskoot!
Januarie 2017


Kinders

Kolskoot!

President Uchtdorf sê dat die lewe soos teikenskiet is. Ons moet na die belangrikste dinge mik. Die belangrikste gebooie is om God lief te hê en om andere lief te hê. As ons op hierdie twee dinge fokus, kan ons elke keer die kol tref!

Teken ʼn groot teiken op ʼn stuk papier. Laat ʼn ouer die volgende lys vir jou lees. Indien ʼn item op die lys iets is wat ons help om ons liefde aan God en andere te toon, skryf of teken dit dan in die middel van die teiken.

Deel jou speelgoed

Steel lekkergoed

Gaan kerk toe

Noem iemand ʼn slegte naam

Sê jou gebede

Gee iemand ʼn drukkie

Baklei met jou broers en susters