2017
Die Doel van die Verligtingsvereniging
Januarie 2017


Vrouebesoek-boodskap, Januarie 2017

Die Doel van die Verligtingsvereniging

Bestudeer hierdie materiaal biddend, en vra om te weet wat om mee te deel.

Geloof, Familie, Verligting

Linda K. Burton, Algemene President van die Verligtingsvereniging, het gesê dat die doel van die Verligtingsvereniging is: “om vroue voor te berei vir die seëninge van die ewige lewe”.1 Dit is deur geloof, familie, en verligting dat ons betrokke raak in ons “essensiële deel van die werk.”2

Verligtingsvereniging “is ʼn aardse en geestelike werk,” sê Carole M. Stephens, Eerste Raadgewer in die Algemene Presidentskap van die Verligtingsvereniging. “Dit is wat vroue in die Verlosser se tyd gedoen het, en dit is wat ons aanhou om te doen.”3

As ons na die Samaritaanse vrou by die put kyk, wat haar kruik agtergelaat het en gehardloop het om andere te vertel dat Jesus ʼn profeet was (sien Johannes 4:6-42), of na Fébé, wat andere dwarsdeur haar lewe met vreugde gedien het (sien Romeine 16:1-2), sien ons voorbeelde van vroue in die Verlosser se tyd wat ʼn aktiewe rol gespeel het in hul strewe om na Christus te kom. Dit is Hy wat vir ons die weg na die ewige lewe oopmaak (sien Johannes 3:16).

As ons na ons pioniersusters in Nauvoo, Illinois kyk wat in 1842 in die huis van Sarah Kimball bymekaar gekom het om hul eie organisasie te stig, kan ons God se plan sien om die Verligtingsvereniging op die been te bring en in lyn met die priesterskap. Nadat Eliza R. Snow ʼn konstitusie geskryf het, het die Profeet Joseph Smith dit nagegaan. Hy het besef dat die Kerk nie ten volle georganiseer kon wees totdat die vroue georganiseer was nie. Hy het gesê dat die Here hulle offerande aanvaar het, maar dat daar iets beters was. “Ek sal die vroue onder leiding van die priesterskap en volgens die patroon van die priesterskap organiseer,” het hy gesê.4

“Die Verligtingsvereniging was nie net nog ʼn groep vroue wat probeer het om goed te doen in die wêreld nie. Dit was anders. Dit was ‘iets beters’ want dit was onder priesterskap-gesag georganiseer. Die organisasie daarvan was ʼn noodsaaklike stap in die ontvouing van God se werk op aarde.”5

Addisionele Skrifgedeeltes en Inligting

Leer en Verbonde 25:2-3, 10; 88:73; reliefsociety.lds.org

Notas

  1. Linda K. Burton, in Sarah Jane Weaver, “Relief Society Celebrates Birthday and More March 17,” Church News, Mar. 13, 2015, news.lds.org.

  2. Linda K. Burton, in Weaver, “Relief Society Celebrates Birthday.”

  3. Carole M. Stephens, in Weaver, “Relief Society Celebrates Birthday.”

  4. Joseph Smith, in Daughters in My Kingdom: The History and Work of Relief Society (2011), 11-12.

  5. Daughters in My Kingdom, 16.

Ter Oorweging

Hoe help die Verligtingsvereniging vroue om hulle Hemelse Vader se Goddelike rol vir hulle te vervul en hulle na die ewige lewe te lei?