“Aäron Leer die Koning,” Vriend, Julie 2024, 26–27.
Maandelikse Vriend-boodskap, Julie 2024
Aäron Leer die Koning
Aäron was een van Mosia se seuns. Hy was ʼn sendeling. Hy het die koning oor die hele land van die Lamaniete, geleer.
Aäron het die koning gevra of hy in God glo. Die koning het gesê dat hy sal glo as Aäron hom vertel dat God werklik is. Hy het Aäron gevra om hom meer van God te vertel.
Aäron het die skrifture aan die koning voorgelees. Hy het oor die skepping van die aarde geleer. Hy het oor God se plan geleer. Hy het die koning van Jesus Christus vertel.
Die koning het daarna gebid. Hy het God gevra of dit waar is wat Aäron gesê het. Die koning het die antwoord ontvang dat dit waar is!
Die koning het geglo wat Aäron geleer het. Almal in sy huishouding het ook geglo. Hulle is gedoop en het gekies om Jesus Christus te volg.
© 2024 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, July 2024. Afrikaans. 19348 501