Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, September 2024
Bang vir Bekering?
Jessica Zoey Strong
Kerktydskrifte
Volgens President Russell M. Nelson, is dit hoekom jy nie moet wees nie.
Waarvoor is jy bang? Wipwaentjies (Rollercoasters)? Wiskundeklas? Probeer om Jesaja te verstaan?
Wat van bekering? As die gedagte aan bekering veroorsaak dat jy onder jou kombers wil wegkruip of te veel sjokolade eet, is hierdie artikel vir jou.
“Moet asseblief nie bang wees of uitstel om te bekeer nie,” het president Russell M. Nelson gesê. En met goeie rede. Hier is ʼn paar dinge wat bekering is en nie is nie, volgens President Nelson.
Aanvaar God se Volmaakte Geskenk
Dus, is jy gereed om die Saligmaker te vertrou om jou vrees vir bekering te oorkom? Julle sal nie spyt wees nie.
President Nelson sê: “Omdat die wêreld nodig het om gered te word, en omdat ek en jy redding nodig het, het [Hemelse Vader] vir ons ʼn Saligmaker gestuur.
“… Laat ons God se volmaakte en kosbare geskenk aanvaar. Laat ons ons laste en sondes voor die Saligmaker se voete werp en die vreugde ervaar wat uit bekering en verandering kom.”