“Nefi Bid vir die Volk,” Vriend, September 2024, 26–27.
Maandelikse Vriend-boodskap, September 2024
Nefi Bid vir die Volk
Nefi was ʼn profeet. Hy is vernoem na Nefi wat die bronsplate gekry het. Hy was bekommerd oor die volk. Hulle het opgehou om God te volg.
Nefi het na sy tuin gegaan. Hy het op ʼn toring in die tuin geklim en daar tot God gebid. Hy het vir die volk gebid.
Sommige mense het Nefi op die toring opgemerk. Hulle het gestop om te luister en het ander bymekaargemaak om te hoor. Toe Nefi klaar gebid het, het hy opgemerk dat hulle hom dopgehou het en begin toe om hulle te leer.
Nefi het die volk gevra om te bekeer. Sommige van hulle het nie gehou van wat Nefi geleer het nie. Maar baie ander het geluister! Hulle het gekies om hulle te bekeer en hulle weë verander.
© 2024 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, September 2024. Afrikaans. 19357 501