Handleidings en Roepings
6. Penleierskap


“6. Penleierskap,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“6. Penleierskap,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
leier wat met familie praat

6.

Penleierskap

6.1

Doelstellings van ʼn Pen

Jesaja het die laaste-dag Sion beskryf as ʼn tent of ʼn tabernakel wat deur penne versterk is (sien Jesaja 33:20; 54:2).

Die Here vestig penne vir “die versameling” van sy volk en “vir ʼn beskerming, en … ʼn skuiling” teen die wêreld (Leer en Verbonde 115:6).

6.2

Penpresidensie

Die penpresident hou die priesterskapsleutels om die werk van die Kerk in die pen te lei (sien 3.4.1). Hy en sy raadgewers vorm ʼn penpresidensie. Hulle sorg vir penlede met liefde en help hulle om ware volgelinge van Jesus Christus te word.

Die penpresident het vier hoofverantwoordelikhede:

  1. Hy is die presiderende hoëpriester in die pen.

  2. Hy lei die werk van heil en verheffing in die pen.

  3. Hy is ʼn algemene regter.

  4. Hy hou toesig oor rekords, finansies en eiendomme.

6.3

Verskille tussen die Gesag van Distrikspresidente en Dié van Penpresidente

In elke liddistrik word ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer as die distrikspresident geroep. Hy dien baie soos ʼn penpresident, maar met die volgende verskille:

  • Hy is nie die president van ʼn hoëpriesterskworum nie. Sulke kworums word slegs in penne georganiseer.

  • Met toestemming van die sendingpresident, kan ʼn distrikspresident ʼn onderhoud met ʼn broer voer om as ʼn ouderling verordineer te word. ʼn Distrikspresident of iemand onder sy leiding kan ook (1) ʼn broer voorstel vir onderskraging en (2) die ordinering uitvoer (sien 18.10.1.3, 18.10.3 en 18.10.4). ʼn Distrikspresident kan egter nie patriarge, hoëpriesters of biskoppe ordineer nie.

  • ʼn Distrikspresident kan takpresidente afsonder met die goedkeuring van die sendingpresident (sien 18.11).

  • Hy onthef nie voltydse sendelinge nie.

  • Hy voer nie tempelaanbevelingsonderhoude of onderteken tempelaanbevelings nie (sien 26.3.1).

  • Hy belê nie ʼn lidmaatskapsraad nie, tensy dit deur die sendingpresident gemagtig is.

6.5

Hoëraad

Die penpresidensie roep 12 hoëpriesters om die pen-hoëraad te vorm (sien Leer en Verbonde 102:1; 124:131).

6.5.1

Verteenwoordig die Penpresidensie

Die penpresidensie wys ʼn hoëraadslid aan vir elke wyk in die pen.

Die penpresidensie wys ook ʼn hoëraadslid aan vir elke ouderlingskworum in die pen.

Die penpresidensie kan hoëraadslede toewys om die volgende mense te onderrig in hul verantwoordelikhede vir tempel- en familiegeskiedeniswerk en sendelingwerk:

  • Ouderlingskworumpresidensies

  • Wyksendingleiers

  • Wykstempel- en familiegeskiedenisleiers

6.7

Penorganisasies

Die Verligtingsvereniging, Jongdames, Primêre Organisasie, Sondagskool en Jongmans-organisasies in die pen word elk deur ʼn president gelei. Hierdie presidente dien onder leiding van die penpresidensie.

Die belangrikste verantwoordelikhede van hierdie leiers is om die penpresidensie by te staan en om die presidensies van wyksorganisasies te onderrig en te ondersteun.

6.7.1

Verligtingsverenigings-, Jongdames-, Primêre Organisasie- en Sondagskoolpresidensies in die Pen

Lede van hierdie presidensies het die volgende verantwoordelikhede:

  • Dien in die penraad (slegs presidente).

  • Oriënteer nuut-geroepte wyksorganisasiepresidensies.

  • Bied volgehoue ondersteuning en opleiding. Kommunikeer gereeld met wyksorganisasiepresidente om hul behoeftes te bepaal, die behoeftes van die lede wat hulle dien te bespreek en inligting van die penpresidensie te kommunikeer.

  • Lei wyksorganisasiepresidensies op tydens penleierskapsvergaderings (sien 29.3.4).

6.7.2

Penjongmanspresidensie

Die Jongmanspresidensie van die pen het die volgende verantwoordelikhede:

  • Dien as ʼn hulpbron vir bisdomme in hul verantwoordelikhede vir Aäroniese Priesterskapsbroers.

  • Dien in die penjeugleierskapskomitee (sien 29.3.10).

  • Beplan en koördineer Aäroniese Priesterskapsaktiwiteite en -kampe onder leiding van die penpresidensie.

Druk