Handleidings en Roepings
11. Jongdames


“11. Jongdames,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“11. Jongdames,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
jongdames buite

11.

Jongdames

11.1

Doel en Organisasie

11.1.1

Doel

Die Jongdames-organisasie help jongdames om heilige verbonde te sluit en te onderhou en hul bekering tot Jesus Christus en sy evangelie te verdiep.

11.1.2

Young Women Theme [Jongdames Tema]

“Ek is ʼn geliefde dogter van hemelse ouers, met ʼn goddelike aard en ewige bestemming.

“As ʼn dissipel van Jesus Christus, streef ek daarna om soos Hy te word. Ek soek en handel volgens persoonlike openbaring en dien ander in sy heilige Naam.

“Ek sal staan as ʼn getuie van God te alle tye en in alle dinge, en op alle plekke.

“In my strewe om te kwalifiseer vir verheffing, koester ek die gawe van bekering en probeer om elke dag te verbeter. Met geloof sal ek my huis en familie versterk, heilige verbonde sluit en onderhou en die ordinansies en seëninge van die heilige tempel ontvang.”

11.1.3

Klasse

Jongdames word lede van ʼn Jongdamesklas vanaf Januarie van die jaar wat hulle 12 word.

Bisdomme en volwasse Jongdames-leiers besluit biddend hoe om klasse volgens ouderdom te organiseer. Elke klas, ongeag die grootte, moet ʼn president en waar moontlik, een of twee raadgewers en ʼn sekretaresse hê.

11.2

Deelname aan die Werk van Heil en Verheffing

11.2.1

Uitlewing van die Evangelie van Jesus Christus

11.2.1.2

Evangeliese Leer

Klasvergaderings word op die tweede en vierde Sondag van die maand gehou. Dit duur 50 minute. ʼn Lid van die klaspresidensie lei die vergadering. Sy lei die klas in die voordrag van die tema en beraadslaag saam oor opdragte en ander sake.

ʼn Klaslid of volwasse leier lei dan die evangelie onderrig.

11.2.1.3

Diens en Aktiwiteite

Diens en aktiwiteite moet getuienisse bou, families versterk, klaseenheid bevorder en geleenthede bied om ander te seën.

Sommige diensprojekte en aktiwiteite moet beide jongmans en jongdames insluit, veral vir ouer jeugdiges.

Jaarlikse Aktiwiteite. Benewens gereelde jeugaktiwiteite, kan jongdames ook elke jaar aan die volgende deelneem:

  • ʼn Jongdameskamp (sien Young Women Camp Guide).

  • ʼn Wyk of pen jeug-konferensie of ʼn For the Strength of Youth [FSY] [Vir die Krag van die Jeug]-konferensie.

11.2.1.4

Persoonlike Ontwikkeling

In hul pogings om meer soos die Saligmaker te word, word die jeug genooi om doelwitte te stel om geestelik, sosiaal, fisies en intellektueel te groei (sien Lukas 2:52).

Vir meer inligting, sien ChildrenandYouth.ChurchofJesusChrist.org.

11.2.2

Sorg vir Diegene wat Behoeftig is

Jongdames moet gereeld geleenthede hê om ander in en saam met hulle gesinne, tydens jeugaktiwiteite, en op hul eie te dien.

11.2.2.1

Bediening

Jongdames kan bedieningsopdragte vanaf Januarie van die jaar wat hulle 14 word, ontvang. Vir meer inligting, sien hoofstuk 21.

11.2.3

Nooi Almal om die Evangelie te Ontvang

Jongdames nooi almal om die evangelie te ontvang wanneer hulle “staan as getuies van God te alle tye en in alle dinge, en op alle plekke” (Mosia 18:9).

Ouers en leiers kan jongdames help voorberei om die evangelie regdeur hulle lewens te deel.

11.2.4

Verenig Families vir die Ewigheid

Jongdames kan op baie maniere help om families vir die ewigheid te verenig.

  • Eer hul ouers en stel ʼn voorbeeld van Christelike lewe in hul huis.

  • Berei voor om tempelordinansies te ontvang, insluitend ewige huwelik.

  • Identifiseer voorouers wat tempelordinansies nodig het (sien FamilySearch.org).

  • Neem deel aan doop en bevestigings vir die afgestorwenes, so dikwels as wat omstandighede dit toelaat.

11.3

Wyksjongdamesleierskap

11.3.1

Bisdom

Die biskop se vernaamste verantwoordelikheid is om vir die jongdames en jongmans in sy wyk te sorg. Hy en sy raadgewers leer hulle name en verstaan hul huisomstandighede. Hulle vergader ten minste twee keer per jaar met elke jong dame (sien 31.3.1).

Die biskop het verantwoordelikheid vir die wyk se Jongdames-organisasie. Hy vergader gereeld met die Jongdames-president.

Die biskop en sy raadgewers neem gereeld deel aan Jongdamesvergaderings, diens en aktiwiteite.

11.3.2

Volwasse Jongdamespresidensie

Die biskop roep en sonder ʼn volwasse vrou af om as die wyk se Jongdamespresident te dien. Indien die eenheid groot genoeg is, beveel sy een of twee volwasse vroue aan om as haar raadgewers geroep te word (sien hoofstuk 30).

In ʼn klein eenheid, kan die Jongdamespresident dalk die enigste geroepe volwasse leier in die Jongdames-organisasie wees. In hierdie geval werk sy saam met ouers om instruksie en aktiwiteite vir die jongdames te organiseer.

Indien ʼn wyk nie ʼn Jongdamespresident het nie, kan die Verligtingsvereniging President klasse vir die jongdames organiseer totdat ʼn Jongdamespresident geroep word.

Die Jongdamespresident het die volgende verantwoordelikhede. Haar raadgewers help haar.

  • Dien in die wyksraad.

  • Dien as ʼn lid van die wyksjeugraad (sien 29.2.6).

  • Dien individuele jongdames.

  • Leer ander Jongdamesleiers en klaspresidensies hulle verantwoordelikhede.

  • Beraadslaag met jongdames oor uitdagings wat nie die biskop vereis of mishandeling insluit nie (sien 32.3, 31.3.1 en 38.6.2).

11.3.4

Klaspresidensie en Sekretaresse

11.3.4.1

Roeping, Onderskraging en Afsondering

Elke Jongdamesklas moet ʼn klaspresidensie hê.

ʼn Lid van die bisdom roep ʼn jong dame om as ʼn klaspresident te dien. Wanneer daar genoeg jong dames is om te dien, oorweeg sy biddend klaslede om as raadgewers en ʼn sekretaresse aanbeveel te word.

Nadat hierdie roepings uitgereik is, stel ʼn lid van die bisdom die jongdames voor aan hul klas vir onderskraging. Die biskop of ʼn toegewysde raadgewer sonder die jongdames af.

11.3.4.2

Verantwoordelikhede

Klaspresidente dien in die wyksjeugraad (sien 11.3.4.4). Klaspresidensies het ook die volgende verantwoordelikhede:

  • Lei die klas se pogings om deel te neem aan die werk van heil en verheffing (sien hoofstuk 1).

  • Leer ken en dien elke jongdame, insluitend diegene wat nie klasvergaderings bywoon nie.

  • Beplan en lei Sondagklasvergaderings (sien 11.2.1.2).

  • Beplan en voer klasdiens en aktiwiteite uit (sien 11.2.1.3).

11.3.4.3

Klaspresidensie Vergadering

Jongdames-klaspresidensies vergader gereeld. Die klaspresident lei hierdie vergaderings. Die volwasse Jongdamesleiers wat toegewys is om die klaspresidensie te ondersteun, woon dit ook by.

11.3.4.4

Wyksjeugraad

Sien 29.2.6 vir meer inligting oor die wyksjeugraad.

11.6

Addisionele Riglyne en Beleide

11.6.1

Beveiliging van die Jeug

Wanneer volwassenes interaksie met jeugdiges in Kerklike omgewings het, moet daar ten minste twee verantwoordelike volwassenes teenwoordig wees. Dit mag dalk nodig wees om klasse te kombineer om dit moontlik te maak.

Alle volwassenes wat met die jeug werk, moet die kinder- en jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi (ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org).

Druk