Handleidings en Roepings
30. Roepings in die Kerk


“30. Roepings in die Kerk,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“30. Roepings in die Kerk,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
mense wat regterhande oplig

30.

Roepings in die Kerk

30.0

Inleiding

Roepings gee lede geleenthede om die vreugde te ervaar om God te dien deur sy kinders te dien (sien Mosia 2:17). Roepings help lede ook om hulle geloof te versterk en nader aan die Here te kom.

Dit is nie gepas om na spesifieke roepings in die Kerk te streef nie (sien Markus 10:42–45; Leer en Verbonde 121:34–37). Kerklede “vorder” ook nie van een roeping na ʼn ander nie. Om getrou in ʼn roeping te dien, is belangriker as wat die roeping is. Die Here eer die toewyding van almal wat in sy Kerk dien.

30.1

Bepaling van Wie om te Roep

30.1.1

Algemene Riglyne

Diegene wat in die Kerk dien, is deur God geroep (sien Hebreërs 5:4; Geloofsartikels 1:5). Leiers soek die leiding van die Gees om te bepaal wie hulle moet roep (sien ook 4.2.6). Hulle oorweeg ook:

  • Die lid se waardigheid (soos bepaal in ʼn onderhoud).

  • Gawes en vermoëns wat die lid het of kan ontwikkel om ander te seën.

  • Die lid se persoonlike omstandighede, insluitend sy of haar gesondheid en werk.

  • Die uitwerking wat die roeping op die lid se huwelik en gesin kan hê.

Lede word geseën vir die opofferings wat hulle maak om in die Kerk te dien. ʼn Roeping moet egter nie onnodige laste op individue en families plaas nie. Roepings moet dit ook nie vir lede moeilik maak om hulle werksverantwoordelikhede na te kom nie.

Oor die algemeen word elke lid geroep om net in een roeping op ʼn slag te dien, benewens dat hy of sy ʼn bedieningsbroer of -suster is.

Wanneer ʼn getroude lid ʼn roeping ontvang, sorg die leiers dat die eggenoot daarvan bewus is en die roeping ondersteun. Voordat leiers ʼn roeping aan ʼn jongman of jongdame uitreik, kry hulle die goedkeuring van sy of haar ouers of voogde.

Voordat ʼn roeping uitgereik word, gaan die biskop die persoon se lidmaatskapsrekord sorgvuldig na om seker te maak dat dit nie ʼn aantekening of formele lidmaatskapsbeperkings bevat nie.

30.1.2

Roepings vir Nuwe Lede

Geleenthede om te dien help lede om geestelik te groei.

Wyksleiers gee nuwe lede geleenthede om te dien kort ná hulle gedoop en bevestig is.

30.1.3

Roepings vir Diegene Wat Nie Lede Is Nie

Mense wat nie lede van die Kerk is nie, kan tot sekere posisies geroep word, soos orrelis, musiekdirekteur of ʼn roeping om te help met die beplanning van aktiwiteite. Hulle moet egter nie as onderwysers, as lede van ʼn kworum- of organisasiepresidensie of as Primêre Organisasie-musiekleiers geroep word nie.

30.1.4

Vertroulikheid

Roepings en ontheffings is heilig. As gevolg hiervan hou leiers inligting oor voorgestelde roepings en ontheffings vertroulik.

30.1.5

Aanbevelings en Goedkeurings van Roepings

Die Tabel van Roepings dui aan wie aanbevelings kan maak vir elke roeping en wie goedkeuring gee (sien 30.8).

Biskoppe en penpresidente oorweeg elke aanbeveling sorgvuldig en besef dat dit biddend gedoen is. Die bisdom of penpresidensie het die finale verantwoordelikheid om inspirasie te ontvang oor wie hulle moet roep.

30.2

Uitreik van ʼn Roeping

Om ʼn roeping te ontvang om te dien, moet vir ʼn lid ʼn betekenisvolle geestelike ondervinding wees.

Wanneer ʼn leier ʼn roeping uitreik, verduidelik hy dat dit van die Here kom.

Die leier kan ook:

  • Die doel, belangrikheid en verantwoordelikhede van die roeping verduidelik.

  • Die persoon aanmoedig om die Gees van die Here te soek om die roeping te vervul.

  • Getuig dat die Here die lid sal help en hom of haar sal seën wanneer hulle getrou dien.

  • Vir die lid sê wie opleiding en ondersteuning vir die roeping sal voorsien.

  • Die lid vertel van enige vergaderings wat hy of sy moet bywoon en enige hulpbronne wat beskikbaar is.

30.3

Onderskraging van Lede in Roepings

Diegene wat tot die meeste Kerkposisies geroep word, moet voorgestel word vir onderskraging vóórdat hulle begin dien (sien Leer en Verbonde 28:13; 42:11).

Die persoon wat die onderskraging doen, kondig eerste aan wie van die posisie (indien van toepassing) onthef is. Hy nooi lede om ʼn dankbetuiging vir die persoon se diens te gee (sien 30.6).

Wanneer ʼn persoon vir onderskraging voorgestel word, nooi ʼn gemagtigde priesterskapsleier hom of haar om op te staan. Die leier kan woorde soos die volgende gebruik:

“[Naam] is geroep as [posisie]. Diegene wat ten gunste daarvan is om [hom of haar] te onderskraag, kan dit met die opgeligte hand wys. [Wag ʼn klein rukkie.] Diegene daarteen, indien enige, kan dit ook wys. [Wag ʼn klein rukkie.]”

As ʼn lid met goeie aansien die roeping teenstaan, vergader die presiderende leier of ʼn ander toegewysde priesterskapsleier ná die vergadering privaat met hom of haar.

30.4

Afsondering van Lede om in Roepings te Dien

Vir meer inligting, sien 18.11.

30.6

Ontheffing van Lede van Roepings

Wanneer ʼn president of biskop onthef word, word sy of haar raadgewers outomaties onthef.

Die uitreiking van ʼn ontheffing is ʼn belangrike geleentheid vir ʼn leier om dankbaarheid uit te spreek en God se hand in die diens van die lid te erken. Die leier vergader persoonlik met die lid om hom of haar van die ontheffing in kennis te stel voordat dit openbaar gemaak word. Net diegene wat nodig het om te weet, word van ʼn ontheffing in kennis gestel voordat dit aangekondig word.

ʼn Gemagtigde priesterskapsleier kondig die ontheffing in dieselfde vergadering aan waar die persoon onderskraag was. Die leier kan woorde soos die volgende gebruik:

“[Naam] is onthef as [posisie]. Diegene wat hulle dank vir [sy of haar] diens wil betuig, kan dit met die opgeligte hand wys.”

Die leier vra nie of enigiemand daarteen is nie.

30.8

Tabel van Roepings

30.8.1

Wyksroepings

Roeping

Aanbeveel deur

Goedgekeur deur

Onderskraag deur

Geroep en afgesonder deur

Roeping

Biskop

Aanbeveel deur

Penpresidensie, deur middel van LCR

Goedgekeur deur

Die Eerste Presidensie en Kworum van die Twaalf

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Penpresident nadat hy goedkeuring van die Eerste Presidensie ontvang het

Roeping

Raadgewers in die bisdom

Aanbeveel deur

Biskop

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Penpresident of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Wyksklerk

Aanbeveel deur

Bisdom

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Penpresident of ʼn aangewese raadgewer of hoëraadslid

Roeping

Wyksuitvoerende sekretaris

Aanbeveel deur

Bisdom

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Penpresident of ʼn aangewese raadgewer of hoëraadslid

Roeping

Ouderlingskworumpresident

Aanbeveel deur

Penpresidensie (in oorleg met die biskop)

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Penpresident

Roeping

Raadgewers in die ouderlingskworumpresidensie

Aanbeveel deur

Kworumpresident (in oorleg met die biskop)

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Penpresident of ʼn aangewese raadgewer of hoëraadslid

Roeping

Ander ouderlingskworumroepings

Aanbeveel deur

Kworumpresidensie

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Kworumlede

Geroep en afgesonder deur

Kworumpresident of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Wyksorganisasiepresidente

Aanbeveel deur

Bisdom

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop

Roeping

Raadgewers in wyksorganisasiepresidensies

Aanbeveel deur

Organisasiepresident

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Ander wyksverligtingsverenigingsroepings

Aanbeveel deur

Verligtingsverenigingspresidensie

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Verligtingsverenigingslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Ander wyksjongdames-, Primêre Organisasie- en Sondagskoolroepings

Aanbeveel deur

Organisasiepresidensie

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Wyksendingleier (ʼn lid van die ouderlingskworumpresidensie kan hierdie rol vervul; indien wel, hoef hy nie apart geroep, onderskraag of afgesonder te word nie)

Aanbeveel deur

Bisdom (in oorleg met die ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidente)

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Wyksendelinge

Aanbeveel deur

Bisdom of ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Wykstempel- en familiegeskiedenisleier (ʼn lid van die ouderlingskworumpresidensie kan hierdie rol vervul; indien wel, hoef hy nie apart geroep, onderskraag of afgesonder te word nie)

Aanbeveel deur

Bisdom (in oorleg met die ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidente)

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Assisente van die priesterskworumpresident

Aanbeveel deur

Biskop (as die priesterskworumpresident)

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Kworumlede

Geroep en afgesonder deur

Biskop

Roeping

Leraars en diakenskworumpresidente

Aanbeveel deur

Bisdom

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Kworumlede

Geroep en afgesonder deur

Geroep deur die biskop of ʼn aangewese raadgewer; afgesonder deur die biskop

Roeping

Raadgewers in die leraars- en diakenskworumpresidensies en kworumsekretarisse

Aanbeveel deur

Kworumpresident

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Kworumlede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Jongdamesklaspresidente

Aanbeveel deur

Bisdom (in oorleg met die Jongdamespresidensie)

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Klaslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Raadgewers in Jongdamesklaspresidensies en klassekretaresses

Aanbeveel deur

Klaspresident

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Klaslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Ander wyksroepings

Aanbeveel deur

Bisdom

Goedgekeur deur

Bisdom

Onderskraag deur

Wykslede

Geroep en afgesonder deur

Biskop of ʼn aangewese raadgewer

  1. Aktiewe verseëlers in ʼn tempel moet nie geroep word om in bisdomme te dien nie. Verseëlers word geroep onder die leiding van die President van die Kerk.

30.8.2

Takroepings

Roeping

Aanbeveel deur

Goedgekeur deur

Onderskraag deur

Geroep en afgesonder deur

Roeping

Takpresident

Aanbeveel deur

Pen-, sending- of distrikspresidensie

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad of sendingpresidensie

Onderskraag deur

Taklede

Geroep en afgesonder deur

Pen- of sendingpresident (of die distrikspresident indien toegewys)

Roeping

Raadgewers in die takpresidensie

Aanbeveel deur

Takpresident

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad of sendingpresidensie (of, wanneer gemagtig deur die sendingpresident, die distrikspresidensie)

Onderskraag deur

Taklede

Geroep en afgesonder deur

Pen-, sending- of distrikspresident of ʼn aangewese raadgewer

Roeping

Takklerk, assistentklerke en uitvoerende sekretaris

Aanbeveel deur

Takpresidensie

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad of sendingpresidensie (of, wanneer gemagtig deur die sendingpresident, die distrikspresidensie)

Onderskraag deur

Taklede

Geroep en afgesonder deur

Penpresident of ʼn aangewese raadgewer of hoëraadslid (vir takke in penne); distrikspresident of ʼn priesterskapsleier wat hy aanwys (vir takke in sendings)

Roeping

Ouderlingskworumpresident

Aanbeveel deur

Pen-, distriks- of sendingpresidensie (in oorleg met die takpresident)

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad of sendingpresidensie (of, wanneer gemagtig deur die sendingpresident, die distrikspresidensie)

Onderskraag deur

Taklede

Geroep en afgesonder deur

Pen- of sendingpresident (of die distrikspresident indien toegewys)

Roeping

Raadgewers in die ouderlingskworumpresidensie

Aanbeveel deur

Kworumpresident (in oorleg met die takpresident)

Goedgekeur deur

Penpresidensie en hoëraad of sendingpresidensie (of, wanneer gemagtig deur die sendingpresident, die distrikspresidensie)

Onderskraag deur

Taklede

Geroep en afgesonder deur

Pen- of sendingpresident of ʼn aangewese raadgewer of hoëraadslid (of die distrikspresident of ʼn ander priesterskapsleier indien aangewys)

Roeping

Ander takroepings

Aanbeveel deur

Sien 30.8.1, vervang takpresident met biskop en tak met wyk.

Goedgekeur deur

Sien 30.8.1, vervang takpresident met biskop en tak met wyk.

Onderskraag deur

Sien 30.8.1, vervang takpresident met biskop en tak met wyk.

Geroep en afgesonder deur

Sien 30.8.1, vervang takpresident met biskop en tak met wyk.

  1. Aktiewe verseëlers in ʼn tempel moet nie geroep word om in takpresidensies te dien nie. Verseëlers word geroep onder die leiding van die President van die Kerk.

Druk