Handleidings en Roepings
29. Vergaderings in die Kerk


“29. Vergaderings in die Kerk,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“29. Vergaderings in die Kerk,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
moeder en dogter tydens nagmaaldiens

29.

Vergaderings in die Kerk

29.0

Inleiding

Heiliges van die Laaste Dae vergader om te aanbid, mekaar op te bou en die evangelie te leer (sien Alma 6:6; Moroni 6:5–6). Die Saligmaker het belowe: “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde” (Matthéüs 18:20). Om saam te vergader is een manier waarop ons harte kan “verenig in eenheid en in liefde” (Mosia 18:21).

Vergaderings moet egter nooit die plek inneem van diens en bediening soos Jesus Christus gedoen het nie.

29.1

Beplanning en Lei van Vergaderings

Leiers beplan en lei vergaderings “soos hulle gelei word deur die Heilige Gees, ooreenkomstig die gebooie en openbarings van God” (Leer en Verbonde 20:45; sien ook Moroni 6:9; Leer en Verbonde 46:2). Hulle soek na maniere om die invloed van die Gees in hulle vergaderings te nooi.

Leiers sorg dat die aantal en duur van vergaderings nie vir lede of hulle families ʼn las skep nie.

29.2

Wyksvergaderings

29.2.1

Nagmaaldiens

29.2.1.1

Beplanning van Nagmaaldiens

Die bisdom beplan en lei die nagmaaldiens. Hulle sorg dat die fokus van die vergadering op die nagmaal en die opbou van geloof in Jesus Christus is.

Die nagmaaldiens duur een uur. Dit kan die volgende insluit:

  1. Musiekvoorspel (sien 19.3.2 vir riglyne).

  2. Groet en verwelkoming.

  3. Erkenning van die presiderende gesagsdraers of ander besoekende leiers.

  4. Aankondigings. Hierdie moet tot die minimum beperk word.

  5. Openingsgesang en -gebed. Sien 19.3.2 en 29.6.

  6. Wyk- en pensake, soos die volgende:

    • Onderskraging en ontheffing van leiers en onderwysers (sien 30.3 en 30.6).

    • Die voorlegging van name van broers wat tot ʼn amp in die Aäroniese Priesterskap geordineer gaan word (sien 18.10.3).

    • Verwelkoming van nuwe wykslede, insluitend onlangse bekeerlinge.

  7. Benoeming en seëning van kinders (sien 18.6). Dit word gewoonlik in ʼn vas en getuienisvergadering gedoen (sien 29.2.2).

  8. Bevestiging van nuwe bekeerlinge (sien 18.8).

  9. Nagmaalsgesang en bediening van die nagmaal. Die nagmaal is die hooffokus van die vergadering. Hierdie ordinansie is ʼn geleentheid vir lede om hulle gedagtes op die Saligmaker en sy offerande vir hulle te vestig.

    Vir meer oor die voorbereiding, seëning en bediening van die nagmaal, sien 18.9.

  10. Evangeliese boodskappe en gemeentesang of ander musiek.

  11. Slotgesang en -gebed.

  12. Musieknaspel.

29.2.1.4

Kies van Sprekers

Die bisdom kies sprekers vir die nagmaaldiens. Hulle nooi meestal wykslede, insluitende die jeug.

Sprekers getuig van Jesus Christus en onderrig sy evangelie met behulp van die skrifture (sien Leer en Verbonde 42:12; 52:9).

29.2.2

Vas en Getuienisvergadering

By ʼn vas en getuienisvergadering is daar geen aangewese sprekers of spesiale musiekkeuses nie. In plaas daarvan lewer die persoon wat die vergadering lei, ʼn kort getuienis. Dan nooi hy lede van die gemeente om hulle getuienisse te lewer. Om getuienis te lewer, beteken om evangeliewaarhede te verkondig soos geïnspireer deur die Heilige Gees.

29.2.3

Wykskonferensie

29.2.4

Bisdomvergadering

Sake om te oorweeg kan die volgende insluit:

  • Koördinering van die werk van heil en verheffing in die wyk.

  • Versterking van individue en families in die wyk—veral die jeug en kinders.

  • Identifisering van lede wat kan voorberei om ordinansies te ontvang, insluitend priesterskapsordinansies.

  • Identifisering van lede om tot wyksposisies te roep.

29.2.5

Wyksraadsvergadering

Die biskop beplan, presideer oor en lei wyksraadsvergaderings. Die raad neem nie groot besluite sonder die biskop nie.

Wyksorganisasieleiers woon wyksraadsvergaderings in twee hoedanighede by:

  1. As lede van die wyksraad wat help om alle wykslede te seën.

  2. As verteenwoordigers van hulle organisasies.

Wanneer hulle bymekaarkom, bespreek die lede van die wyksraad sake wat tot voordeel van die verenigde pogings van die hele raad kan strek. Elke raadslid word aangemoedig om sy of haar gedagtes en inspirasie oor hierdie sake te deel.

Wyksraadsvergaderings duur gewoonlik nie langer as een uur nie. Hulle begin met ʼn gebed en kort verslae oor opdragte van vorige vergaderings. Die biskop gee prioriteit aan sake wat die nodigste is om individue en families te seën.

  • Die evangelie van Jesus Christus uit te leef. Om alle lede te help om geloof op te bou, reddende ordinansies te ontvang en hulle verbonde te onderhou.

  • Te sorg vir diegene wat behoeftig is. Deel hulpbronne en vaardighede om individue, families en die gemeenskap te seën. Om wykslede te help om self-onderhoudend te word. (Sien hoofstuk 22.)

  • Almal te nooi om die evangelie te ontvang. Om die vordering te hersien van diegene wat van die evangelie leer, sowel as nuwe en terugkerende lede. Bespreek maniere waarop lede die evangelie met ander kan deel. (Sien hoofstuk 23.)

  • Families vir die ewigheid te verenig. Hersien die vordering van lede wat voorberei om tempelordinansies te ontvang. Beplan maniere om meer lede te help om te kwalifiseer vir ʼn tempelaanbeveling. Bespreek maniere waarop lede kan deelneem aan tempel- en familiegeskiedeniswerk. (Sien hoofstuk 25.)

Raadslede moet enige private of sensitiewe inligting vertroulik hou (sien 4.4.6).

29.2.6

Wyksjeugraadsvergadering

Voor elke vergadering hersien die biskop en die persoon wat die vergadering lei, die onderwerpe wat bespreek moet word.

  • Die werk van heil en verheffing.

  • Behoeftes van die jeug in die wyk en maniere om dit aan te spreek.

  • Pogings om jongmense te bereik wat minder aktief of nuwe lede is.

  • Aktiwiteite, insluitend geleenthede om diegene wat behoeftig is, te dien. Die meeste van die beplanning word in kworum- of klaspresidensievergaderings gedoen (sien hoofstuk 20).

  • Bediening (sien hoofstuk 21).

  • Oriëntering van pasgeroepte kworum- en klaspresidensies.

29.2.8

Skedules vir Sondagvergaderings

Wyke gebruik een van die volgende twee-uur skedules vir Sondagvergaderings.

Plan 1

60 minute

Nagmaaldiens

10 minute

Oorgang na klasse en vergaderings

50 minute

Alle Sondae: Primêre Organisasie, insluitend kleuterklas

Eerste en derde Sondae van die maand: Sondagskool

Tweede en vierde Sondae: priesterskapskworumvergaderings, Verligtingsverenigingvergaderings en Jongdamesvergaderings

Vyfde Sondae: vergaderings vir die jeug en volwassenes. Die bisdom bepaal die onderwerp en wys onderwysers aan.

Plan 2

50 minute

Alle Sondae: Primêre Organisasie, insluitend kleuterklas

Eerste en derde Sondae van die maand: Sondagskool

Tweede en vierde Sondae: priesterskapskworumvergaderings, Verligtingsverenigingvergaderings en Jongdamesvergaderings

Vyfde Sondae: vergaderings vir die jeug en volwassenes. Die bisdom bepaal die onderwerp en wys onderwysers aan.

10 minute

Oorgang na die nagmaaldiens

60 minute

Nagmaaldiens

29.3

Penvergaderings

29.3.1

Penkonferensie

29.3.2

Pen Algemene Priesterskapsvergadering

29.3.3

Pen Priesterskapsleierskapsvergadering

29.3.4

Penleierskapsvergaderings

29.3.5

Pen Hoëpriesterskworumvergadering

29.3.6

Penpresidensievergadering

29.3.7

Hoëraadsvergadering

29.3.8

Penraadsvergadering

29.3.9

Penvolwasseleierskapskomiteevergadering

29.3.10

Penjeugleierskapskomiteevergadering

29.3.11

Penbiskopsraadsvergadering

29.5

Begrafnisse en Ander Dienste vir die Afgestorwenes

29.5.1

Algemene Beginsels

ʼn Belangrike doel van Kerkdienste vir die afgestorwenes is om van die heilsplan te getuig, veral die Saligmaker se Versoening en Opstanding. Hierdie dienste moet waardige, geestelike ervarings wees.

Kerkleiers moet nie rituele van ander godsdienste of groepe by Kerkdienste vir afgestorwenes insluit nie.

29.5.2

Aanbied van Hulp aan die Familie

As dissipels van Jesus Christus, “treur [Kerkleiers en lede] met diegene wat treur … en troos diegene wat vertroosting nodig het” (Mosia 18:9). Wanneer ʼn lid sterf, besoek die biskop die familie om vertroosting te bied.

Die biskop bied hulp aan van wykslede, insluitend die ouderlingskworum en die Verligtingsvereniging.

29.5.4

Begrafnisdienste (Waar Gebruiklik)

ʼn Begrafnis wat deur die biskop gelei word, of dit nou in ʼn Kerkgebou of elders is, is ʼn Kerkvergadering en ʼn godsdienstige diens. Dit moet ʼn geestelike geleentheid wees.

Begrafnisdienste moet betyds begin. Dit moet oor die algemeen nie langer as 1.5 uur duur nie, uit beleefdheid teenoor diegene wat dit bywoon.

Begrafnisse word gewoonlik nie op Sondag gehou nie.

29.6

Gebede in Kerkvergaderings

Gebede by Kerkvergaderings moet kort, eenvoudig en deur die Gees gelei wees. Enige gedoopte Kerklid kan ʼn openings- of slotgebed doen. Kinders wat nie gedoop is nie mag in die Primêre Organisasie bid.

29.7

Stroom van Vergaderings en Hou van Virtuele Vergaderings

Die biskop kan, as ʼn uitsondering, ʼn lewendige stroom van nagmaaldienste en van begrafnisse en troues wat in die byeenkomplek gehou word, magtig.

ʼn Lewendige stroom van ʼn nagmaaldiens moet nie die bediening van die nagmaal insluit nie.

Vir sommige vergaderings kan die biskop of penpresident lede wat nie persoonlik kan bywoon nie, magtig om virtueel deel te neem. Hierdie vergaderings kan insluit:

  • Leierskapsvergaderings, soos presidensie- of raadsvergaderings.

  • Kworum-, Verligtingsvereniging- en Jongdamesvergaderings.

  • Sondagskoolklasse.

  • Primêre Organisasieklasse en sangtyd.

Druk