Handleidings en Roepings
28. Tempelordinansies vir die Afgestorwenes


“28. Tempelordinansies vir die Afgestorwenes,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“28. Tempelordinansies vir die Afgestorwenes,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

doopvont

28.

Tempelordinansies vir die Afgestorwenes

28.0

Inleiding

Ordinansies wat in tempels uitgevoer word, maak dit vir families moontlik om vir ewig saam te wees en ʼn volheid van vreugde in God se teenwoordigheid te ervaar.

Vir Hemelse Vader se kinders om na Hom terug te keer, moet elkeen van hulle hul bekeer, waardig word om die ordinansies van heil en verheffing te ontvang, en die verbonde wat met elke ordinansie geassosieer word, eerbiedig.

Hemelse Vader het geweet dat baie van sy kinders nie hierdie ordinansies tydens hulle sterflike lewens sou ontvang nie. Hy het vir hulle ʼn ander manier voorsien om ordinansies te ontvang en verbonde met Hom te sluit. Ordinansies kan in tempels deur plaasvervangers uitgevoer word. Dit beteken dat ʼn lewende persoon ordinansies ontvang namens iemand wat oorlede is. In die geesteswêreld kan afgestorwe persone kies om ordinansies wat vir hulle uitgevoer is, te aanvaar of te verwerp (sien Leer en Verbonde 138:19, 32–34, 58–59).

Kerklede word aangemoedig om afgestorwe familielede te identifiseer wat nie die ordinansies van heil en verheffing ontvang het nie. Lede voer dan die ordinansies namens daardie familielede uit.

As lede nie familiename vir tempelwerk voorberei het nie (sien 28.1.1), sal die name van afgestorwe persone wat ordinansies benodig, by die tempel voorsien word.

28.1

Algemene Riglyne vir die Uitvoer van Plaasvervanger Ordinansies

Vir afgestorwe persone wat ten tyde van hul dood 8 jaar of ouer was, kan plaasvervanger ordinansies namens hulle uitgevoer word. Behalwe soos aangedui in 28.3, kan plaasvervanger ordinansies vir alle afgestorwe persone uitgevoer word sodra 30 dae verloop het vanaf hul sterfdatum indien een van die volgende van toepassing is:

  • ʼn Naasbestaande van die afgestorwene (ongeskeide eggenoot, volwasse kind, ouer of broer of suster) die naam vir tempelordinansies indien.

  • Toestemming om die ordinansies uit te voer, ontvang word van ʼn naasbestaande van die oorledene (ongeskeide eggenoot, volwasse kind, ouer of broer of suster).

Indien nie een van die bogenoemde voorwaardes van toepassing is nie, kan plaasvervangende tempelordinansies uitgevoer word 110 jaar nadat die afgestorwe persoon gebore is.

28.1.1

Voorbereiding van die Name van Afgestorwe Persone vir Tempelordinansies

Waar moontlik, moet inligting wat afgestorwe familielede identifiseer, ingevoer word FamilySearch.org voordat tempelordinansies uitgevoer word (sien 25.4.2).

28.1.1.1

Indiening van die Name van Familielede

Wanneer name vir plaasvervangende tempelordinansies ingedien word, moet lede gewoonlik slegs die name indien van persone aan wie hulle verwant is.

28.1.2

Wie Mag Deelneem aan Ordinansies vir die Afgestorwenes

Alle lede wat ʼn geldige tempelaanbeveling het, mag deelneem aan die doop en bevestigings vir die dode. Begiftigde lede met ʼn geldige tempelaanbeveling mag aan alle ordinansies vir die afgestorwenes deelneem. Sien 26.3.

28.1.4

Skedulering

Lede sal moontlik ʼn afspraak moet maak voordat ordinansies vir die afgestorwenes uitgevoer word. Sien temples.ChurchofJesusChrist.org vir elke tempel se kontakinligting en skeduleringsvereistes.

28.2

Uitvoering van Tempelordinansies vir Afgestorwe Persone

By die uitvoering van plaasvervangende ordinansies mag ʼn lid slegs as plaasvervanger optree vir ʼn afgestorwe persoon wat dieselfde geboortegeslag as die lid is.

28.2.1

Dope en Bevestigings vir die Dode

Enige lid wat ʼn geldige tempelaanbeveling het, kan genooi word om in doopvonttoewysings te dien. Sommige van die toewysings kan die volgende insluit:

  • Optree as plaasvervanger vir dope en bevestigings.

  • Optree as ʼn getuie vir plaasvervangerdope.

  • Bystaan van tempelgangers.

Melgisédekse Priesterskapshouers en priesters in die Aäroniese Priesterskap kan genooi word om doop vir die dode uit te voer. Melgisédekse Priesterskapshouers kan ook genooi word om op te tree in bevestigings vir die dode.

Slegs begiftigde mans mag genooi word om:

  • Te dien as die vontverslaghouer.

  • Te dien as die bevestigingsverslaghouer.

28.2.2

Begiftiging (Insluitend Voorbereidende Ordinansies)

By die uitvoer van plaasvervanger begiftigings vir die afgestorwenes, word die voorbereidende gedeelte van die begiftiging afsonderlik uitgevoer en aangeteken (sien 27.2). Enige begiftigde lid met ʼn geldige tempelaanbeveling mag optree as ʼn plaasvervanger om hierdie ordinansies te ontvang.

28.2.3

Verseëling aan Eggenoot en Verseëling van Kinders aan Ouers

In die tempel kan afgestorwe persone verseël word aan gades met wie hulle in die lewe getroud was. Afgestorwe persone kan ook aan hul lewende of afgestorwe kinders verseël word. ʼn Begiftigde lid met ʼn geldige tempelaanbeveling mag optree as ʼn plaasvervanger vir verseëlingsordinansies.

28.3

Spesiale Omstandighede

Hierdie afdeling verduidelik omstandighede waarin sommige van die riglyne in 28.1 nie van toepassing mag wees nie.

28.3.1

Kinders Wat Gesterf het Voor Geboorte (Doodgebore en Miskraamkinders)

Tempelordinansies is nie nodig of word nie uitgevoer vir kinders wat voor geboorte sterf nie. Vir meer inligting, sien 38.7.3.

28.3.2

Kinders Wat voor Agtjarige Ouderdom Gesterf Het

Klein kindertjies word verlos deur die Versoening van Jesus Christus en “word gered in die selestiale koninkryk van die hemel” (Leer en Verbonde 137:10). Om hierdie rede word geen doop of begiftiging uitgevoer vir ʼn kind wat voor die ouderdom van 8 gesterf het nie. Verseëlings aan ouers kan egter uitgevoer word vir kinders wat nie in die verbond gebore is nie of nie daardie ordinansie in die lewe ontvang het nie (sien 18.1).