Handleidings en Roepings
12. Primêre Organisasie


“12. Primêre Organisasie,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“12. Primêre Organisasie,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
familie wat die skrifture vashou

12.

Primêre Organisasie

12.1

Doel en Organisasie

Die Primêre Organisasie is ʼn tuisgesentreerde, Kerkondersteunde organisasie. Dit is vir kinders vanaf 18 maande tot 11 jaar oud.

12.1.1

Doelstellings

Die Primêre Organisasie help kinders:

  • Om Hemelse Vader se liefde te voel en te leer van sy plan van geluk.

  • Om te leer oor Jesus Christus en sy rol in Hemelse Vader se plan.

  • Om die evangelie van Jesus Christus te leer en uit te leef.

  • Om die invloed van die Heilige Gees te voel, te herken en daarop te handel.

  • Om voor te berei om heilige verbonde te sluit en te onderhou.

  • Om deel te neem aan die werk van heil en verheffing.

12.1.3

Klasse

As daar genoeg kinders is, word hulle op grond van hul ouderdom in klasse verdeel.

Kinders vorder gewoonlik van die Primêre Organisasie na Jongdames of die diakenskworum in Januarie van die jaar wat hulle 12 word.

12.1.4

Sangtyd

Sangtyd help kinders om Hemelse Vader se liefde te voel en te leer van sy plan van geluk. Terwyl kinders oor evangeliebeginsels sing, getuig die Heilige Gees van hulle waarheid.

Die Primêre Organisasie-presidensie en musiekleier kies liedjies vir elke maand om evangeliebeginsels wat die kinders in hul klasse en tuis leer, te versterk.

12.1.5

Kleuterklas

Die kleuterklas help kinders van 18 maande tot 3 jaar om Hemelse Vader se liefde te voel en te leer van sy plan van geluk.

12.2

Deelname aan die Werk van Heil en Verheffing

12.2.1

Uitlewing van die Evangelie van Jesus Christus

12.2.1.2

Evangeliese Leer

Sondag Primêre Organisasie-vergaderings. ʼn Lid van die Primêre Organisasie-presidensie lei die opening.

Die skedule is soos volg:

Gedeelte van Vergadering

Lengte

Gedeelte van Vergadering

Opening (gebed, skriftuur of Geloofsartikel en praatjie—alles gedoen deur kinders)

Lengte

5 minute

Gedeelte van Vergadering

Sangtyd

Lengte

20 minute

Gedeelte van Vergadering

Verdaging na klasse

Lengte

5 minute

Gedeelte van Vergadering

Klasse en slotgebed

Lengte

20 minute

Die kleuterklas vir kinders vanaf 18 maande tot 3 jaar duur 50 minute. Behold Your Little Ones [Aanskou Julle Klein Kindertjies] verskaf ʼn voorgestelde skedule.

Kinders se Nagmaaldiens-aanbieding. Die jaarlikse kinders se nagmaaldiens-aanbieding word gedurende die laaste paar maande van die jaar gehou.

Die Primêre Organisasie-presidensie en musiekleier beplan die aanbieding biddend. Die bisdom gee leiding. Kinders kan sing, praatjies gee, en stories, skrifture of getuienisse deel.

Tempel- en Priesterskapsvoorbereidingsvergadering. Die Primêre Organisasie-presidensie beplan elke jaar ʼn Tempel- en Priesterskapsvoorbereidingsvergadering. Die bisdom gee leiding. Die vergadering is vir kinders wat 10 is. Ouers word genooi.

12.2.1.3

Diens en Aktiwiteite

Vanaf Januarie van die jaar wat hulle 8 word, kan kinders Primêre Organisasie-aktiwiteite begin bywoon.

Primêre Organisasie-aktiwiteite word op ander tye as Sondae of Maandagaande gehou.

  • Primêre Organisasie-aktiwiteite word twee keer per maand gehou indien moontlik.

  • Seuns en dogters vergader gewoonlik apart. Hulle kan egter kombineer vir sekere aktiwiteite of op plekke met min kinders.

Die bisdom verseker dat die begroting en aktiwiteite vir seuns en dogters in die Primêre Organisasie voldoende en billik is.

12.2.1.4

Persoonlike Ontwikkeling

In hul pogings om meer soos die Saligmaker te word, word kinders—vanaf die jaar wat hulle 8 word—uitgenooi om doelwitte te stel om geestelik, sosiaal, fisies en intellektueel te groei (sien Lukas 2:52).

Hulle kan Personal Development: Children’s Guidebook [Persoonlike Ontwikkeling: Kindergidsboek] gebruik om doelwitte te stel en aan te teken.

12.3

Wyksprimêre-organisasieleierskap

12.3.1

Bisdom

Die biskop se grootste verantwoordelikheid is vir die opkomende geslag, insluitend kinders. Die biskop kan ʼn raadgewer aanwys om te help met sy verantwoordelikheid vir die Primêre Organisasie. Die biskop of ʼn toegewysde raadgewer vergader gereeld met die Primêre Organisasie-president.

Die biskop en sy raadgewers woon gereeld die Primêre Organisasie by.

12.3.2

Primêre Organisasie-presidensie

Die biskop roep en sonder ʼn volwasse vrou af om as die wyk se Primêre Organisasie-president te dien.

In ʼn klein eenheid kan die Primêre Organisasie-president die enigste geroepte Primêre Organisasieleier wees. In hierdie geval werk sy saam met ouers om lesse, sangtyd en aktiwiteite te organiseer. As die eenheid groot genoeg is, kan bykomende roepings in hierdie volgorde gevul word: raadgewers, musiekleier, onderwysers en kleuterklasleiers, sekretaresse en aktiwiteitsleiers.

Die Primêre Organisasie-presidensie help ouers om kinders voor te berei om die verbondspad te betree en te vorder.

Om dit te bereik, kan die Primêre Organisasie-president ʼn lid van die presidensie toewys om ouers te help om hul kinders voor te berei om gedoop en bevestig te word. Die Primêre Organisasie-president kan ʼn ander lid van die presidensie toewys om ouers te help met die voorbereiding vir die tempel en die priesterskap vir hul kinders.

Die Primêre Organisasie-president het die volgende bykomende verantwoordelikhede. Haar raadgewers help haar.

  • Dien in die wyksraad.

  • Hou gereeld Primêre Organisasie-presidensie vergaderings en vergader met die biskop of sy toegewysde raadgewer.

  • Help om doopdienste vir kinders op rekord te beplan wanneer hulle gevra word (sien 18.7.2).

  • Beplan en lei die opening van Sondag Primêre-organisasievergaderings.

  • Dien individuele kinders, onderwysers en leiers in die Primêre Organisasie.

  • Leer Primêre Organisasie-leiers en onderwysers hul verantwoordelikhede en ondersteun hulle in daardie verantwoordelikhede deur hulle te oriënteer vir hul roepings (sien Teaching in the Savior’s Way [2016], 38).

  • Hou toesig oor die rekords, verslae, begroting en finansies van die Primêre Organisasie.

12.3.4

Musiekleier en Pianis

Die musiekleier en pianis leer kinders die evangelie van Jesus Christus deur musiek tydens sangtyd.

As ʼn pianis of klavier nie beskikbaar is nie, mag leiers opnames gebruik.

12.3.5

Onderwysers en Kleuterklasleiers

Die Primêre Organisasie-presidensie beveel die name aan van mans en vroue aan die bisdom om as Primêre Organisasie-onderwysers en kleuterklasleiers te dien. Hierdie lede word geroep om spesifieke ouderdomsgroepe kinders te onderrig en te dien.

Primêre Organisasie-onderwysers en kleuterklasleiers onderrig uit Come, Follow Me—For Primary [Kom Volg My—Vir Primêre Organisasie] (ouderdomme 3–11) en Behold Your Little Ones [Aanskou Julle Klein Kindertjies] (kleuterklas).

12.3.6

Aktiwiteitsleiers

Primêre Organisasie-aktiwiteitsleiers dien kinders terwyl hulle diens en aktiwiteite beplan vanaf Januarie van die jaar wat kinders 8 word (sien 12.2.1.3). Diens en aktiwiteite fokus op die werk van heil en verheffing. Dit is pret en aangenaam.

12.5

Addisionele Riglyne en Beleide

12.5.1

Beveiliging van Kinders

Wanneer volwassenes met kinders in Kerklike omgewings omgaan, moet ten minste twee verantwoordelike volwassenes teenwoordig wees.

Alle volwassenes wat met kinders of jeugdiges werk moet die kinder- en jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi (ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org).

Druk