Handleidings en Roepings
17. Onderrig van die Evangelie


“17. Onderrig van die Evangelie,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“17. Onderrig van die Evangelie,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

moeder wat seun onderrig

17.

Onderrig van die Evangelie

Ons onderrig die evangelie om mense te help om hulle geloof in Hemelse Vader en Jesus Christus te versterk.

17.1

Beginsels van Christelike Onderrig

Wanneer die evangelie onderrig word, volg ouers, onderwysers en leiers die voorbeeld van Jesus Christus wat die Meesteronderwyser is.

Leiers deel die volgende beginsels van Christelike onderrig met onderwysers in hul organisasies. Hierdie beginsels word in meer besonderhede in Teaching in the Savior’s Way verduidelik.

3:45

17.1.1

Wees Lief vir Diegene wat Jy Onderrig

Alles wat die Saligmaker doen, is ʼn uitdrukking van sy liefde (sien 2 Nefi 26:24).

3:20

17.1.2

Onderrig met die Gees

Onderwysers soek die Gees se leiding wanneer hulle voorberei en onderrig en hulle streef daarna om elke dag waardig te leef om sy invloed te ontvang.

3:47

17.1.3

Onderrig die Leer

Die onderwysers fokus op die noodsaaklike, reddingswaarhede van die evangelie wanneer hulle die Saligmaker se voorbeeld volg. Hulle onderrig deur die skrifture, die leringe van die profete van die laaste dae en goedgekeurde kurrikulummateriaal te gebruik.

3:33

17.1.4

Nooi Ywerige Leer Uit

Onderwysers moedig lede aan om verantwoordelik te wees vir hul eie studie.

17.2

Tuisgesentreerde Evangeliese Leer en Onderrig

Kerkleiers en onderwysers moedig aan en ondersteun tuisgesentreerde evangeliese leer en onderrig.

Leiers en onderwysers moedig lede aan om hul eie inspirasie te soek oor hoe om die evangelie te bestudeer en te onderrig. Hulle hoofhulpbronne moet die skrifture en algemene konferensie-boodskappe wees.

3:35

17.3

Leiers se Verantwoordelikhede

  • Stel ʼn voorbeeld deur die evangelie te leer en dit te onderrig op die Saligmaker se manier.

  • Verseker dat die onderrig in hul organisasies geloof bou en leerstellig korrek is.

  • Gee deurgaans ondersteuning aan die onderwysers in hul organisasies.

17.4

Onderwysersraadsvergaderings

Onderwysers beraadslaag saam oor beginsels van Christelike onderrig in onderwysersraadsvergaderings, Hulle beraadslaag ook oor hoe om evangeliese leer en onderrig te verbeter. Hulle gebruik Teaching in the Savior’s Way as ʼn hulpbron.

Onderwysersraadsvergaderings word kwartaalliks gedurende die 50-minute klastyd op ʼn Sondag gehou.

6:7