Handleidings en Roepings
31. Onderhoude en Ander Vergaderings met Lede


“31. Onderhoude en Ander Vergaderings met Lede,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“31. Onderhoude en Ander Vergaderings met Lede,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
mans wat hande skud

31.

Onderhoude en Ander Vergaderings met Lede

31.0

Inleiding

Jesus Christus het andere dikwels een vir een gedien (sien byvoorbeeld Johannes 4:5–26; 3 Nefi 17:21). Hy het elkeen van sy kinders lief. Hy help hulle individueel.

Hierdie hoofstuk kan alle leiers help wat geleenthede het om met individuele lede te vergader.

31.1

Riglyne

31.1.1

Berei Geestelik Voor

Berei jouself geestelik voor deur gebed, skriftuurstudie en regverdig te lewe. Luister na die influisteringe van die Heilige Gees.

31.1.2

Help die Lid om God se Liefde te Voel

Wanneer lede na jou toe kom vir ʼn onderhoud of vir hulp met ʼn persoonlike uitdaging, wat hulle dikwels die nodigste het, is om te weet dat Hemelse Vader hulle liefhet.

Die skrifture en die woorde van profete van die laaste dae nooi die Gees uit en leer suiwer leerstellings. Gebruik dit om te inspireer en aan te moedig, nie om te veroordeel, te dwing of vrees te veroorsaak nie (sien Lukas 9:56).

31.1.3

Help die Lid om van die Saligmaker se Krag te Put

Moedig lede aan om hulle tot Hom te wend. Help hulle om van sy krag te put om te versterk, te troos en te verlos.

31.1.4

Help die Lid om Gemaklik en Veilig te Voel

Gee altyd die lid die opsie om iemand anders teenwoordig te hê tydens ʼn onderhoud of vergadering. Wanneer jy met ʼn lid van die teenoorgestelde geslag, ʼn kind of ʼn jeugdige vergader, moet jy seker maak dat ʼn ouer of ʼn ander volwassene teenwoordig is. Hy of sy kan by die vergadering aansluit of buite die kamer wag, afhangende van die voorkeure van die lid met wie jy vergader.

Moenie vertroulike inligting met enigiemand—insluitend jou eggenoot of ander Kerkleiers—deel nie, tensy die lid toestemming gee.

31.1.5

Vra Geïnspireerde Vrae en Luister Aandagtig

Wanneer jy met ʼn lid vergader, vra vrae wat jou help om sy of haar situasie te verstaan.

Terwyl die lid praat, luister sorgvuldig en aandagtig.

31.1.6

Moedig Self-onderhouding Aan

As gevolg van jou liefde vir die lede, wil jy miskien onmiddellik oplossings vir hul probleme bied. Jy sal hulle egter meer seën deur hulle te help om hul eie oplossings te vind en hul eie besluite te neem (sien Leer en Verbonde 9:8).

31.1.7

Steun Pogings om te Bekeer

Slegs die biskop of penpresident kan ʼn persoon help om ernstige sondes op te los. Sommige hiervan word gelys in 32.6. As die lid enige van hierdie sondes gepleeg het, moet hy of sy dadelik met die biskop of penpresident vergader.

31.1.8

Reageer Toepaslik op Mishandeling

Mishandeling kan nie in enige vorm geduld word nie. Neem berigte van mishandeling ernstig op. As jy bewus word dat iemand mishandel is, meld die mishandeling by siviele owerhede aan en beraadslaag met die biskop. Riglyne vir aanmelding en reaksie op mishandeling word verskaf in 38.6.2.

31.2

Onderhoude

31.2.1

Doel van Onderhoude

Oor die algemeen voer Kerkleiers onderhoude met lede om vas te stel of hulle:

  • Bereid is om ʼn ordinansie te ontvang of daaraan deel te neem.

  • Geroep moet word tot ʼn posisie in die Kerk.

31.2.2

Tipes Onderhoude

Wie kan die onderhoud voer

Doel van die onderhoud

Wie kan die onderhoud voer

Slegs Biskop

Doel van die onderhoud

  • Reik ʼn tempelaanbeveling uit aan ʼn lid wat sy of haar eie begiftiging ontvang of aan ʼn eggenoot verseël word (sien 26.3.1).

  • Reik ʼn tempelaanbeveling uit aan ʼn nuwe bekeerling (sien 26.4.2).

  • Ordineer ʼn nuwe manlike bekeerling tot ʼn amp in die Aäroniese Priesterskap.

  • Ordineer ʼn jong man of ʼn man tot die amp van priester (sien 18.10.2).

  • Beveel ʼn man aan om as ouderling of hoëpriester geordineer te word (sien 31.2.6). Goedkeuring van die penpresidensie word vereis om hierdie onderhoud te voer.

  • Beveel ʼn lid aan om as ʼn voltydse sendeling te dien (sien 24.4.2).

  • Roep ʼn lid om as president van ʼn wyksorganisasie te dien.

  • Roep ʼn priester om as ʼn assistent in die priesterskapskworum te dien.

  • Help ʼn lid om te bekeer van ʼn ernstige sonde (sien hoofstuk 32).

  • Onderskryf ʼn lid om ʼn Perpetual Education Fund loan [Ewigdurende Onderwysfondslening] te ontvang, waar beskikbaar.

  • Laat ʼn lid toe om sy of haar status as ʼn tiendebetaler te verklaar (sien 34.3.1.2).

  • Magtig die gebruik van vasofferande fondse (sien 22.6.1).

Wie kan die onderhoud voer

Biskop of ʼn raadgewer wat hy toewys

Doel van die onderhoud

  • Hernu ʼn tempelaanbeveling (sien 26.3.1).

  • Reik ʼn tempelaanbeveling uit om deel te neem aan plaasvervangerdope en bevestigings (sien 26.4.3).

  • Reik ʼn tempelaanbeveling uit om aan ouers verseël te word of om die verseëling van broers en susters aan ouers by te woon (sien 26.4.4).

  • Roep ʼn lid om te dien in ʼn wyksroeping soos aangedui in 30.8.

  • Magtig die doop en bevestiging van ʼn 8-jarige wat óf ʼn lid op rekord is óf ʼn ouer of voog het wat ʼn lid van die Kerk is (sien 31.2.3.1).

  • Magtig die ordinering van ʼn jong man tot die amp van diaken of leraar (sien 18.10.2).

  • Reik ʼn Patriargale Seëning-aanbeveling uit (sien 18.17).

  • Magtig ʼn priesterskapshouer om ʼn priesterskapsordinansie in ʼn ander wyk uit te voer, as hy nie ʼn tempelaanbeveling het nie. (Sien Recommend to Perform an Ordinance form [Aanbeveling om ʼn Ordinansie uit te Voer vorm].)

31.2.3

Doop- en Bevestigingsonderhoude

31.2.3.1

Kinders wat Lede op Rekord Is

Die biskop hou die priesterskapsleutels vir die doop van 8-jarige lede op rekord in sy wyk. Om hierdie rede voer hy of ʼn toegewysde raadgewer onderhoude met die volgende persone vir die doop:

  • Kinders wat 8 is wat lede op rekord is.

  • Kinders wat 8 is wat nie lede op rekord is nie, maar wat ʼn ouer of voog het wat ʼn lid is.

  • Lede op rekord ouderdomme 9 en ouer wie se doop uitgestel is weens intellektuele gestremdhede.

In die onderhoud verseker die lid van die bisdom dat die kind die doel van die doop verstaan (sien 2 Nefi 31:5–20). Hy verseker ook dat die kind die doopverbond verstaan en daartoe verbind is om daarvolgens te leef (sien Mosia 18:8–10). Hy hoef nie ʼn spesifieke lys vrae te gebruik nie. Dit is nie ʼn onderhoud om waardigheid te bepaal nie, aangesien “klein kindertjies geen bekering nodig het nie” (Moroni 8:11).

31.2.3.2

Bekeerlinge

Die sendingpresident hou die priesterskapsleutels vir die doop van bekeerlinge. Om hierdie rede voer ʼn voltydse sendeling onderhoude met:

  • Persone 9 jaar en ouer wat nooit gedoop en bevestig is nie. Sien 31.2.3.1 vir ʼn uitsondering vir diegene met intellektuele gestremdhede.

  • Kinders van 8 jaar en ouer wie se ouers nie lede van die Kerk is nie.

  • Kinders van 8 jaar en ouer wat ʼn ouer het wat ook gedoop en bevestig word.

31.2.4

Onderhoude vir Ordinering tot ʼn Amp in die Aäroniese Priesterskap

Vir meer inligting, sien 18.10.2.

31.2.5

Tempelaanbevelingsonderhoude

Die tempel is die huis van die Here. Om die tempel binne te gaan en daar aan ordinansies deel te neem, is ʼn heilige voorreg. Hierdie voorreg is gereserveer vir diegene wat geestelik voorbereid is en daarna streef om die Here se standaarde uit te leef, soos bepaal deur gemagtigde priesterskapsleiers.

Om hierdie bepaling te maak, voer priesterskapsleiers ʼn onderhoud met die lid met behulp van die vrae in LCR (sien ook die riglyne in 26.3).

31.2.6

Onderhoude vir Ordinering tot ʼn Amp in die Melgisédekse Priesterskap

Die penpresident hou die priesterskapsleutels vir die toekenning van die Melgisédekse Priesterskap. Hy hou ook die sleutels vir die ordinering tot die ampte van ouderling en hoëpriester.

Met die goedkeuring van die penpresidensie, voer die biskop ʼn onderhoud met die lid deur gebruik te maak van die vrae in die Melchizedek Priesthood Ordination Record [Melgisédekse Priesterskapsordineringsrekord].

31.3

Ander Geleenthede vir Leiers om met Lede te Vergader

  • Lede kan vra om met ʼn Kerkleier te vergader wanneer hulle geestelike leiding nodig het of gewigtige persoonlike probleme het.

  • Die biskop of iemand wat hy toewys, vergader met lede wat fisiese behoeftes het (sien 22.6).

  • ʼn Lid van die bisdom vergader met elke 11-jarige wanneer hy of sy van die Primêre Organisasie na die diakenskworum of ʼn Jongdamesklas vorder.

31.3.1

Vergadering met die Jeug

Die biskop of een van sy raadgewers vergader twee keer per jaar met elke jeugdige. Ten minste een van hierdie vergaderings elke jaar moet met die biskop wees. Aan die begin van die jaar waarin die jeugdige 16 word, moet albei vergaderings gedurende dié jaar met die biskop wees, indien moontlik.

Die Jongdamespresident het ook ʼn verantwoordelikheid om individuele jongdames te dien. Sy kan dit doen deur een vir een met jongdames te ontmoet (of met nog ʼn volwassene teenwoordig).

31.3.1.2

Onderwerpe om te Bespreek

Die hoofdoel van vergaderings met die jeug is om geloof in Hemelse Vader en Jesus Christus te bou en die jeug te help om Hulle te volg. Hierdie vergaderings moet opbouende geestelike ervarings wees.

31.3.2

Vergaderings met Jong Enkelvolwassenes

Die biskop plaas hoë prioriteit op die geestelike vooruitgang van jong enkelvolwassenes in sy wyk. Hy of ʼn toegewysde raadgewer vergader minstens een keer per jaar met elke jong enkelvolwassene.

31.3.3

Vergadering met Lede om Hul Roepings en Verantwoordelikhede te Bespreek

Penpresidensies, bisdomme en ander leiers vergader individueel met lede wat aan hulle verslag doen oor hul roepings.

Die leier spreek dankbaarheid uit vir die lid se diens en bied aanmoediging aan.

31.3.6

Professionele Berading en Terapie

Kerkleiers word nie geroep om professionele beraders te wees of om terapie te voorsien nie. Die hulp wat hulle verleen is geestelik en fokus op die versterkende, vertroostende, verlossende krag van Jesus Christus. Benewens hierdie belangrike en geïnspireerde hulp, kan sommige lede baat vind by professionele berading waar dit beskikbaar is.

31.4

Virtuele Ontmoeting met Lede

Leiers vergader gewoonlik persoonlik met lede vir onderhoude en om geestelike hulp en bediening te bied. Hulle kan egter, by uitsondering, virtueel ontmoet wanneer dit nie prakties is om persoonlik te vergader nie.

Druk