Handleidings en Roepings
34. Finansies en Oudits


“34. Finansies en Oudits,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“34. Finansies en Oudits,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
kind wat ʼn koevert vashou

34.

Finansies en Oudits

34.0

Inleiding

Tiendes en offerandes stel die Kerk in staat om die Here se werk van heil en verheffing voort te sit (sien 1.2). Hierdie fondse is heilig. Hulle verteenwoordig die opoffering en geloof van lede van die Kerk (sien Markus 12:41–44).

34.2

Finansiële Leierskap in die Wyk

34.2.1

Bisdom

Die biskop het die volgende verantwoordelikhede vir wyksfinansies. Hy delegeer van hierdie werk aan sy raadgewers en klerke.

Die biskop:

  • Leer en inspireer lede om ʼn volle tiende te betaal en ruimhartige offergawes te gee (sien 34.3).

  • Verseker dat wyksfondse behoorlik hanteer en verantwoord word (sien 34.5).

  • Gaan die finansiële staat elke maand na en verseker dat enige probleme vinnig opgelos word.

  • Verseker dat organisasieleiers en klerke hul verantwoordelikheid vir heilige Kerkfondse leer.

  • Berei die jaarlikse wyksbegroting voor en beheer dit (sien 34.6).

  • Vergader jaarliks met wykslede om hulle tiende-verklaring te ontvang.

34.2.2

Wyksklerke

Die biskop wys die wyksklerk of ʼn assistent-wyksklerk aan om te help met die finansiële rekordhouding van die wyk. Klerke volg die huidige beleid noukeurig om Kerkfondse te beskerm en te verseker dat Kerkrekords akkuraat is.

Die klerk het die volgende verantwoordelikhede:

  • Teken enige fondse wat deur ʼn lid van die bisdom ontvang is aan en deponeer dit.

  • Gaan die finansiële staat elke maand na en verseker dat enige probleme vinnig opgelos word.

  • Help die bisdom om die jaarlikse wyksbegroting op te stel (sien 34.6.1 en 34.6.2).

  • Maak seker dat lede toegang het tot hul bydraestate en help soos nodig.

Klerke moet die Melgisédekse Priesterskap hou en ʼn geldige tempelaanbeveling hê.

34.3

Bydraes

34.3.1

Tiendes

Tiendes is die skenking van ʼn tiende van ʼn persoon se inkomste aan God se Kerk (sien Leer en Verbonde 119:3–4; aanwas word verstaan om inkomste te beteken). Alle lede wat ʼn inkomste het moet tiendes betaal.

34.3.1.2

Tiende-verklaring

Die biskop vergader met elke lid gedurende die laaste paar maande van elke jaar om sy of haar tiende-verklaring te ontvang.

Alle lede word genooi om met die biskop te vergader om:

  • Hulle status as tiende-betalers aan die biskop te verklaar.

  • Te verseker dat hulle bydraerekords akkuraat is.

Wanneer moontlik moet al die lede van die familie, insluitend kinders, saam bywoon.

34.3.2

Vasofferandes

Kerkleiers moedig lede aan om die wet van die vas uit te leef. Dit sluit in om ʼn ruimhartige vasofferande te gee (sien 22.2.2).

Riglyne vir die gebruik van vasofferande-fondse word verskaf in 22.5.2.

34.3.3

Sendelingfondse

Bydraes tot die wyksendingfonds word hoofsaaklik gebruik om die bydraeverpligtinge van voltydse sendelinge uit die wyk na te kom.

Bydraes tot die Algemene Sendingfonds word deur die Kerk in sy algemene sendingpogings gebruik.

34.3.7

Bydraes Kan Nie Terugbetaal Word Nie

Wanneer tiendes en ander offerandes aan die Kerk gegee word, behoort dit aan die Here. Dit word aan Hom gewy.

Penpresidente en biskoppe lig diegene wat tiendes en offerandes bydra in dat hierdie bydraes nie terugbetaal kan word nie.

34.4

Vertroulikheid van Tiendes en Ander Offerandes

Die bedrag ten opsigte van tiendes en ander offerandes wat deur ʼn skenker betaal word, is vertroulik. Slegs die biskop en diegene wat gemagtig is om hierdie bydraes te hanteer of te besigtig, mag toegang tot hierdie inligting hê.

34.5

Hantering van Kerkfondse

Die penpresident en biskop verseker dat alle Kerkfondse behoorlik hanteer word. Bisdomme en klerke word aangemoedig om die video “Sacred Funds, Sacred Responsibilities [Heilige Fondse, Heilige Verantwoordelikhede]” minstens een keer per jaar te hersien.

34.5.1

Metgeselbeginsel

Die metgeselbeginsel vereis dat twee persone—ʼn lid van die bisdom en ʼn klerk, of twee lede van die bisdom—aktief betrokke moet wees by die aantekening en uitbetaling van Kerkfondse.

Leiers moet hul wagwoorde beskerm en nooit deel nie (sien 33.9.1.1).

34.5.2

Ontvangs van Tiendes en Ander Offerandes

Die Here het biskoppe die heilige verpligting gegee om die tiendes en ander offerandes van die Heiliges te ontvang en te verantwoord (sien Leer en Verbonde 42:30–33; 119). Slegs die biskop en sy raadgewers mag tiendes en ander offerandes ontvang. Onder geen omstandighede mag hul vrouens, ander lede van hul gesinne, klerke of ander wykslede hierdie bydraes ontvang nie.

34.5.3

Verifiëring en Aantekening van Tiendes en Ander Offerandes

Bydraes moet geverifieer en aangeteken word op die Sondag wat dit ontvang word. ʼn Lid van die bisdom en ʼn klerk, of twee lede van die bisdom, maak elke koevert saam oop. Hulle verifieer dat die fondse wat ingesluit is, dieselfde is as die bedrag wat op die Tithing and Other Offerings form [Tiende- en Ander Offerandesvorm] geskryf is. Hulle teken elke skenking behoorlik aan. As die fondse en die skriftelike bedrag verskil, kontak hulle die skenker so gou as moontlik om die teenstrydigheid op te los.

34.5.4

Deponering van Tiendes en Ander Offerandes

ʼn Deposito moet voorberei word nadat verseker is dat die aangetekende bedrae ooreenstem met die fondse wat ontvang is.

Waar ʼn 24-uur bankdeponeringstelsel beskikbaar is, deponeer die lid van die bisdom en ʼn ander Melgisédekse Priesterskapshouer die fondse in die bank op dieselfde dag as wat die fondse oopgemaak en geverifieer is.

Waar ʼn 24-uur bankdeponeringstelsel nie beskikbaar is nie en die bank op Sondae gesluit is, wys die biskop ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer aan om die deposito die volgende werksdag te maak. Hy moet:

  • Verseker dat die fondse veilig gehou word totdat dit gedeponeer word.

  • ʼn Depositokwitansie met die datum en die bedrag van die deposito verkry.

34.5.5

Beveiliging van Kerkfondse

Lede wat vir Kerkfondse verantwoordelik is, mag dit nooit oornag in die bymekaarkomsplek laat of te eniger tyd onbewaak laat nie, soos tydens vergaderings en aktiwiteite.

34.5.7

Beheer van Pen- en Wyksbetalings

Geen pen- of wyksuitgawes mag aangegaan of betaal word sonder die presiderende beampte se magtiging nie.

Twee gemagtigde leiers moet elke betaling goedkeur. Een van hulle moet ʼn lid van die penpresidensie of bisdom wees. Alhoewel raadgewers gemagtig kan word om betalings goed te keur, moet die penpresident of biskop elke betaling nagaan. Leiers mag nie ʼn betaling aan hulself goedkeur nie.

Skriftelike goedkeuring van die penpresident is nodig voordat ʼn biskop vasofferandes mag gebruik of ʼn biskopsbestelling vir homself of sy gesin kan goedkeur. Skriftelike goedkeuring van ʼn lid van die Area Presidensie is nodig voordat ʼn biskop vasofferandes mag gebruik of ʼn biskopsbestelling vir die penpresident of sy gesin kan goedkeur. Sien 22.5.1.2 vir riglyne.

ʼn Lid wat terugbetaling versoek, verskaf ʼn fisiese of elektroniese afskrif van enige kwitansies of fakture. Hy of sy sluit ook die doel, bedrag en datum van die aankope in.

As fondse voorgeskiet word, dien die lid ʼn betalingsversoekvorm in, met inagneming van die doel, bedrag en datum. Nadat die uitgawe betaal is, verskaf die lid dan (1) kwitansies of fakture vir die fondse wat bestee is en (2) gee enige onbestede fondse terug. Terugbetaalde fondse moet herdeponeer word.

34.5.9

Finansiële Rekordhouding

Elke pen en wyk moet huidige, akkurate finansiële rekords hou.

Vir inligting oor die gebruik en behoud van rekords en verslae, moet klerke verwys na instruksies van die Kerkhoofkwartier of die areakantoor. Finansiële rekords moet vir ten minste drie jaar plus die huidige jaar gehou word.

34.6

Begroting en Uitgawes

Die begrotingstoelaagprogram voorsien algemene Kerkfondse om te betaal vir die aktiwiteite en programme van penne en wyke.

Die meeste aktiwiteite moet eenvoudig wees en min of geen kostes hê nie.

34.6.1

Pen- en Wyksbegrotings

Elke pen en wyk stel ʼn jaarlikse begroting op en beheer dit. Die penpresident beheer die penbegroting, en die biskop beheer die wyksbegroting.

Riglyne word hieronder uiteengesit:

  • Gaan die bedrae wat die vorige jaar gespandeer is na om te verseker dat herhalende uitgawes oorweeg word.

  • Vra organisasies om hul begrotingsbehoeftes in detail te skat.

  • Stel die begroting op met behulp van goedgekeurde begrotingspraktyke.

34.6.2

Begrotingstoelae

34.6.2.1

Toekenning van Begroting

Begrotingsfondse word kwartaalliks toegeken gebaseer op bywoning in die volgende kategorieë:

  • Nagmaaldiens

  • Jongmans

  • Jongdames

  • Primêre Organisasie-kinders van 7 tot 10 jaar

  • Jong enkelvolwassenes

Dit is belangrik om bywoning akkuraat en betyds te rapporteer (sien 33.5.1.1).

34.6.2.2

Toepaslike Gebruik van Begroting

Penpresidente en biskoppe sorg dat begrotingstoelae-fondse verstandig bestee word.

Pen- en wyksbegrotingsfondse moet gebruik word om vir alle aktiwiteite, programme, handleidings en voorrade te betaal.

34.6.2.3

Oortollige Begroting

Oortollige begrotingstoelae-fondse moet nie spandeer word nie. Oortollige wyksfondse moet aan die pen teruggegee word.

34.7

Oudits

34.7.1

Penouditkomitee

Die penpresident stel ʼn penouditkomitee aan. Hierdie komitee verseker dat pen- en wyksfinansies volgens Kerkbeleid hanteer word.

34.7.3

Die Finansiële Oudit

Penouditeure oudit finansiële rekords van die pen, wyke en familiegeskiedenissentrums twee keer per jaar.

Die presiderende beampte van die eenheid en die klerk wat aan finansies toegewys is, moet beskikbaar wees om vrae tydens oudits te beantwoord.

34.7.5

Verlies, Diefstal, Verduistering of Wanbesteding van Kerkfondse

Die penpresident of voorsitter van die penouditkomitee moet dadelik in kennis gestel word wanneer:

  • Kerkfondse verloor of gesteel is.

  • ʼn Leier Kerkfondse verduister of wanbestee het.

Druk