Handleidings en Roepings
37. Gespesialiseerde Penne, Wyke en Takke


“37. Gespesialiseerde Penne, Wyke en Takke,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“37. Gespesialiseerde Penne, Wyke en Takke,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
mense wat buite eet

37.

Gespesialiseerde Penne, Wyke en Takke

37.0

Inleiding

ʼn Penpresident kan die skep van gespesialiseerde penne, wyke en takke voorstel om lede te dien, soos uiteengesit in hierdie hoofstuk.

37.1

Taalwyke en -takke

ʼn Penpresident kan voorstel om ʼn taalwyk of -tak vir penlede te skep (1) wat nie die plaaslike moedertaal praat nie of (2) wat gebaretaal gebruik.

37.7

Groepe in Penne, Sendings en Areas

Groepe is klein gemagtigde byeenkomste van lede onder toesig van ʼn biskop, takpresident of sendingpresident. Die pen- of sendingpresident kan aanbeveel om ʼn groep onder die volgende omstandighede te skep:

  • Dit moeilik is vir sy potensiële lede om te reis om met ʼn wyk of tak te vergader.

  • ʼn Klein aantal lede praat ʼn taal wat verskil van dié in die wyk of tak.

  • Lede in die weermag word die beste gedien deur in ʼn groep te wees.

ʼn Groep moet ten minste twee lede hê. Een van hulle moet ʼn waardige priester in die Aäroniese Priesterskap of ʼn waardige Melgisédekse Priesterskapshouer wees.

In penne wys die penpresident ʼn biskop of takpresident aan om die groep te organiseer en toesig te hou. In sendings wys die sendingpresident ʼn takpresident aan om die groep te organiseer en toesig te hou.

Die penpresident, sendingpresident, biskop of takpresident roep ʼn groepleier en sonder hom af. Die groepleier organiseer en lei groepvergaderings wat die bediening van die nagmaal insluit.

ʼn Groepleier hou nie priesterskapsleutels nie, en hy is nie gemagtig om:

  • Tiendes en offerandes te ontvang nie.

  • Te beraadslaag met lede oor ernstige sondes nie.

  • Om informele of formele lidmaatskapsbeperkings te gee nie.

  • Ander pligte wat priesterskapsleutels vereis, uit te voer nie.

Groepe gebruik gewoonlik die Basic Unit Program [Basiese Eenheidsprogram].

Lidmaatskapsrekords van groeplede word in die wyk of tak gehou wat toesig hou oor die groep.

Die Kerkhoofkwartier ken nie ʼn eenheidsnommer aan groepe toe nie.

Druk