2. Palmyra-Manchester, New York, 1820–1831
-
Joseph Smith Snr. Houthuis Die engel Moroni het aan Joseph Smith verskyn in ’n bo-kamer van hierdie huis op 21–22 September 1823 (sien JS—G 1:29–47).
-
Joseph Smith Snr.-plaas Hierdie 40-hektaar plaas is ontwikkel deur die Smith familie van 1820 tot 1829.
-
Heilige Woud Joseph Smith Jr. se Eerse Visioen het in ’n woud op die Smith-plaas plaasgevind in die vroeë lente van 1820 (sien JS—G 1:11–20).
-
Joseph Smith Snr. Raamhuis Hierdie huis is begin in 1822 deur Alvin Smith en bewoon deur die Smith familie van 1825 tot 1829.
-
Cumora-heuwel Hier het die engel Moroni aan die Profeet Joseph Smith die goue plate op 22 September 1827 gegee (sien JS—G 1:50–54, 59).
-
Martin Harris-plaas Hierdie plaas is beswaar en ’n gedeelte is verkoop om vir die druk van die Boek van Mormon te betaal.
-
E.B. Grandin-drukkery 5,000 kopieë van die Boek van Mormon is hier gedruk 1829–1830.
-
Hathaway-stroom In hierdie stroom, dikwels die Crooked-stroom genoem deur vroeë inwoners, is sommige vroeë Kerkdope uitgevoer.