Studiehulp
JSV, 1 Korinthiërs 7


JSV, 1 Korinthiërs 7:1–2, 5, 26, 29–33, 38. Vergelyk 1 Korinthiërs 7:1–2, 5, 26, 29–38

Paulus leer dat die huwelik gewens is. Diegene geroep as sendelinge, dien God egter beter as hulle enkellopend bly gedurende hulle bediening.

1 Nou, betreffende die dinge waaroor julle aan my geskryf en gesê het, Dit is goed vir ’n man om nie aan ’n vrou te raak nie.

2 Nietemin, sê ek, om ontug te vermy, laat elke man sy eie vrou hê en laat elke vrou haar eie man hê.

5 Julle moet nie van mekaar weggaan nie, tensy dit met toestemming is vir ’n tydperk, sodat julle julself mag toewy aan vas en gebed; en kom weer bymekaar, sodat Satan julle nie mag versoek weens julle gebrek aan selfbeheersing nie.

26 Ek veronderstel derhalwe dat dit goed is vir die huidige probleme vir ’n mens om so te bly sodat hy die meer goed kan doen.

29 Maar ek spreek tot julle wat geroep is tot die bediening. Want dit sê Ek, broers, die oorblywende tyd is maar kort, dat julle uitgestuur sal word na die bediening. Selfs hulle wat vroue het, sal wees asof hulle geen gehad het nie; want julle is geroep en gekies om die Here se werk te doen.

30 En dit sal met hulle wees wat ween, asof hulle nie geween het nie; en hulle wat hulle verheug, asof hulle hul nie verheug het nie, en hulle wat koop, asof hulle nie besit nie;

31 En hulle wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie gebruik nie; want die vorm van hierdie wêreld gaan verby.

32 Maar ek hoop, broers, dat julle jul roeping verheerlik. Ek wil hê dat julle sonder sorge sal wees. Want hy wat ongetroud is, sorg vir die dinge wat aan die Here behoort, hoe hy die Here mag behaag; daarom oorwin hy.

33 Maar hy wat getroud is, sorg vir die dinge van die wêreld, hoe hy sy vrou mag behaag; daarom is daar ’n verskil, want hy word belemmer.

38 Daarom, hy wat homself in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat homself nie in die huwelik uitgee nie doen beter.

Druk