Joseph Smith-vertaling Bylae InleidingDie volgende is geselekteerde gedeeltes van die Joseph Smith-vertaling van die King James-Bybel (JSV). Die Here het die Profeet Joseph Smith geïnspireer om waarhede tot die King James-Bybelteks te herstel wat verlore geraak het sedert die oorspronklike woorde geskryf is. Hierdie herstelde waarhede het leerstellings verhelder en skriftuurlike begrip verbeter. JSV, Génesis Inhoud JSV, Génesis 1–8Hierdie teks van die Bybel is deur Joseph Smith herstel en is gepubliseer in die Pêrel van Groot Waarde as Seleksies uit die Boek van Moses. JSV, Génesis 9Na die Vloed versoek Noag die Here om nie weer die aarde te vervloek nie. JSV, Génesis 14Melgisédek seën Abram. Melgisédek se grootse bediening en die magte en seëninge van die Melgisédekse Priesterskap word beskryf. JSV, Génesis 15Abraham leer van die Opstanding en sien ’n visioen van Jesus se aardse bediening. JSV, Génesis 17Die volk is ongehoorsaam aan die evangeliese ordinansies, insluitende die doop. God verduidelik aan Abraham die verbond van die besnydenis en die ouderdom van toerekenbaarheid van kinders. JSV, Génesis 19Lot weerstaan die ongeregtigheid van Sodom, en engele beskerm hom. JSV, Génesis 21Abraham aanbid die ewigdurende God. JSV, Génesis 48Efraim en Manasse word stamme van Israel. Net soos Josef van ouds sy familie fisies gered het, sal sy nageslag Israel geestelik red in die laaste dae. JSV, Génesis 50Josef in Egipte profeteer dat Moses Israel sal bevry van Egiptiese slawerny; van ’n tak van Josef se nageslag wat gelei sal word na ’n verafgeleë land, waar hulle onthou sal word in die verbonde van die Here; van God wat sy profeet in die laaste dae, genaamd Josef, roep om die kronieke van Juda en van Josef saam te voeg; en van Aäron wat as segsman vir Moses dien. JSV, Exodus Inhoud JSV, Exodus 4Die Here is nie verantwoordelik vir Farao se hardheid van hart nie. Sien ook JSV, Exodus 7:3, 13; 9:12; 10:1, 20, 27; 11:10; 14:4, 8, 17; elke verwysing, wanneer korrek vertaal, toon dat Farao sy eie hart verhard het. JSV, Exodus 18Jetro is ’n hoëpriester. JSV, Exodus 22Moordenaars sal nie lewe nie. JSV, Exodus 32Die Here sal die Israeliete spaar wat sal bekeer. JSV, Exodus 33Geen sondige mens kan God se aangesig sien en lewe nie. JSV, Exodus 34God skryf weer die wet op tafels van klip voorberei deur Moses maar neem die Melgisédekse Priesterskap en die ordinansies daarvan weg van die kinders van Israel. Hy gee aan hulle die wet van vleeslike gebooie in plek daarvan. JSV, DeuteronómiumOp die eerste stel tafels openbaar God die ewigdurende verbond van die heilige priesterskap. JSV, 1 SamuelDie bose gees wat oor Saul kom is nie van die Here nie. JSV, 2 SamuelDawid se gruwelike sonde is nie deur God weggeneem nie. JSV, 1 KroniekeGod keer ’n engel om Jerusalem te vernietig. JSV, 2 KroniekeDie Here plaas nie ’n leuenagtige gees in die monde van profete nie. JSV, Psalms Inhoud JSV, Psalm 11In die laaste dae sal die regverdiges vlug na die berg van die Here. Wanneer die Here kom, sal Hy die bose vernietig en die regverdiges verlos. JSV, Psalm 14Die Psalmskrywer sien die verlies van die waarheid in die laaste dae en sien uit na die oprigting van Sion. JSV, Psalm 24Die Erekoning sal sy volk verlos met sy koms. JSV, Psalm 109Ons moet bid vir ons teenstanders. JSV, Jesaja Inhoud JSV, Jesaja 29Die boodskappe wat vroeër in Jerusalem gepredik is deur antieke profete, sal in die laaste dae verkondig word deur die Boek van Mormon, wat “uit die grond” voortgekom het. JSV, Jesaja 42Die Here stuur sy dienskneg om diegene te onderrig wat gekies het om die waarheid nie te sien of te hoor nie; diegene wat luister en gehoorsaam is sal vervolmaak word. JSV, JeremiaDie Here bekeer nie; die mens bekeer. JSV, AmosDie Here bekeer nie; die mens bekeer. JSV, Matthéüs Inhoud JSV, Matthéüs 3Die profete het voorspel dat Betlehem die plek van die Messias se geboorte sou wees. JSV, Matthéüs 4Jesus is deur die Gees gelei, nie deur Satan nie. JSV, Matthéüs 5Wie ook al die gebooie onderhou en ander leer om dieselfde te doen, hy sal gered word. JSV, Matthéüs 6Die Here lei ons nie in versoeking nie. JSV, Matthéüs 7Moenie onregverdig oordeel nie. JSV, Matthéüs 9Jesus verwerp die doop van die Fariseërs; dit het geen waarde omdat hulle Hom nie aanvaar nie. Hy verkondig dat Hy die een is wat die wet van Moses gegee het. JSV, Matthéüs 11Johannes die Doper is die Elías wat sou kom om die weg vir die Saligmaker voor te berei. JSV, Matthéüs 12Wie ook al teen die Heilige Gees spreek sal nie vergewe word nie. JSV, Matthéüs 13Voor die einde van die wêreld (vernietiging van die bose), sal boodskappers gestuur van die hemel die regverdiges bymekaarmaak van onder die bose. JSV, Matthéüs 16Jesus verduidelik wat dit beteken “om jou kruis op te neem”: om alle goddeloosheid en elke wêreldse lus te versaak en om sy gebooie te onderhou. JSV, Matthéüs 17Jesus leer van twee Elíasse—een om voor te berei en ’n ander om te herstel. JSV, Matthéüs 18Klein kindertjies het nie bekering nodig nie. JSV, Matthéüs 17Klein kindertjies sal gered word. JSV, Matthéüs 21Die mens moet bekeer alvorens hy in Christus kan glo. JSV, Matthéüs 23Hy wat in die hemel is, is ons Skepper. JSV, Matthéüs 26Jesus breek eers die nagmaalbrood en seën dit. Die nagmaal is ter gedagtenis aan Jesus se liggaam en bloed. JSV, Matthéüs 27Judas se dood word beskryf. JSV, Markus Inhoud JSV, Markus 2Die Seun van die Mens is Here van die Sabbat omdat Hy die Sabbatdag gemaak het. JSV, Markus 3Jesus sal alle sondaars vergewe wat bekeer behalwe diegene wat laster teen die Heilige Gees. JSV, Markus 7Jesus veroordeel diegene wat die profete verwerp en nie die wet van Moses gehoorsaam nie. JSV, Markus 8Wie ook al gewillig is om te sterf om Jesus ontwil sal heil ontvang. JSV, Markus 9Johannes die Doper is op die Berg van Transfigurasie. JSV, Markus 12God is nie ’n God van die dode nie, omdat Hy die dode vanuit hulle grafte opwek. JSV, Markus 14Jesus stel die nagmaal in ter gedagtenis van sy liggaam en bloed. JSV, Markus 16Twee engele groet die vroue by die graf van die Saligmaker. JSV, Lukas Inhoud JSV, Lukas 1Sagaría, Johannes die Doper se vader, is besig om priesterskaptake uit te voer. JSV, Lukas 2Die geleerdes in die tempel luister na Jesus en vra Hom vrae. JSV, Lukas 3Christus sal kom soos geprofeteer om heil aan Israel en die nie-Jode te bring. In die volheid van tye, sal Hy weer kom om die wêreld te oordeel. JSV, Lukas 6Jesus leer dat dit beter is om vervolging te verduur as om teen ’n vyand te stry. JSV, Lukas 9Die verkryging van wêreldse rykdom is nie die verlies van ’n mens se siel werd nie. JSV, Lukas 11Die volheid van die skrifture is die sleutel tot kennis. JSV, Lukas 12Jesus verduidelik dat lastering teen die Heilige Gees nie vergewe sal word nie. JSV, Lukas 14Diegene wat Moses en die profete ken, glo in Jesus. JSV, Lukas 16Die wet en die profete getuig van Jesus. Die Fariseërs probeer om die koninkryk te vernietig. Jesus hou die gelykenis van die ryk man en Lasarus voor. JSV, Lukas 17Die koninkryk van God het reeds gekom. JSV, Lukas 18Om op rykdomme te vertrou, verhoed ’n persoon om die koninkryk van God binne te gaan. JSV, Lukas 21Jesus praat oor sommige tekens van sy koms. JSV, Lukas 23Jesus vra vergifnis vir die Romeinse soldate wat Hom kruisig. JSV, Lukas 24Die vroue sien twee engele by Jesus se grafkelder. JSV, Johannes Inhoud JSV, Johannes 1Die evangelie van Jesus Christus was vanaf die begin gepredik. Johannes die Doper is die Elías wat die weg vir Christus voorberei, en Jesus Christus is die Elías wat alle dinge herstel en deur wie heil kom. JSV, Johannes 4Die Fariseërs wil Jesus om die lewe bring. Hy voer sommige dope uit, maar sy dissipels voer meer uit. JSV, Johannes 6Die Vader se wil is dat almal Jesus ontvang. Diegene wat die wil van Jesus doen, sal opgerig word in die opstanding van die regverdiges. JSV, Johannes 13Jesus was die voete van die Apostels om die wet van die Jode te vervul. JSV, Johahnes 14Die prins van die duisternis, of Satan, is van hierdie wêreld. JSV, Handelinge Inhoud JSV, Handelinge 9Diegene wat saam met Paulus is tydens sy bekering sien die lig, maar hulle hoor nie die stem of sien nie die Here nie. JSV, Handelinge 22Die hoofkaptein het Paulus losgemaak van sy bande. JSV, Romeine Inhoud JSV, Romeine 3Paulus leer dat ’n mens nie kwaad kan doen om die goeie tot stand te bring nie. JSV, Romeine 4Die mens kan slegs deur die genade van Jesus Christus gered word, nie deur werke wat verband hou met gehoorsaamheid aan die wet van Moses nie. JSV, Romeine 7Slegs Christus het die mag om permanent mense se siele ten goede te verander. JSV, Romeine 8Diegene wat die weë van die vlees volg, kan God nie behaag nie. JSV, Romeine 13Diegene wat burgerlike gesag eer, maak hulle eer vir God groter en meer volmaak. JSV, 1 Korinthiërs Inhoud JSV, 1 Korinthiërs 7Paulus leer dat die huwelik gewens is. Diegene geroep as sendelinge, dien God egter beter as hulle enkellopend bly gedurende hulle bediening. JSV, 1 Korinthiërs 15Daar is drie grade van heerlikheid in die Opstanding. JSV, 2 KorinthiërsPaulus raai die Heiliges aan om nie na die weë van die vlees te wandel nie. JSV, GalásiërsMoses is die middelaar van die eerste verbond of die wet. Jesus Christus is die middelaar van die nuwe verbond. JSV, EfésiërsOnregverdige toorn is sonde. JSV, KolossenseDie gebooie van die mens mag waarde hê in die onderrig van dinge soos selfdissipline, maar hulle eer nóg God nóg red die mens. JSV, 1 ThessalonicenseDaardie regverdige mense wat lewend is tydens die koms van die Here sal geen voordeel hê bó die regverdige dode nie. JSV, 2 ThessalonicenseSatan sal die afval of wegvalling veroorsaak voor die Here terugkeer. JSV, 1 Timótheüs Inhoud JSV, 1 Timótheüs 2Christus is die Eniggebore Seun en Middelaar. JSV, 1 Timótheüs 3Die Kerk is gebaseer op die sentrale beginsel dat Jesus sterflik geword het, die evangelie onderrig het, en teruggekeer het na sy Vader. Nota: Die subtiele verandering in die volgende verse beklemtoon dat die “pilaar en grondslag van die waarheid” Jesus Christus is. JSV, 1 Timótheüs 6Diegene wat die lig van onsterflikheid (die evangelie) het wat in hulle woon, kan Jesus sien. JSV, Hebreërs Inhoud JSV, Hebreërs 1Engele is dienende geeste. JSV, Hebreërs 4Diegene wat hulle harte verhard, sal nie gered word nie; diegene wat bekeer sal die Here se rus binnegaan. JSV, Hebreërs 6Die beginsels van Christus se leerstelling lei na volmaaktheid. JSV, Hebreërs 7Melgisédek was ’n priester volgens die orde van die Seun van God. Al diegene wat hierdie priesterskap ontvang, kan soos die Seun van God word. JSV, Hebreërs 11Geloof is die versekering van dinge waarop gehoop word. JSV, Jakobus Inhoud JSV, Jakobus 1Verdrukkings, nie versoekings nie, help om ons te heilig. JSV, Jakobus 2Lede behoort nie een persoon hoër te ag as ’n ander nie. JSV, 1 Petrus Inhoud JSV, 1 Petrus 3Sommige van die geeste in die gevangenis was onregverdig in die dae van Noag. JSV, 1 Petrus 4Die evangelie word gepredik aan diegene wat dood is. JSV, 2 PetrusIn die laaste dae sal baie mense die Here Jesus Christus verloën. Wanneer Hy kom, sal baie natuurrampe plaasvind. Indien ons volhard in regverdigheid, sal ons ’n nuwe aarde ontvang. JSV, 1 Johannes Inhoud JSV, 1 Johannes 2Christus is ons Voorspraak by die Vader indien ons bekeer. JSV, 1 Johannes 3Wie ook al gebore is uit God, volhard nie in die sonde nie. JSV, 1 Johannes 4Slegs mense wat in God glo kan Hom sien. JSV, Openbaring Inhoud JSV, Openbaring 1Johannes die Apostel ontvang die profesieë in die boek van Openbaring. Hy word besoek deur Jesus Christus en deur ’n engel. JSV, Openbaring 2Die bose word in die hel gewerp. JSV, Openbaring 5Twaalf diensknegte van God word na die hele aarde uitgestuur. JSV, Openbaring 12Johannes verduidelik die simbole van die vrou, die kind, die staaf van yster, die draak, en Mígael. Die oorlog wat in die hemel begin het word op aarde voortgesit. Let op die verandering in die volgorde van verse in die JSV. JSV, Openbaring 19God gebruik die woord van Christus om die nasies te tref.