Studiehulp
JSV, Markus 7


JSV, Markus 7:10–12. Vergelyk Markus 7:10

Jesus veroordeel diegene wat die profete verwerp en nie die wet van Moses gehoorsaam nie.

10 Wel deeglik is dit geskrywe van julle, deur die profete wat julle verwerp het.

11 Hulle het in der waarheid getuig van hierdie dinge en hulle bloed sal oor julle wees.

12 Julle het nie die ordinansies van God onderhou nie; want Moses het gesê, Eer jou vader en jou moeder; en wie ook al sy vader of moeder vloek, laat hom die dood ly van die oortreder soos dit in julle wet geskryf is; maar julle onderhou nie die wet nie.

Druk