Studiehulp
JSV, Markus 8


JSV, Markus 8:37–38. Vergelyk Markus 8:35

Wie ook al gewillig is om te sterf om Jesus ontwil sal heil ontvang.

37 Want wie ook al sy lewe wil red, sal dit verloor; of wie ook al sy lewe wil red, sal gewillig wees om dit neer te lê om My ontwil; en indien hy nie gewillig is om dit neer te lê om My ontwil nie, hy sal dit verloor.

38 Maar wie ook al gewillig sal wees om sy lewe om My ontwil te verloor, en die evangelie, hy sal dit red.

JSV, Markus 8:42–43. Vergelyk Markus 8:38

Mense wat hulle skaam vir Christus het geen deel aan die eerste opstanding nie, maar diegene wat gewillig is om te sterwe vir Christus sal saam met Hom kom in sy heerlikheid.

42 En hulle sal nie deel hê aan daardie opstanding wanneer Hy kom nie.

43 Want voorwaar Ek sê vir julle, Dat Hy sal kom; en hy wat sy lewe neerlê om my ontwil en vir die evangelie, sal saam met Hom kom, en sal beklee word met sy heerlikheid in die wolk, aan die regterhand van die Seun van die mens.

Druk