Studiehulp
JSV, Markus 3


JSV, Markus 3:21–25. Vergelyk Markus 3:28–30

Jesus sal alle sondaars vergewe wat bekeer behalwe diegene wat laster teen die Heilige Gees.

21 En toe kom daar sekere manne na Hom, en beskuldig Hom en sê vir Hom, Waarom ontvang U sondaars, siende dat U uself die Seun van God maak.

22 Maar Hy antwoord hulle en sê, Voorwaar, Ek sê vir julle, Alle sondes wat die mens begaan het, wanneer hulle bekeer, sal hulle vergewe word; want Ek het gekom om bekering te predik aan die kinders van mense.

23 En lasteringe waarmee hulle ook al sal laster, sal hulle vergewe word wat na My kom, en die werke doen wat hulle My sien doen.

24 Maar daar is ’n sonde wat nie vergewe sal word nie. Hy wat sal laster teen die Heilige Gees het nooit vergifnis nie; maar is in gevaar om afgesny te word uit die wêreld. En hulle sal ewige verdoemenis beërwe.

25 En dit het Hy vir hulle gesê omdat hulle gesê het, Hy het ’n onreine gees.

Druk