Studiehulp
JSV, Exodus 4


JSV, Exodus 4:21. Vergelyk Exodus 4:21; 7:3, 13; 9:12; 10:1, 20, 27; 11:10; 14:4, 8, 17; Deuteronómium 2:30

Die Here is nie verantwoordelik vir Farao se hardheid van hart nie. Sien ook JSV, Exodus 7:3, 13; 9:12; 10:1, 20, 27; 11:10; 14:4, 8, 17; elke verwysing, wanneer korrek vertaal, toon dat Farao sy eie hart verhard het.

21 En die Here het vir Moses gesê, Wanneer jy gaan om terug te keer na Egipte, kyk dat jy al daardie wonders voor Farao doen wat Ek in jou hand geplaas het en Ek sal jou voorspoedig maak; maar Farao sal sy hart verhard en hy sal nie die volk laat gaan nie.

JSV, Exodus 4:24–27. Vergelyk Exodus 4:24–27

Toe die Here dreig om Moses te dood omdat hy nie sy seun besny het nie, red Sippóra sy lewe deur die ordinansie self te verrig. Moses bely sy sonde.

24 En dit het gebeur, dat die Here aan hom verskyn het terwyl hy oppad was na die herberg. Die Here was kwaad vir Moses, en sy hand was gereed om op hom te val, om hom te dood, want hy het nie sy seun besny nie.

25 Toe neem Sippóra ’n skerp klip en besny haar seun, en het die klip voor sy voete gegooi, en gesê, Waarlik jy is ’n bloedbruidegom vir my.

26 En die Here het Moses gespaar en hom laat gaan, omdat Sippóra, sy vrou, die kind besny het. En sy het gesê, jy is ’n bloedbruidegom. En Moses was beskaamd, en het sy gesig verberg vir die Here, en gesê, Ek het gesondig voor die Here.

27 En die Here het vir Aäron gesê, Gaan in die wildernis in om Moses te ontmoet, en hy het gegaan en hom ontmoet, op die berg van God; op die berg waar God aan hom verskyn het; en Aäron het hom gekus.

Druk