Studiehulp
JSV, Matthéüs 3


JSV, Matthéüs 3:4–6. Vergelyk Matthéüs 2:4–6

Die profete het voorspel dat Betlehem die plek van die Messias se geboorte sou wees.

4 En nadat hy al die owerpriesters, en skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom het, het hy van hulle geëis, en gesê, Waar is die plek waarvan die profete geskryf het, waar Christus gebore sou word? Want hy het baie gevrees, tog het hy nie die profete geglo nie.

5 En hulle het vir hom gesê, Dit is geskrywe deur die profete dat Hy in Betlehem van Judéa gebore sou word, want so het hulle gesê,

6 Die woord van die Here het tot ons gekom, en gesê, En jy Betlehem, wat lê in die land Judéa, in jou sal ’n prins gebore word, wat nie die minste is onder die prinse van Judéa nie; want uit jou sal die Messias voortkom, wat my volk Israel sal red.

JSV, Matthéüs 3:24–26. Vergelyk Matthéüs 2:23

Jesus word groot en wag op die Here voor die aanvang van sy bediening.

24 En dit het gebeur dat Jesus grootgeword het met sy broers, en sterk geword het, en het op die Here gewag vir die tyd van sy bediening om te kom.

25 En Hy het onder sy vader gedien en Hy het nie soos ander mense gespreek nie, nóg kon Hy geleer word; want Hy het nie nodig dat enigeen hom moes leer nie.

26 En na baie jare het die uur van sy bediening aangebreek.

JSV, Matthéüs 3:34–36. Vergelyk Matthéüs 3:8–9

Diegene wat die boodskap van Johannes die Doper verwerp het, het Christus verwerp. God kan ’n verbondsvolk maak van diegene wat nie van Israel is nie.

34 Waarom is dit dat julle nie die prediking ontvang van hom wat God gestuur het nie? Indien julle dit nie in julle harte ontvang nie, ontvang julle My nie; en indien julle My nie ontvang nie, ontvang julle Hom nie deur wie Ek gestuur is om getuienis te lewer; en vir julle sondes het julle geen mantel nie.

35 Bekeer, daarom, en bring vrugte voort wat pas by bekering;

36 En moenie dink om binne julleself te sê, Ons is die kinders van Abraham, en slegs ons het mag om ’n nageslag vir ons vader Abraham te bring nie; want ek sê vir julle dat God in staat is om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.

JSV, Matthéüs 3:38–40. Vergelyk Matthéüs 3:11–12

Johannes die Doper getuig dat Jesus mag het om te doop met die Heilige Gees en met vuur.

38 Ek doop julle inderdaad met water, na julle bekering; en wanneer Hy van wie ek getuienis lewer, kom, wat magtiger is as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie, (of wie se plek ek nie in staat is om te vul nie), soos ek gesê het, doop ek julle inderdaad voor Hy kom, sodat wanneer Hy kom Hy julle mag doop met die Heilige Gees en vuur.

39 En dit is Hy van wie ek getuienis sal lewer, wie se skop in sy hand sal wees, en Hy sal sy dorsvloer deeglik skoonmaak, en sy koring in die skuur inbring; maar in die volheid van sy eie tyd sal Hy die kaf verbrand met onblusbare vuur.

40 So het Johannes gekom, en gepreek en gedoop in die Jordaanrivier; en getuienis gelewer dat Hy wat ná hom sou kom die mag gehad het om te doop met die Heilige Gees en vuur.

JSV, Matthéüs 3:43–46. Vergelyk Matthéüs 3:15–17

Johannes doop Jesus deur onderdompeling, sien die Heilige Gees neerdaal soos ’n duif, en hoor die Vader se stem.

43 En Jesus het geantwoord en gesê, Laat My toe om deur jou gedoop te word, want dit is gepas om alle geregtigheid te vervul. Toe het hy Hom toegelaat.

44 En Johannes het in die water afgegaan en Hom gedoop.

45 En toe Jesus gedoop is, het Hy dadelik uit die water opgekom; en Johannes het gesien, en kyk, die hemele is aan hom geopen en hy het die Gees van God sien neerdaal soos ’n duif en het op Jesus gerus.

46 En kyk, hy het ’n stem vanuit die hemel gehoor wat sê, Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het. Luister julle na Hom.

Druk