JSV, Matthéüs 26:22, 24–25. Vergelyk Matthéüs 26:26–28; JSV, Markus 14:20–25
Jesus breek eers die nagmaalbrood en seën dit. Die nagmaal is ter gedagtenis aan Jesus se liggaam en bloed.
22 En terwyl hulle geëet het, het Jesus brood geneem en dit gebreek, en dit geseën, en aan sy dissipels gegee en gesê, Neem, eet; dit is ter gedagtenis van my liggaam wat Ek as losprys vir julle gee.
24 Want dit is ter gedagtenis van my bloed van die nuwe testament, wat gestort is vir soveel as wat in my Naam sal glo, vir die vergifnis van hulle sondes.
25 En Ek gee aan julle ’n gebod dat julle sal strewe om die dinge te onderhou wat julle My sien doen het, en lewer getuienis van My, ja tot die einde.