Studiehulp
JSV, Lukas 12


JSV, Lukas 12:9–12. Vergelyk Lukas 12:9–10; sien ook JSV, Matthéüs 12:37–38 en L&V 132:26–27

Jesus verduidelik dat lastering teen die Heilige Gees nie vergewe sal word nie.

9 Maar hy wat My voor mense verloën, sal geloën word voor die engele van God.

10 Nou het sy dissipels geweet dat Hy dit gesê het, omdat hulle kwaadgespreek het teen Hom voor die volk; want hulle was bang om Hom voor die mense te bely.

11 En hulle het onder mekaar geredeneer, en gesê, Hy ken ons harte, en Hy spreek tot ons veroordeling en ons sal nie vergewe word nie. Maar Hy het hulle geantwoord en vir hulle gesê,

12 Wie ook al ’n woord teen die Seun van die mens sal spreek en bekeer, dit sal hom vergewe word; maar hy wat laster teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie.

JSV, Lukas 12:41–57. Vergelyk Lukas 12:37–48

Jesus leer dat sy diensknegte altyd gereed moet wees vir sy koms.

41 Want, kyk, Hy kom in die eerste nagwaak, en Hy sal ook kom in die tweede nagwaak, en weer, Hy sal in die derde nagwaak kom.

42 En voorwaar Ek sê vir julle, Hy het alreeds gekom, soos dit van Hom geskryf is; en weer, wanneer Hy in die tweede nagwaak sal kom, of in die derde nagwaak, geseënd is daardie diensknegte wanneer Hy kom, wat Hy so doende sal vind;

43 Want die Heer van daardie diensknegte sal Homself omgord en hulle laat sit om te eet, en sal na vore kom en hulle dien.

44 En nou, voorwaar, Ek sê hierdie dinge vir julle, sodat julle dit mag weet, dat die koms van die Here soos ’n dief in die nag is.

45 En dit is soos ’n man wat ’n huisheer is, wat, indien hy nie oor sy besittings waak nie, kom die dief op ’n uur waarvan hy nie bewus is nie, en neem sy besittings, en verdeel dit onder sy metgeselle.

46 En hulle het onder mekaar gesê, Indien die goeie meester van die huis geweet het watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het, en nie toegelaat het dat by sy huis ingebreek word nie en die verlies van sy besittings.

47 En Hy het vir hulle gesê, Voorwaar, Ek sê vir julle, wees julle derhalwe ook voorbereid; want die Seun van die mens kom op ’n uur wat julle nie verwag nie.

48 Toe sê Petrus vir hom, Here, spreek U hierdie gelykenis tot ons, of tot almal?

49 En die Here sê, Ek spreek tot diegene wat die Here heersers sal maak oor sy huishouding, om sy kinders hulle gedeelte van die voedsel op die aangewese tyd te gee.

50 En hulle het gesê, Wie dan is daardie getroue en verstandige dienskneg?

51 En die Here het vir hulle gesê, Dit is daardie dienskneg wat waak, om sy gedeelte van die voedsel te deel op die aangewese tyd.

52 Geseënd is daardie dienskneg wat sy Heer sal vind, wanneer Hy kom, só doende.

53 Waarlik, Ek sê vir julle, dat Hy hom heerser sal maak oor alles wat Hy besit.

54 Maar die bose dienskneg is hy wat nie wakend gevind word nie. En indien daardie dienskneg nie wakend gevind word nie, sal hy in sy hart sê, My Heer vertraag sy koms; en sal begin om die diensknegte te slaan, en die diensmaagde, en om te eet, en drink, en om dronk te wees.

55 Die Heer van daardie dienskneg sal kom op ’n dag wanneer hy nie verwag nie, en op ’n uur waarvan hy nie bewus is nie, en sal hom afsny, en sal sy gedeelte aan hom toewys saam met die ongelowiges.

56 En daardie dienskneg wat sy Heer se wil geken het en nie voorberei het vir sy Heer se koms nie, nog gedoen het ooreenkomstig sy wil, sal met baie houe geslaan word.

57 Maar hy wat nie sy Heer se wil geken het nie, en dinge gedoen het wat houe regverdig, sal met ’n paar geslaan word. Want aan wie baie gegee is, van hom sal baie vereis word; en aan wie die Here baie toevertrou het, van hom sal die mense te meer vra.

Druk