Studiehulp
JSV, Lukas 14


JSV, Lukas 14:35–37. Vergelyk Lukas 14:34

Diegene wat Moses en die profete ken, glo in Jesus.

35 Toe het sommiges van hulle na Hom gekom en gesê, Goeie Meester, ons het Moses en die profete, en wie ook al volgens hulle sal leef, sal hy nie lewe hê nie?

36 En Jesus het geantwoord, en gesê, Julle ken nóg Moses nóg die profete; want as julle hulle geken het, sou julle in My geglo het; want vir hierdie doel is hulle geskrywe. Want Ek is gestuur sodat julle lewe mag hê. Daarom sal Ek dit vergelyk met sout wat goed is;

37 Maar as die sout sy geur verloor het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?