Studiehulp
JSV, Lukas 21


JSV, Lukas 21:24–26. Vergelyk Lukas 21:25–26

Jesus praat oor sommige tekens van sy koms.

24 Nou hierdie dinge het Hy tot hulle gespreek, betreffende die vernietiging van Jerusalem. En toe het sy dissipels Hom gevra, en gesê, Meester, vertel ons van u koms?

25 En Hy het hulle geantwoord en gesê: In die geslag waarin die tye van die nie-Jode vervul sal word, sal daar tekens in die son, en in die maan, en in die sterre wees; en op die aarde benoudheid van nasies met verbystering, soos die see en die brullende golwe. Die aarde sal ook in beroering wees, en die waters van die groot diepte;

26 Mense se harte sal hulle faal vanweë vrees, en omdat hulle soek vir daardie dinge wat na die aarde kom. Want die magte van die hemel sal geskud word.

JSV, Lukas 21:32. Vergelyk Lukas 21:32

Alles sal vervul word wanneer die tye van die nie-Jode vervul word.

32 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag, die geslag wanneer die tye van die nie-Jode vervul word, sal nie verbygaan tot alles vervul is nie.

Druk