Studiehulp
JSV, Lukas 17


JSV, Lukas 17:21. Vergelyk Lukas 17:20–21

Die koninkryk van God het reeds gekom.

21 Nog sal hulle sê, Kyk, hier! of, Kyk daar! Want, sien, die koninkryk van God het alreeds na julle gekom.

JSV, Lukas 17:36–40. Vergelyk Lukas 17:37

Jesus vertel die gelykenis van die arende om die versameling van sy Heiliges in die laaste dae te verduidelik.

36 En hulle het geantwoord en vir Hom gesê, Waarheen, Here, sal hulle geneem word?

37 En Hy sê vir hulle, Waar ook al die liggaam versamel is; of, met ander woorde, waar die heiliges versamel is, daar sal die arende byeen versamel wees; of, daarheen sal die res byeen versamel word.

38 Dit het Hy gespreek om die versameling van sy heiliges aan te dui; en van engele wat neerdaal en die oorblywendes van hulle na hul te versamel; die een van die bed, die ander van malery en die ander van die veld, vanwaar Hy ook al wil.

39 Want voorwaar daar sal nuwe hemele wees en ’n nuwe aarde waarin regverdigheid bestaan.

40 En daar sal geen onrein ding wees nie; want die aarde sal oud word, net soos ’n kledingstuk, en omdat dit toegeneem het in korrupsie, daarom verdwyn dit, en die voetbank bly geheilig, gereinig van alle sonde.

Druk