Studiehulp
JSV, Lukas 16


JSV, Lukas 16:16–23. Vergelyk Lukas 16:16–18

Die wet en die profete getuig van Jesus. Die Fariseërs probeer om die koninkryk te vernietig. Jesus hou die gelykenis van die ryk man en Lasarus voor.

16 En hulle het vir Hom gesê, Ons het die wet en die profete; maar betreffende hierdie man, Hom sal ons nie aanvaar om ons heerser te wees nie; want Hy maak Homself ’n regter oor ons.

17 Toe sê Jesus vir hulle, Die wet en die profete getuig van My; ja, en al die profete wat geskryf het, tot Johannes toe, het aangaande hierdie dae voorspel.

18 Sedert daardie tyd word die koninkryk van God gepredik, en elkeen wat die waarheid soek, beur daarna.

19 En dit is makliker vir die hemel en aarde om verby te gaan as vir een tittel van die wet om te faal.

20 En waarom onderrig julle die wet en ontken dit wat geskryf is; en veroordeel Hom wat die Vader gestuur het om die wet te vervul, sodat julle almal verlos mag word?

21 O dwase! want julle het in julle harte gesê, Daar is geen God nie. En julle verdraai die regte weg; en die koninkryk van die hemel ly geweld deur julle; en julle vervolg die sagmoediges; en in julle geweld soek julle om die koninkryk van God te vernietig; en julle neem die kinders van die koninkryk deur geweld. Wee julle owerspeliges!

22 En hulle het weer teen Hom uitgevaar, omdat hulle toornig was oor die woorde dat hulle owerspeliges was.

23 Maar Hy het voortgegaan en gesê, Wie ook al sy vrou skei en ’n ander trou, pleeg egbreuk; en wie ook al haar trou wat deur haar man geskei is, pleeg egbreuk. Voorwaar Ek sê vir julle, Ek sal julle vergelyk met die ryk man.

Druk