Studiehulp
JSV, Jesaja 42


JSV, Jesaja 42:19–23. Vergelyk Jesaja 42:19–22

Die Here stuur sy dienskneg om diegene te onderrig wat gekies het om die waarheid nie te sien of te hoor nie; diegene wat luister en gehoorsaam is sal vervolmaak word.

19 Want Ek sal my dienskneg na julle stuur wat blind is; ja, ’n boodskapper om die oë van die blindes te open, en die ore van die dowes oop te maak.

20 En hulle sal vervolmaak word nieteenstaande hulle blindheid, indien hulle sal ag slaan op die boodskapper, die Here se dienskneg.

21 Julle is ’n volk, wat baie dinge sien, maar julle neem nie waar nie; julle open die ore om te hoor, maar julle hoor nie.

22 Die Here het nie ’n welbehae in so ’n volk nie, maar om sy geregtigheid se ontwil sal Hy die wet vergroot en dit eerbaar maak.

23 Julle is ’n volk wat beroof en geplunder is; julle vyande, almal van hulle, het julle verstrik in spelonke, en het julle verberg in gevangenisse; hulle het julle as prooi geneem, en niemand verlos nie; vir buit, en niemand sê, herstel nie.